Back

ⓘ Brewster F2A Buffalo




Brewster F2A Buffalo
                                     

ⓘ Brewster F2A Buffalo

Die Brewster F2A Buffalo was n vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was n enkelsitplek, enkelmotorige vliegtuig en was die eerste monovlerkvliegtuig van die Amerikaanse Vloot. Van die aanvanklike bestelling van 54 is slegs 11 deur die Amerikaanse Vloot gebruik, die res is aan die Finse Lugmag verkoop. Verdere bestellings is bevredig met die aflewering van die F2A-2 en die swaarder bewapende F2A-3 modelle. Die Amerikaanse Marinierskorps het die vliegtuig onsuksesvol gebruik in die eerste Slag van Midway waar 13 van 19 vliegtuie afgeskiet is.

Bestellings is ook geplaas deur die Britse Lugmag sowel as die Nederlandse Oos-Indies. Nadat bevind is dat die vliegtuig verouder is in Europa, is die meeste van hulle in die Verre Ooste gebruik waar hulle oordonder is deur die Japannese vegvliegtuie. Die Brewster F2A Buffalo se nadele was sy massa, swak hantering en algemene onstabiliteit. Ten spyte hiervan het die Buffalo tog daarin geslaag om 30 vliegtuie af te skiet net voordat Singapoer ingeneem is deur die Japannese. Slegs in Finland kon die Buffalo daarin slaag om gesag af te dwing teen die Sowjet Lugmag tydens die Winteroorlog.

                                     
  • Spitfire Westland Whirlwind Verenigde State Bell P - 39 Airacobra Brewster F2A Buffalo Curtiss P - 36 Hawk Curtiss P - 40 Warhawk Grumman F8F Bearcat Grumman

Users also searched:

...