ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 19




                                               

Geneesmiddel

n Geneesmiddel is n middel wat ingeneem word om simptome van n siekte of geneeskundige toestand te verlig, voorkom, of die siekte of toestand te genees. Geneesmiddels word gewoonlik in drie groepe verdeel -- dié wat in gewone kruidenierswinkels b ...

                                               

General Dynamics F-111

Die General Dynamics F-111 is n Amerikaanse vliegtuig wat aanvanklik ontwikkel is as n vegvliegtuig maar eindelik as n bomwerper gebruik is. Nadat die vliegtuig uit diens onttrek is het die Amerikaanse Lugmag die vliegtuig amptelik die General Dy ...

                                               

Petrus Augustus de Génestet

Petrus Augustus de Génestet was n Nederlandse digter en teoloog. Petrus Augustus de Génestet het sy ouers op n jeugdige ouderdom verloor, waarna hy opgeneem is in die gesin van sy oom en voog, die skilder Jan Adam Kruseman. Hy het aan die Amsterd ...

                                               

Genex

Die Geschenkdienst- und Kleinexporte GmbH was n sakeonderneming wat op 20 Desember 1956 deur die regering van die Duitse Demokratiese Republiek gestig is. Dit was een van die grootste verdieners van buitelandse valuta vir die Kommerzielle Koordin ...

                                               

Gentianales

Gentianales is die botaniese naam vir n orde van tweesaadlobbige plante. Die naam is van die familienaam Gentianaceae ontleen. Die orde bestaan uit meer as 16 000 spesies in ongeveer 1138 genera in 5 families. Meer as 80% van die spesies behoort ...

                                               

Genua

Genua is n belangrike hawestad in Noord-Italie, hoofstad van die historiese landskap en administratiewe streek Ligurie en van die huidige provinsie Genua, met sowat 611 000 inwoners. Die agglomerasie van Genua het sowat 878 000 inwoners. Genua is ...

                                               

Geochemie

Hierdie afdeling van die vakgebied chemie het ontstaan in die 1950s. Dit stel geoloe in staat om die chemiese of isotopiese samestelling van minerale te ondersoek. Aanvanklik was daar n kloof van onbegrip tussen die vakgebiede chemie, fisika en g ...

                                               

Geoff Cronjé

Geoff Cronjé was die eerste hoof van die Universiteit van Pretoria se dramadepartement. Die departement is op aandrang van prof. F.C.L. Bosman en Anna Neethling-Pohl in 1965 tot stand gebring. Cronjé het drie doktorsgrade gehad en is veral as ’n ...

                                               

Geoffrey Chaucer

Geoffrey Chaucer word algemeen as die beduidendste Engelse digter van die Middeleeue en as die "vader van die Engelse literatuur" beskou. Hy is veral bekend vir sy verhale, The Canterbury Tales, een van die belangrikste werke in die Engelse lette ...

                                               

Geofisiese opsporingsmetodes

Die studie van die fisiese eienskappe van die aarde is die terrein van die geofisika. Geofisiese resultate kan van groot nut wees in die opsporing van delfstowwe, waarvan die ekonomiese belangrikheid die geofisika as vak sterk geaktiveer het. Die ...

                                               

Geologiese breuke

Spanning in die aardkors lei daartoe dat gesteentes langs bepaalde vlakke van mekaar losbreek - dit staan bekend as Geologiese breuke. Gesteenteblokke wat so ontstaan, beweeg meestal ten opsigte van mekaar om die spanning te verlig. Die rigting w ...

                                               

Geologiese plooiing

Geologiese Plooiing is plooie wat ontstaan wanneer lae geologiese gesteentes deur spanning in die aardkors vervorm word. Hierdie lae kon oorspronklik plat gewees het, of alreeds vervormde lae gewees het wat tydens afsetting of daarna vervorm is. ...

                                               

Geologiese tydskaal

’n Geologiese tydskaal is ’n indeling van die geskiedenis van die aarde in geologiese tydperke. Verskeie tydskale is al opgestel, maar in die geologie word die laaste weergawe gebruik van die Internasionale Kommissie oor Stratigrafie. Dit beteken ...

                                               

Geometriese bontpaling

Die Geometriese bontpaling is n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Oos-Kaap. Dit kom ook voor in die westelike Indiese Oseaan. In Engels staan die paling bekend as die Geometric moray.

                                               

Geomorfologie

Geomorfologie bestudeer die ontwikkeling van sowel bestaande as vervloe landskappe, byvoorbeeld klowe en eskarpe wat ontstaan het deur die geologiese prosesse van verwering en erosie. Die Drakensberge en die Visrivier-canyon in Namibie is goeie v ...

