ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 384




                                               

Łobez

Łobez is n Poolse stad in Gmina Łobez, binne die distrik van Łobez, in die woiwodskap van Wes-Pommere. Die stad is aan die Regarivier gelee en het n bevolking van 10 066 2019 gehad.

                                               

Łódź

Łódź is die derde grootste stad van Pole en die administratiewe sentrum van die gelyknamige woiwodskap. Die stad, wat sowat 120 kilometer suidwes van die hoofstad Warskou in die sentrum van die land gelee is, is die setel van n universiteit en di ...

                                               

Lublin

Lublin is die administratiewe hoofstad van die gelyknamige woiwodskap in die ooste van Pole en ook die grootste Poolse stad oos van die Wisła-rivier. Met n bevolking van meer as 350 000 is Lublin tans die negende grootste stad in die land. Dit is ...

                                               

Opole

Opole, Duits: Oppeln, is n Poolse stad in die historiese gewes Bo-Silesie. Opole, wat tussen Wrocław en Katowice in die suidweste van die land gelee is, is vandag die administratiewe sentrum van die gelyknamige woiwodskap. Die stad het oorspronkl ...

                                               

Puńsk

Puńsk is n Poolse nedersetting en administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit, sowat 23 km noordoos van Suwałki en 5 km vanaf die grens met Litaue in die Woiwodskap Podlachie gelee. Die bevolking, wat in 2011 op 1 331 beraam is, is m ...

                                               

Racibórz

Racibórz is n Poolse stad van die Silesiese woiwodskap met 56 397 inwoners en n oppervlak van 7 496 vierkante kilometers.

                                               

Rzeszów

Rzeszów is die administratiewe hoofstad van die Suidoos-Poolse woiwodskap Subkarpate. Rzeszów is n universiteitstad wat aan weerskante van die Wisłokrivier in die hartland van die Sandomierska-vallei, tussen Krakau en die Pools-Oekraïense grenspo ...

                                               

Sandomierz

Sandomierz, Duits ook Sandomir, is n stad in die Suidoos-Poolse woiwodskap Heilig Kruis met n oppervlakte van 28.8 km² en n bevolking van 24 518. Sandomierz is teen n steiloewer van die Wisŀa-rivier gelee en word vanwee sy historiese boukuns by d ...

                                               

Słupsk

Słupsk, Duits Stolp, is n stad in die Poolse Woiwodskap Pommere en die administratiewe setel van die Powiat Słupski. Słupsk is oorspronklik deur ambagsmanne en handelaars gestig - die eerste verwysings na die nedersetting, wat deur inheemse Kasjo ...

                                               

Sopot

Sopot is n herstellings- en vakansieoord in Noord-Pole. Sopot is aan die Baai van Gdańsk gelee en vorm saam met Gdańsk en Gdynia die metropolitaanse gebied van "Driestad". Terwyl handel, nywerhede en seehawens die ekonomiese basis van die twee gr ...

                                               

Stębark

Stębark is n stadsdeel van Grunwald in die powiat Ostródzki van die woiwodskap Ermland-Masurie, Pole. Die nedersetting is in die voormalige Oos-Pruise, naby die grens met die voormalige Wes-Pruise in die oostelike uitlopers van die Kernsdorfer Hö ...

                                               

Sulechów

Sulechów is n stad in die Poolse Woiwodskap Lubusz in die streek van Zielona Góra. Die stad is die administratiewe sentrum van Gmina Sulechów.

                                               

Świętochłowice

Świętochłowice is n dorp in die suide van Pole met 53 798 inwoners. Świętochłowice is gelee in die woiwodskap Silesie, voorheen in Katowice. Zgoda, n satellietkamp van die Duitse konsentrasiekamp Auschwitz, is in 1943 in Świętochłowice opgerig. I ...

                                               

Świnoujście

Świnoujście is n Poolse stad in die woiwodskap Wes-Pommere met sowat 41 000 inwoners. Świnoujście lê langs die Oossee in die uiterste noordweste van Pole teen die grens met die Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere. Die stad is op die drie eil ...

                                               

Szczecin

Szczecin is die hoofstad van die Poolse woiwodskap Wes-Pommere. Szczecin is sowat 120 kilometer noordoos van Berlyn aan die Oderrivier se uitmonding in die Szczecin-strandmeer gelee. Die stad met meer as 400 000 inwoners word net soos Parys deur ...

                                               

Tarnowskie Góry

Tarnowskie Góry is n Poolse stad in die woiwodskap Silesie met sowat 61 000 inwoners. In 2017 is die Tarnowskie Góry Lood-silwer-sinkmyn en die ondergrondse waterbestuurstelsel op die lys van wêrelderfenisgebiede geplaas.

