ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 60




                                               

Mosambiekloerie

Die Mosambiekloerie is n standvoel wat voorkom aan die ooskus van die noorde van KwaZulu-Natal tot by Mosambiek en ook tot in die bergwoude in Oos-Zimbabwe. In Engels staan die voel bekend as die Livingstones Turaco.

                                               

Mosambiekse kardinaal

Die Mosambiekse kardinaal is n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan vanaf Zanzibar tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Mozambique cardinalfish.

                                               

Mosambiekse spoegkobra

Die slang se kleur is ligbruin of liggrys. Elke skub is donker omlyn. Die buik is pienk of geel met donker kruisstroke en daar is kolle op die keel. Die slang word 1 - 1.5 m lank.

                                               

Moses

Moses sēs) is naas Abraham die tweede sentrale figuur in die geskiedenis van die volk Israel. Volgens die Bybel is hy die vernaamste profeet, wat die Israeliete uit Egipte gelei het. Hy word beskou as die stigter van die Israelietise godsdiens en ...

                                               

Moshoeshoe

Moshoeshoe was die opperhoof en stigter van die Basotho-volk. Hy was die seun van Mokachane en is laat in die jaar 1790 naby die dorpie Butha-Buthe in die Noord-Lesotho gebore. Met sy besondere bekwaamheid en takt het hy die steun van vlugtelinge ...

                                               

Moskee

’n Moskee dien as ’n aanbiddingsplek vir Moslems, die aanhangers van Islam. Verder dien dit as n plek waar politieke, regtelike en lewenspraktiese onderrig binne die Islam plaasvind, asook ’n sosiale ontmoetingsplek. Die huis van Mohammed in Medi ...

                                               

Moskonfyt

Gegiste druiwesap, bekend as mos, is al kokende sonder enige byvoegings baie stadig in n pot oor n oop vuur ingedamp sonder dat dit aanbrand. Aanhoudend is dit afgeskuim totdat die verlangde dikte bereik is. Op daardie tydstip het dit n ligte bru ...

                                               

Moskouse Kremlintorings

Die Moskouse Kremlintorings en die Kremlinmuur is van die oudste bouwerke in Moskou. Dit is aanvanklik as ’n vesting gebou om die stadskern teen aanvalle te beskerm. Die huidige kompleks binne die muur is hoofsaaklik in die laat 15de eeu deur Ita ...

                                               

Moskovium (geografie)

Die Moskovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die Moskovium was van sowat 315.2 ...

                                               

Oswald Mosley

Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 is Mosley en sy vrou in Mei 1940 gearresteer en die BUF is verban. Mosley en sy vrou is tot 1943 in n klein huis aangehou, waar hulle die geleentheid gehad het om groente te verbou en te lees. H ...

                                               

Moss Jernverk

Moss Jernverk was n ystergietery in die Noorse stad Moss, wat in 1704 gestig is. Die gietery was vir baie jare die grootste werkverskaffer in die stad. Met energie verkry van die nabygelee watervalle was erts gesmelt en gegiet in n verskeidenheid ...

                                               

Mossad

Mossad, kort vir HaMossad leModiʿin uleTafkidim Meyuhadim, is die nasionale intelligensie-agentskap van Israel. Dit is een van die belangrikste entiteite in die Israeliese intelligensiegemeenskap, saam met Aman en Shin Bet. Mossad is verantwoorde ...

                                               

Mossel

Mossel is n algemene naam wat gebruik word vir lede van verskeie families van gapermossels of Bivalvia Mollusca van soutwater- en varswaterhabitats. Hierdie groepe het in gemeen n dop wat se vorm verleng en asimmetries is in vergelyking met ander ...

                                               

Mostert se meul

Mostert se meul in Mowbray is die enigste oorblywende windmeul in n werkende toestand in Suider-Afrika. Omdat die maal van koring een van Suid-Afrika se oudste nywerhede is, is die meul een van die bekendste historiese besienswaardighede in die l ...

                                               

Julian Motau

Julian Motau is in Tzaneen gebore, waar hy ook skoolgegaan het. Nadat hy n tyd lank by die kunstenares Judith Mason gewerk het, het hy in 1967 sy eerste eenmanuitstalling in Johannesburg gehou. Binne n jaar het hy so opgang gemaak dat van sy skil ...

                                               

Andrew Motjuoadi

Andrew Tshidiso Motjuoadi is in die destydse Pietersburg gebore, maar hy het later in Mamelodi, Pretoria, gewerk en gewoon. Soos talle ander Swart Suid-Afrikaanse kunstenaars het hy homself geleer skilder. Hy het sy eerste uitstalling in 1963 in ...

                                               

Motloutserivier

Die Motloutserivier rivier) in die ooste van Botswana is n tak van die Limpoporivier. Die rivier ontspring suidwes van Francistown op n hoogte van nagenoeg 900m bo seespieel. Daarna loop dit suidooswaarts verby Mmadinare, Selebi-Phikwe en Bobonon ...

