Back

ⓘ Britse Ryk




Britse Ryk
                                     

ⓘ Britse Ryk

Die Britse Ryk was n groep lande wat voorheen deur Groot-Brittanje beheer is. Dit was die mees uitgestrekte koloniale ryk in die geskiedenis met n groot aantal kroonkolonies, kolonies, dominiums en protektorate op elke vasteland. Aan die begin van die 20ste eeu het Groot-Brittanje meer as twee vyfdes van die wêreld se landoppervlakte oorheers, waaronder die twee destydse kolonies en twee Boererepublieke van Suid-Afrika, met n bevolking van sowat 458 miljoen of n kwart van die destydse wêreldbevolking. Die feit dat Engels nog steeds die belangrikste internasionale verkeerstaal is, het onder meer te make met die groot rol wat Brittanje in die moderne geskiedenis gespeel het.

Die term British Empire is deur John Dee 1527–1608 of 1609 ingevoer, die astroloog, alchemis en wiskundige van koningin Elisabeth I.

                                     

1. Kenmerke

Ondanks sy groot oppervlakte en bevolking het die Britse Ryk met Groot-Brittanje as sy moederland net oor n relatief klein geografiese en bevolkingsbasis beskik wat ver van sy oorsese besittings gelee was. Nogtans het hierdie klein eilandnasie in die weste van Europa in die laat 18de eeu tot die wêreld se leidende handels- en nywerheidsland asook die grootste seemoondheid ontwikkel.

Die Britse heerskappy het, net soos in die geval van ander koloniale moondhede, op militêre onderwerping en onderdrukking asook samewerking met plaaslike heersers gebaseer, maar was in vergelyking met ander Europese bewindhebbers in n mate liberaal. Die Britte het hulle tot die beginsels van vryheid en demokrasie verbind, iets wat hul onderdane in die tweede helfte van die 20ste eeu dan ook opgeeis het.

Die Britse geskiedkundige John Darwin, een van die voorste deskundiges op die gebied van historiese navorsing oor Britse koloniale geskiedenis, verwys in sy baanbrekende werk Unfinished Empire: The Global Expansion of Britain 2012 na die Britse Ryk se onvoltooide en provisoriese karakter.

Ten eerste het die Britse Ryksgedagte nie op n enkele visie berus nie. n Verskeidenheid belangegroepe in die Britse Moederland het uiteenlopende - en dikwels nie versoenbare - konsepte oor die ryk se karakter en uitbreiding ontwikkel, soos kolonisasie deur Britse en ander Europese setlaars; die vestiging van administratiewe strukture volgens die Europese model deur middel van koloniale Britse amptenare; bekering deur Christelike sendelinge; en aanknoping van handelsbetrekkinge by voorkeur sonder setlaars, amptenare en sendelinge.

Ten tweede was die bestuur van só n wêreldryk n onoorkombare uitdaging. Daar kon nie sprake wees van n beplande en goed georganiseerde administrasiestelsel nie. In die praktyk was die koloniale bestuur, wat vanuit die Colonial Office in Whitehall, Londen georganiseer is, dikwels chaoties van aard, maar in elk geval aangewese op die steun en samewerking van inheemse elites, lojale setlaars en plaaslike Britse amptenare met die koloniale owerheid in die Britse hoofstad.

Ten derde kon die Britse Ryk nooit in n sfeer van sy eie bestaan nie, maar moes daar rekening gehou word met n groot verskeidenheid eksterne invloede waaraan onderdane blootgestel was - op politieke, ideologiese, kulturele, ekonomiese en godsdienstige gebied. Bowendien was daar in n onstabiele wêreld altyd nuwe geostrategiese veranderinge, uitdagings en gevare wat n konstante hersiening van die algemene Britse koloniale beleid en sy hoofdoelwitte vereis het.

In die tydperk tussen die twee wêreldoorloe het die Britse Ryk sy grootste omvang bereik met die insluiting van die Duitse en Ottomaanse Ryk se koloniale besittings. Nogtans was dit in dié periode nog net n skadu van sy vorige glorie nadat die Verenigde Koninkryk deur sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog naby die punt van ekonomiese uitputting gekom het en sy ekonomiese omstandighede in vergelyking met die vorige eeu merkbaar versleg het. Die agteruitgang en verval van die ryk was, ongeag sy omvang, net n kwessie van tyd was. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Groot-Brittanje nie meer oor die finansiele middele en die wil beskik om n wêreldryk te regeer nie sodat die meeste oorsese besittings hul onafhanklikheid in n min of meer vreedsame proses verwerf het.

                                     

2. Ondergang van die ryk

In die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje die laaste keer die rol van Westerse leier gespeel. Die nuwe leier en supermoondheid, Amerika, het geen erg aan die Britse Ryk gehad nie. Die Britse Arbeidersregering het ook nie belang gestel in n voortsetting van die ou koloniale ryk nie. In 1947 het Indie onafhanklikheid verkry, maar lid van die Gemenebes gebly. Die Moslem-gedeelte van Indie is tot n aparte staat, naamlik Pakistan, omskep. In 1956 het Pakistan ook onafhanklik geword, gevolg deur Birma en Ceylon Sri Lanka. Die onafhanklikwording van Nigerie in 1957 het die dekolonisasieproses in Afrika aan die gang gesit. Sommige van die nuwe onafhanklike state het lede van die Gemenebes gebly, maar ander, soos Suid-Afrika, Suid-Rhodesie, Indie en Pakistan, het om verskeie redes uitgetree.

In 1961 het ook Suid-Afrika n onafhanklike republiek geword, gevolg deur Rhodesie Zimbabwe wat hom in 1965 eensydig onafhanklik verklaar het. Vandag het die Britse Gemenebes feitlik geen invloed meer nie - die eens magtige Britse ryk het geruisloos ondergegaan.

                                     
  • bepleit. In kragtige woorde het hy hom verset teen die likwidasie van die Britse ryk deur die arbeidersregering en het onder meer teen die nasionalisasie van
  • voortbestaan. Die Mongole, die Armeense Ryk die Seldjoekse Ryk die Safawidiese Ryk die Ottomaanse Ryk en die Britse Ryk het ook die gebied oorheers. Die

Users also searched:

...