                                               

Toruń

Toruń is n stad in die Poolse woiwodskap Kujawie-Pommere. Dit is sowat 180 kilometer noordwes van die hoofstad Warskou aan die Wisła-rivier gelee en dien as setel van die woiwodskapsmaarskalk, sy regering en die Sejmik, die woiwodskapsparlement. ...

                                               

Trawniki

Trawniki is n dorpie in Pole, in die Świdnik-distrik in die woiwodskap Lublin. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit n SS-arbeidskamp wat arbeiders na nabygelee fabrieke gestuur het en Oos-Europese Hiwi Hilfswilliger, "hulpvrywilligers" opgelei ...

                                               

Trzeszczyna

Trzeszczyna is n nedersetting in Gmina Łobez, binne die Distrik van Łobez, in die woiwodskap Wes-Pommere, in die noordweste van Pole. Dit lê sowat vyf kilometer noord van Łobez en 73 km noordoos van die plaaslike hoofstad Stettyn. Trzeszczyna is ...

                                               

Wielopole

Wielopole is een van elf distrikte van Zagórz in die Poolse woiwodskap Subkarpate, in die noordelike gedeelte van Bieszczady-streek. Die voormalige dorp, Wielopole is in die tweede helfte van die 14de eeu gestig en was in die hande van die Tarnaw ...

                                               

Wrocław

Wrocław, is die vierde grootste stad van Pole met n bevolking van meer as 630 000, die administratiewe hoofstad van die woiwodskap Neder-Silesie en van die gelyknamige landelike distrik. Wrocŀaw fungeer as setel van n Rooms-Katolieke aartsbiskop, ...

                                               

Zamość

Zamość is n stad in die Suidoos-Poolse woiwodskap Lublin, sowat 240 kilometer suidoos van Warskou en 110 kilometer noordwes van die Oekraïense stad Lwif in die Roztocze-streek gelee. Die stad is in 1578 volgens planne van die Venesiaanse boumeest ...

                                               

Hsinchu

Hsinchu of Xinzhu is n stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met sowat 448 207 inwoners in 2019. Hsinchu is n winderige kusstad wat aan die Straat van Taiwan in die weste gelee is, en grens aan Hsinchu County in die ooste en Miaoli Co ...

                                               

Nieu-Taipei

Nieu-Taipei, soms ook Xinbei genoem, amptelike Engelse naam: New Taipei City is die hoogsbevolkte stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met sowat 3.9 miljoen inwoners. Nieu-Taipei het in Desember 2010 met die samesmelting van alle 29 ...

                                               

Taipei

Taipei is die hoofstad en tweede grootste stad van die Republiek China met 2 619 920 inwoners. Die stad op die eiland Taiwan, wat teen die Danshueirivier lê, is die ekonomiese en kulturele sentrum van die eilandrepubliek. Die vernaamste nywerhede ...

                                               

Brazzaville

Brazzaville is die hoofstad en grootste stad van die Republiek die Kongo. Die stad is langs die Kongorivier, oorkant die hoofstad van die Demokratiese Republiek die Kongo, Kinshasa, net suid van die ewenaar gelee. Dit maak van Brazzaville en Kins ...

                                               

Boekarest

Boekarest is die hoofstad en industriele en kommersiele sentrum van Roemenie. Dit is in die suidooste van die land gelee by 44°25′N 26°06′O, aan die oewer van die Dâmbovitarivier. Die stad het vroeer as die Dâmbovita-sitadel bekend gestaan. In ve ...

                                               

Constanța

Constanța is n stad in die ooste van Roemenie langs die Swart See. Die stad is ook die oudste stad in Roemenie en die 4de grootste hawe in die Europese Unie.

                                               

Oradea

Oradea is n stad in noordwestelike Roemenie. Volgens die 2011-sensus het die stad 196 367 inwoners gehad, waarvan n beduidende minderheid Hongare was. Oradea lê omtrent halfpad tussen die stede Arad en Satu Mare en is op die oewer van die Crișul ...

                                               

Abakan

Abakan is die hoofstad van die Republiek van Chakassie, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is gelee by die samevloei van die Jenisei- en die Abakan-rivier. Die bevolking in 2014 was 173 200.

                                               

Anadir

Anadir is ’n hawestad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Tsjoekotka. Dit is gelee aan die mond van die Anadirrivier en is die mees oostelike nedersetting in Rusland met dorpstatus. Dit is op 21 Julie 1889 gestig as Nowo-Marijn ...

