Back

ⓘ Bulhoek-opstand




Bulhoek-opstand
                                     

ⓘ Bulhoek-opstand

Die lekeprediker en onafhanklike evangelis Enoch Mgijima 1868–1928 het met sy Israeliete-groep bestaande uit 1 000 siele hulle onwettig op staatsgrond by Bulhoek, wat hulle as heilige terrein beskou het, gaan gevestig. Mgijima se volgelinge het n blinde geloof in hom gehad en hy het sy volgelinge oortuig om van al hul aardse besittings ontslae te raak in afwagting op die einde van die wêreld. Die groep het stadig aangegroei tot 3 000 mense en hulle het onwettige strukture op die meentgrond opgerig.

Daarby het hulle geweier om as inwoners te registreer en erfbelasting te betaal. Uit radeloosheid het hulle beeste van die omliggende boere gesteel. Hulle leiers het die gemoedere teen die blankes opgesweep. Die geestelike leiers het openlik konflik en oorlog verkondig. Ook is elke middag driloefeninge gehou en voorrade tuisgemaakte wapens soos swaarde en knopkieries opgebou. Landswyd is kritiek teen die Israeliete uitgespreek.

Die plaaslike vreedsame, wetsgehoorsame en konserwatiewe Fingos het tevergeefs probeer om Mgijima te oorreed om die landswette te eerbiedig. Versoeke om die meentgrond te ontruim en alle waarskuwings is geïgnoreer. Die polisie kon nie daarin slaag om wet en orde te handhaaf nie. Alle samesprekings en onderhandelings het misluk en die Israeliete het al hoe meer uitdagend en aggressief geword.

                                     

1. Oorsake

Menings oor die redes vir die opstand loop aansienlik uiteen. Die Bulhoek-opstand moet volgens sekere historici gesien word as deel van die onrus in 1920 onder die swart bevolking in verskeie stede van die land oor hoofsaaklik lone, werksomstandighede en grondbesit. Oor die hele land heen was daar onder die swartmense wrewel oor die verlies van grond. Dit het gelei tot die vermeerdering van onafhanklike kerkgenootskappe waarin die swart mense nog n mate van selfbeskikking kon uitoefen. So het ook die Israeliete ontstaan. Hul stryd was om grond, selfregering, die vrystelling van belasting en om vry te wees van blanke onderdrukking.

n Ander siening is dat die Israeliete maar net bloot die mense in die gemeenskappe rondom hulle in gevaar gestel het deur grond te vat wat nie hul eiendom was nie. In die tyd van die oproer is daar blykbaar nooit gesê dat daar eintlik politieke motiewe agter die onrus geskuil het nie.

                                     

2. Geveg

Die polisie en die weermag het n gesamentlike mag van ongeveer 1 000 man onder die persoonlike leiding van die kommissaris van polisie, kol. T.C. Truter, na die toneel gestuur. Nog elke middag het die Israeliete vir die verwagte veldslag voorberei. Na die laaste oefening is n os geslag en die spiespunte in die bloed gedoop. Onder dekking van die nag het van die Israeliete die dorpie verlaat en strategiese plekke in die omringende berge beset.

Op 20 Mei 1921 was die mag onder Truter gereed om in te gryp en stuur n laaste ultimatum aan Mgijima. Ook dit is verwerp. Drie dae later ruk die mag onder Truter gewapen met masjiengewere, artillerie en n kanon op. n Groep van 500 Israeliete gewapen met stokke, knopkieries, assegaaie, spiese en swaarde was ook gereed. n Afvaardiging wat ter elfder ure bloedvergieting wou voorkom, is onbeskof en uitdagend deur die Israeliete verwilder. Die Israeliete storm daarop op die polisie af en na n geveg van 20 minute het byna 200 Israeliete gesneuwel, meer as 100 was gewond en 150 waaronder Mgijima is in hegtenis geneem.

                                     

3. Politieke gevolge

Die hardhandige wyse waarop die eerste minister, genl. J.C. Smuts, hierdie rebellie, sowel as die staking aan die Rand en die Bondelswart-opstand onderdruk het, het baie bygedra tot die regering se ongewildheid.

                                     

4. Vergelyking

Ander latere, soortelyke gebeurtenisse in Suid-Afrika was die Koegas-gruwels 1878, Sharpeville-slagting 1960, Bisho-slagting 1992, Marikana-slagting 2012, Langalibalele-rebellie 1873 en die 1922-staking.

                                     

5. Bibliografie

  • Smith, Mike: What was South Africas biggest massacre? mikesmithpoliticalcommentary.blogspot.co.za
  • Makobe, D.H.: Understanding the Bulhoek massacre: voices after the massacre and down the years. Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, deel 26, nr. 2, 1996.
  • Warwick, Rodney: n Menseslagting uit ander hoek beskou. In Rapport, 23 Mei 2021.
  • Edgar, Robert: Because they chose the plan of God – The story of the Bulhoek Massacre of 24 May 1921. Pretoria: Unisa Press, 2010. ISBN 978-1-86888-544-2
  • Dippenaar, M. de W.: Die SA Polisie – Die geskiedenis van die Dun blou lyn. Deel 1. Lantern, Julie 1985, jaargang 34, nr. 3.
                                     
  • maatskappye wat in die hande van Britse imperialiste was. Bambata - rebellie Bulhoek - opstand Marikana - slagting Maritz - rebellie Sharpeville - slagting Slagtersnek - rebellie
  • Bambata - rebellie Slagtersnek - rebellie Marikana - slagting Sharpeville - slagting Bulhoek - opstand 1922 - staking Maritz - rebellie Langalibalele - rebellie Dicey, William:
  • Stephanus Johannes Paulus Kruger plaas Bulhoek distrik Steynsburg, 10 Oktober 1825 14 Julie 1904, Clarens, Switserland ook bekend as Oom Paul
  • Op 24 Mei 1921 Smuts se 51ste verjaardag het n ernstige botsing by Bulhoek 40 km van Queenstown, in die Oos - Kaap gebeur toe Enoch Mgijima en sy volgelinge
  • American - korporasie word gestig. 1921 Kommunistiese party van Suid - Afrika gestig Bulhoek - opstand 1922 Wit stakers neem beheer oor Johannesburg maar is verslaan deur
  • lei. Stephanus Johannes Paulus Kruger is op 10 Oktober 1825 op die plaas Bulhoek naby Steynsburg gebore. Hulle gesin was een van vele wat in 1836 onder

Users also searched:

...