Back

ⓘ Broadbent-bouval




                                     

ⓘ Broadbent-bouval

Die bouval lê tussen rante op die plaas Leeuwfontein, aan die oostelike voet van die Makwassie-heuwels en aangrensend aan die dorpie Witpoort. Hierdie vroee sendingpos was dus effens noord van die Vaalrivier en tussen die huidige dorpe Wolmaransstad, Leeudoringstad en Makwassie.

                                     

1. Geskiedenis

Die Wesleyaanse Metodiste-pioniersendeling Samuel Broadbent 1794–1867 bygestaan deur die Wesleyaanse sendeling Thomas Laidman Hodgson 1787–1840 het in Februarie 1822 hierdie sendingstasie begin. In 1826 is dit weer ontruim toe die Barolong tydens die Mfecane deur bendes onder leiding van die strydlustige leidster van die Tlôkwa, Mmanthatisi ± 1780–1826, verdryf is.

                                     

2. Eerstes

Broadbent en Hodgson was die eerste sendelinge noord van die Vaalrivier en het die eerste sendingstasie gestig in die gebied later bekend as die Transvaal. Hulle het ook die eerste gebou deur blankes ontwerp hier opgerig. Boonop is op 1 Julie 1823 hier die eerste blanke kind noord van die Vaal gebore – die Broadbent-egpaar se seun Lewis wat later self n baie beroemde sendeling sou word. In 1824 verskyn die eerste drukwerk in hierdie landstreek toe Broadbent n elementêre skoolboekie in Tswana druk met n aantal los drukletters, drukkersink en ander apparaat, maar sonder n drukpers.

                                     

3. Bibliografie

  • Hatfield, Denis red.: Some South African monuments. Kaapstad: Purnell, 1967.
  • van Tonder, J.J.: Historiese bome – radiopraatjies en 50 foto’s. Krugersdorp: die skrywer, 1976.
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 11. Kaapstad: Nasou, 1975. ISBN 0-625-00327-6
                                     
  • R505 streeksroetes kruis in die dorp. Lys van dorpe in Suid - Afrika Broadbent - bouval Hoofplek Makwassie Sensus 2011. Op Pad in Suid - Afrika. B.P.J. Erasmus

Users also searched:

...