                                               

George Ballot

George Ballot is n Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Skollie in die TV-drama Vyfster en die rolprent Vyfster: die slot.

                                               

George H.W. Bush

George Herbert Walker Bush was n Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party. Hy het van 1989 tot 1993 as die 41ste president van die Verenigde State van Amerika gedien. Hy word veral onthou vir sy belofte voor die presidentsverkiesing dat ...

                                               

George III van die Verenigde Koninkryk

George III was koning van Groot-Brittanje en Ierland van 25 Oktober 1760 tot met die vereniging van hierdie twee lande op 1 Januarie 1801, en daarna koning van die Verenigde Koninkryk tot met sy dood. Hy was ook Hertog van Brunswick-Lüneburg en k ...

                                               

George Pomeroy Colley

Sir George Pomeroy Colley was n Britse soldaat en Goewerneur van Natal. Hy het tydens die Eerste Anglo-Boereoorlog teen ’n Boeremag onder kmdt.genl. Piet Joubert in die Slag van Amajuba gesneuwel. Die dorp Pomeroy in KwaZulu-Natal is na hom vernoem.

                                               

George Szell

George Szell, oorspronklike naam György Széll, György Endre Szél, of Georg Szell, was n Hongaarsgebore Amerikaanse dirigent en komponis van Joodse afkoms. Hy word beskou as een van die twintigste eeu se grootste dirigente. Hy word veral onthou vi ...

                                               

Georges Bizet

Georges Bizet was ’n Franse komponis van die Romantiese tydperk. Hy is veral bekend vir operas soos Carmen en Die Pêrelvissers.

                                               

Georges-rivier

Die Georges-rivier is n rivier in die staat van Nieu-Suid-Wallis in Australie. Dit ontspring suidwes van Sydney naby die steenkool myndorp Appin en vloei dan in n noordelike rigting verby Campbelltown rofweg parallel met die hoof suidelike spoorl ...

                                               

Georgies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Georgiers. Georgies is ’n Kartweliese taal wat deur sowat 4.3 miljoen mense in Georgie, Armenie, Azerbeidjan, Griekeland, Iran, Rusland en Turkye gepraat word. Georgies is die ampte ...

                                               

Georgië

Georgie is n Eurasiese land in die Kaukasus en is gelee aan die ooskus van die Swartsee. Sy buurstate sluit in Rusland, Turkye en Armenie en Azerbeidjan. Die hoofstad en grootste stad is Tbilisi; Koetaisi het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 ...

                                               

Georgiërs

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Georgies. Die Georgiers of Kartweliers is n nasie en etniese groep inheems aan Georgie wat Georgies en ander Kartweliese tale as moedertaal praat. Hulle vorm naas die Azerbeidjanner ...

                                               

Gerard Bhengu

Gerard Bhengu was ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy was selfonderleg en het in waterverf en sepia gewerk. Hy is veral bekend vir sy portretstudies en uitbeelding van die townshiplewe van Durban.

                                               

Gerard ter Borch II

Gerard ter Borch, ook bekend onder die naam Gerard Terborch, was n Nederlandse kunsskilder. Hy is veral bekend vir sy klein en galante genrestukke, maar het ook portrette geskilder. Oor sy lewe is meer bekend as van vele ander skilders uit die se ...

                                               

Gereëlde huwelik

Gereelde huwelike het tot die 18de eeu algemeen oor die wêreld heen voorgekom. Sulke huwelike is gewoonlik deur ouers, grootouers of ander familielede gereel. Daar is party geskiedkundige uitsonderings bekend soos die hofmaak- en verlowingrituele ...

                                               

Gerhard J. Beukes

Gerhard J. Beukes was n Afrikaanse dramaturg, veral bekend vir sy komedies. Benewens sy eie toneelstukke laat hy ook talle ander skrywers se bloemlesings die lig sien. Hy het die Hertzogprys vir drama in 1952 verower en was tot 1978 die hoof van ...

                                               

Geribde teëlvis

Die Geribde teelvis is n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, die Maskareense eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf Maputo tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Ribbed tilefish.

                                               

Geriffelde fluitbek

Die Geriffelde fluitbek is n vis wat voorkom in die tropiese Atlantiese Oseaan tot by Walvisbaai en die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Serrate flutemouth.

                                               

Gerimpelde kaalneus

Die Gerimpelde kaalneus is n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Indiese Oseaan eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Bluelined barenose.

                                               

Gerimpelde klipspringer

Die gerimpelde klipspringer is n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Rippled rockskipper.

                                               

Gerimpelde snellervis

Die Gerimpelde snellervis is n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellow-spotted tri ...