                                               

Motwortel

Motwortel Stapf ex Burtt Davy syn. Andropogon marginatus Steud., Andropogon nardus L. var. marginatus Hack), ook in Afrikaans: akkewani of buffelsrooigras is n grasspesie wat in Suid-Afrika voorkom, maar nie hier endemies is nie. Die naam koperdr ...

                                               

Mouillepunt-vuurtoring

Die Mouillepunt-vuurtoring was n vuurtoring in Mouillepunt in Kaapstad, Suid-Afrika, wat in 1842 gebou en in 1908 gesloop is. Dit was aan die noordoostelike kant van Tafelbaai in Grangerbaai gelee. Die gevaarlike rotse by Mouillepunt het dit geno ...

                                               

Mount Ayliff

Mount Ayliff is n dorp in die oostelike Oos-Kaap, Suid-Afrika. Mount Ayliff is gelee in die vallei van die Umzimhlavarivier op die N2 nasionale pad in die Transkeistreek, Oos-Kaap, Suid-Afrika.

                                               

Mount Fletcher

Mount Fletcher is n dorp in Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die stad Mthatha is 129 km per pad vanaf Mount Fletcher.

                                               

Mount Frere

Mount Frere is n dorp in Suid-Afrika, in die ooste van die provinsie van die Oos-Kaap. Die dorp is 100 km noordoos van Mthatha. Die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.

                                               

Wolfgang Amadeus Mozart

Mozart is op 27 Januarie 1756 gebore aan Leopold Mozart 1719-1787 en Anna Maria, née Pertl 1720-1778 te 9 Getreidegasse in die Prinsaartsbisdom Salzburg, toe n Staat van die Heilige Romeinse Ryk, vandag deel van Oostenryk. Mozart was die jongste ...

                                               

Mozart-effek

Die Mozart-effek kan verwys na: n Betwiste stel navorsingsuitslae wat toon dat n kortstondige verbetering 15 minute in die uitvoering van sekere soorte verstandelike take (wat bekend staan as "tydruimtelike redenering", teweeggebring kan word as ...

                                               

Mqanduli

Mqanduli is n klein dorpie in die Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is op die pad tussen Viedgesville en Koffiebaai. Bantu Holomisa is in die dorpie gebore.

                                               

Mtamvunarivier

Die Mtamvunarivier is n groot rivier wat die binnelandse grens vorm tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Die rivier het n bree Indiese Oseaan-monding net suid van Port Edward, wat dit ideaal maak vir motorboot- en ander watersport ...

                                               

Mtubatuba

Mtubatuba is n dorp in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp is naby die N2 nasionale pad en die R618 na St. Lucia draai uit Mtubatuba, sowel as die pad na die Hluhluwe-iMfolozipark. Daar is ook n halte op die spoorlyn vanaf Durban ...

                                               

John Muafangejo

John Ndevasia Muafangejo was ’n Namibiese kunstenaar wat internasionale roem vir sy houtsnee, etse en linosnee verwerf het. Hy is in Etunda lo Nghade, Angola, gebore en is in Katutura-township in Windhoek oorlede. Muafangejo het vir 2 jaar opleid ...

                                               

Mud

Mud is n ou inhoudsmaat vir droe ware. Reeds in 1681 het die VOC standaarde neergelê vir inhoudsmate. Met die Britse oorname van die gesag het die Nederlandse stelsel van mate en gewigte bly bestaan, alhoewel die Britse stelsel in die dorpe stadi ...

                                               

Muesli

Muesli is n gereg gebaseer op rou hawermout en word gewoonlik vir ontbyt genuttig. Ander bestanddele kan die volgende insluit: ander graansoorte, vars en droe vrugte, sade en neute, melkprodukte of vrugtesap. Die gereg is die eerste keer voorgesi ...

                                               

Mugilidae

Die Harders is n vis-familie wat aan die orde Mugiliformes behoort. Die familie bevat 17 genera en minstens 70 spesies. Sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

                                               

Muil

Muile word al minstens die afgelope 3000 jaar in Klein-Asie as trek- en lasdiere gebruik weens hul besondere aanpassingsvermoe by uiterste omstandighede. Hulle beskik oor n besondere uithouvermoe om in moeilike toestande te kan oorleef. Die goeie ...

                                               

Muis-klipvis

Die Muis-klipvis is n vis wat endemies aan die Suid-Afrikaanse kus is en kom voor van Valsbaai tot by Koffiebaai. In Engels staan die vis bekend as die Mouse clinid.

                                               

Muishond

Muishonde is n familie van klein, katagtige roofdiere. Hulle kom wyd verspreid in Asie, Afrika, die Karibiese gebied en Suid-Europa voor. Die familie bestaan uit sowat 35 spesies. Hierdie diere wissel, met die stert uitgesluit, van 24 tot 58 cm i ...