                                               

Archangelsk

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Archangelsk-oblast. Archangelsk is ’n stad in die noorde van Rusland en die administratiewe setel van die federale deelgebied Archangelsk-oblast, gelee naby die monding van die Dwina in die W ...

                                               

Astrachan

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Astrachan-oblast. Astrachan is n groot stad in die Suid-Europese deel van Rusland en die hoofstad van die Astrachan-oblast. Die stad is gelee aan die Wolga-rivier, waar dit in die Kaspiese Se ...

                                               

Barnaoel

Barnaoel is die hoofstad van die Altai-krai in Rusland. Dit is in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik aan die Ob-rivier gelee. Dit het ongeveer 632 848 inwoners. Barnaoel is die naaste groot stad aan die Altai-gebergte in die suide. ...

                                               

Belgorod

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Belgorod-oblast. Belgorod is n stad in die weste van Rusland en die grootste stad en hoofstad van die Belgorod-oblast. Belgorod het in 2014 n bevolking van 379 135 gehad en lê 40 km noord van ...

                                               

Beslan

Beslan is ’n dorp in Noord-Ossetie-Alanie in Rusland. Dit het internasionaal bekend geword weens die Beslanskool-gyselaardrama waartydens ’n groep gewapende militante van Ingoesjetie en Tsjetsjnie sowat 1 100 mense, onder wie 777 kinders, op 1 Se ...

                                               

Birobidzjan

Birobidzjan is die hoofstad van die Joodse Outonome Oblast, n federale deelgebied van Rusland. Dit is aan die Transsiberiese Spoorlyn gelee, na aan die grens met China. Die bevolking in 2014 was 74 791.

                                               

Blagowesjtsjensk

Blagowesjtsjensk is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Amoer-oblast. Die bevolking in 2014 was 220 077.

                                               

Bratsk

Bratsk is n stad in die Irkoetsk-oblast in die ooste van Rusland met n geraamde bevolking van 238 825. Die Bratskdam is naby gelee.

                                               

Brjansk

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Brjansk-oblast. Brjansk is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Brjansk-oblast. Dit is 379 km suidwes van Moskou gelee. Die bevolking in 2019 was 404 793.

                                               

Chabarofsk

Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Chabarofsk-krai. Chabarofsk is die hoofstad en grootste stad in Chabarofsk-krai, Rusland. Dit is sowat 30 km van die Chinese grens gelee en is die tweede grootste stad in die Russiese Verre-Oos ...

                                               

Chanti-Mansiisk

Chanti-Mansiisk is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Chanto-Mansie. Dit is gelee aan die oostelike oewer van die Irtisj-rivier, 15 km van sy samevloei met die Ob-rivier. Die bevolking in 2014 was 93 493.

                                               

Derbent

Derbent is n stad in die deelrepubliek Dagestan in die Russiese Federasie. Dit het n bevolking van 120 470. Die stad is in 438 gestig deur die Sassaniede, n Persiese dinastie. Dit maak dit die oudste stad op die grondgebied van Rusland. Derbent w ...

                                               

Elista

Elista is die hoofstad van die Republiek van Kalmikie, ’n federale deelgebied van Rusland. Die naam kom van elsn, die Kalmikiese woord vir "sanderig". Die bevolking in 2014 was 108 608.

                                               

Gorki Leninskije

Gorki Leninskije is n nedersetting met stedelike karakter volgens die Russiese klassifikasiestelsel wat sowat 10 km suid van Moskou se stadsgrens in die Moskou-oblast se Leninski-rajon gelee is. Die bevolking is in 2020 op 4 354 beraam. Die neder ...

                                               

Gorno-Altaisk

Gorno-Altaisk is die hoofstad van die Republiek van Altai, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is 3 641 km oos van Moskou gelee. Die bevolking in 2013 was 60 828.

                                               

Grozni

Grozni is die hoofstad van die Republiek van Tsjetsjnie, ’n federale deelgebied van Rusland. Dit is aan die Soenzja-rivier gelee. Die bevolking in 2013 was 277 414.

                                               

Irkoetsk

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Irkoetsk-oblast. Irkoetsk is een van die grootste stede in Siberie en die hoofstad van die Irkoetsk-oblast. Dit is 5 185 km per spoorlyn van Moskou en het n bevolking van 612 973.

                                               

Isjimbai

Isjimbai is n stad in die suide van die Russiese outonome republiek Basjkortostan. Dit vorm die bestuursentrum van die gelyknamige distrik, Isjimbaiski. Die stad lê aan die westelike rand van die Suidelike Oeral, aan die Belaja en sy syrivier die ...

                                               

Iwanowo

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Iwanowo-oblast. Iwanowo is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Iwanowo-oblast. Die bevolking in 2013 was 409 075.