                                               

Geringde lipvis

Die Geringde lipvis is n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die suidelike Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Pastel ringwrasse.

                                               

Germane

Die Germane is n historiese versameling Indo-Europeessprekende etniese groepe wat uit Noord-Europa afkomstig was en geïdentifiseer word deur hulle gebruik van Germaanse tale wat uit n gemeenskaplike Germaanse taal ontstaan het in die voor-Romeins ...

                                               

Germania Inferior

Germania Inferior was n Romeinse provinsie wes van die Ryn wat dele van die huidige Nederland, die noordweste van Duitsland en die hele Belgie beslaan het. Dit het in die suide aan Germania Superior gegrens. Die provinsie is in die jaar 89 n.C. g ...

                                               

Germania Superior

Germania Superior was n Romeinse provinsie, wat dele van die huidige Switserland, Frankryk en Suidwes-Duitsland beslaan het. Die provinsie is in die noorde begrens deur Germania Inferior, in die weste deur Gallia Belgica en Gallia Lugdunensis, in ...

                                               

Geronde halfoop agterklinker

Die Geronde halfoop agterklinker is n soort klinkerklank wat in sommige gesproke tale gebruik word. Die simbool in die Internasionale Fonetiese Alfabet wat die klank voorstel is verteenwoordig word, die geronde halfgeslote agterklinker klink beha ...

                                               

Gerry Brand

Gerhard Hamilton Brand was n Springbok rugbyspeler wat Suid-Afrika 16 keer tussen 1928 en 1938 in toetse verteenwoordig het. Brand is beskryf as n manjifieke verdedigende speler met n wonderlike duikslag en die beste skopper van sy generasie, en ...

                                               

Gert Potgieter

Gerhardus Petrus Potgieter was n Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur wat n groot invloed op die Afrikaanse kultuur gehad het.

                                               

Geruite lipvis

Die Geruite lipvis is n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en aa die ooskus van Afrika suidwaars tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Checkerboard wrasse.

                                               

Geselskapseilande

Die Geselskapseilande is ’n groep eilande in die Stille Oseaan wat polities tot Frans-Polinesie behoort. Die argipel is vermoedelik deur kaptein James Cook so genoem tydens sy eerste vaart in 1769, volgens berigte ter ere van die Royal Society, d ...

                                               

Geselwier

Die geselwiere is eensellige wiere met een of meer sweephare. Omdat die geselwiere sweephare besit, is hulle vroeer as eensellige diere beskou. Die geselwiere word in twee families geklassifiseer: die kleurlose Peranemaceae en die groen Euglenace ...

                                               

Gesigsgebreke

Gesigsgebreke kan ontstaan as gevolg van verskeie faktore, die hoofrolspeler is die ontvang en uitstraling van lig. Die oog is n besonder fyn orgaan wat ligeffekte kan registreer. Maar om gesigsgebreke te kan begryp is dit nodig om ʼn visuele voor ...

                                               

Geskiedenis van Afrika

In hierdie artikel word die geskiedenis van Afrika tot en met kolonialisme oorsigtelik bestudeer. Daar word na prehistoriese tydperke, verkenning en die kontinent se verhouding met die Weste gekyk.

                                               

Geskiedenis van die Kaapkolonie

Die geskrewe geskiedenis van die area bekend as die Kaapkolonie in Suid-Afrika het begin toe Bartolomeus Dias, n Portugese ontdekkingsreisiger, die Kaap die Goeie Hoop in 1488 ontdek het. Later het Vasco da Gama in 1497 langs die hele kus van Sui ...

                                               

Geskiedenis van erotiese afbeeldings

Die geskiedenis van erotiese afbeeldings sluit in skilderye, beeldhoukuns, fotos, toneelstukke, musiek en geskrifte wat deur die eeu gebruik is om tonele van ’n seksuele aard uit te beeld. Hulle is geskep deur feitlik alle beskawings, antiek en m ...

                                               

Geskiedenis van perde in Suid-Afrika

Aanvanklik het die Here XVII vir Jan van Riebeeck laat weet dat hulle nie aan sy dringende versoek om perde kon voldoen nie en dat hy van die gestreepte wilde perde moet vang en tem. Die pogings het nie geslaag nie. In 1653 het n retoervloot vier ...

                                               

Geskiedenis van Suid-Afrika

Argeologiese opgrawings dui daarop dat die "moderne" mens meer as 50 000 jaar gelede reeds in die teenswoordige Suid-Afrika aanwesig was. Die landstreek is moontlik nagenoeg 30 000 jaar gelede die eerste keer deur San-groepe beset. Suid-Afrika is ...