                                               

Muiskleurvlieëvanger

Die muiskleurvlieevanger is n mediumgrootte vlieevanger sonder kenmerkende kleure. Dis nie maklik uitkenbaar behalwe vir tipiese vlieevanger-bou en -houding.

                                               

Muiskleurwindswael

Die muiskleurwindswael is n gelokaliseerde, algemene, amper-endemiese standvoel en nomade. In Engels staan die voel as die Bradfields swift bekend.

                                               

Muizenberg

Muizenberg is n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika en is gelee aan die noordweste van Valsbaai. Muizenberg spog met geboue in die Victoriaanse en Edwardiaanse styl, waaronder Muizenbergstasie, asook een van die beste strande vir swem en branderpla ...

                                               

Connie Mulder

Cornelius Petrus Mulder was n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is op 10 Desember 1949 met Suzanne getroud en vier kinders is uit die huwelik gebore. Pieter en Corné bevind hulle ook in die politiek en Corné dien in die parlement namens die Vryheidsf ...

                                               

Hennie Muller

Hennie is gebore in Witbank as die jongste van vyf seuns van Stephanus Muller en sy vrou Maria Sophia Hendrika Scholtz Vosloo. Muller se moeder is ’n maand na sy geboorte oorlede en sy vader vyf maande later. Hy en sy broers het uitmekaar gespat ...

                                               

Ludwig Müller

Johann Heinrich Ludwig Müller het in die tydperk van die Nasionaal-Sosialisme as "Ryksbiskop" van die Duitse Evangeliese Kerk gefungeer en was een van die leiers van die sogenaamde "Duitse Christene" -beweging wat n sintese tussen die Christendom ...

                                               

Mullidae

Die Bokvisse is n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is vyf genera met vyf en dertig spesies in hierdie familie. Dertien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

                                               

Multi-aansig projeksies

Multi-aansig projeksie is n illustrasietegniek in tegniese tekening en rekenaargrafika waardeur n gestandaardiseerde reeks ortografiese tweedimensionele prente gekonstrueer word om die vorm van n driedimensionele voorwerp voor te stel. Tot ses pr ...

                                               

Munsell-kleursisteem

In kolorimetrie is die Munsell-kleursisteem n kleurmodel wat kleure op grond van drie eienskappe van kleur: kleur, chroma en waarde spesifiseer. Die sisteem is in die eerste dekade van die 20ste eeu deur professor Albert H. Munsell ontwerp en is ...

                                               

Muntjakherte

Die muntjak- of moentjakherte is ’n tribus van die hert-subfamilie Cervinae. Hulle kom hoofsaaklik in Suid- en Oos-Asie voor. Die tribus bevat twee genera: Elaphodus Muntiacus Muntjakherte is voorheen beskou as ’n aparte subfamilie, Muntiacinae, ...

                                               

Mupfurerivier

Die Mupfurerivier is n rivier in Zimbabwe. Hierdie rivier het sy oorsprong op Zimbabwe se waterskeiding op die plato wes van Marondera, suid van Harare, noord van Mosasa, by 18° 22′ suid en 31° 6′ oos en op n 1 500 m bo seespieel. Die Mupfure is ...

                                               

Murchison-waterval

Die Victoria-Nyl loop tussen die Victoriameer en die Albertmeer. Ongeveer 32km stroomop van sy mond lê die waterval by 2° 16′ 40″ noord en 31° 41′ 10″ oos. Dit is oos van die dorp Paraa in die Murchisonwaterval Nasionale Park gestig 1952 en tusse ...

                                               

Iris Murdoch

Dame Jean Iris Murdoch was n Engelse skrywer van romans en n filosoof. Voorgraads het sy klassieke kultuurgeskiedenis en filosofie aan die Universiteit van Oxford studeer. Nagraads het sy haar studies in filosofie aan die Universiteit van Cambrid ...

                                               

Fort Murray

Fort Murray was een van n reeks forte wat deur die Britse owerheid tydens die Kaapse grensoorloe van 1779 tot 1877 in die Oos-Kaap gebou is. Ná die Sesde Grensoorlog 1834–1835 het sir Benjamin DUrban die Provinsie van Koningin Adelaide gestig. Om ...

                                               

Musieknotasie

Musieknotasie is n skriftelike weergawe van bepaalde musiekelemente wat deur n bepaalde kultuur as belangrik ervaar word. In die Westerse musiek het die eerste musiekskrif die toonhoogte weergegee en later is toonduur daaraan toegevoeg. Ander ele ...

                                               

Musiekteater

Die musiekteater kan beskou word as n afdeling van teater wat liedjies, dialoog, optrede en dans kombineer in een uitvoering. Die storie en emosionele inhoud van die musiekteater – humor, patos, liefde, woede – word by wyse van woorde, musiek, be ...