Back

ⓘ Hoektand-tuna




Hoektand-tuna
                                     

ⓘ Hoektand-tuna

Die Hoektand-tuna is n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dogtooth tuna.

                                     

1. Identifikasie

Die vis word tot 180 cm lank. Dit het n robuuste, silwer lyf en die bek is vol slagtande. Die punte van die agterste dorsale- en analevinne is wit. Die sylyn staan uit.

Hulle besoek gereeld die dieper gedeeltes van strandmere, steil kanale en die buitenste hellings van riwwe in water wat 1 tot 60m diep is. Hulle is alleenlopers of kom in klein groepies voor. Dit is n roofvis en raar in Suid-Afrikaanse waters. Hulle jag graag die piesangvisse.

                                     

2. Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3