Back

ⓘ Brasilië




Brasilië
                                     

ⓘ Brasilië

Brasilie, amptelik die Federale Republiek Brasilie, is die grootste land en ook dié land met die grootste bevolking in Latyns- en Suid-Amerika. Dit is verder ook die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Dié land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf Sentraal-Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Dié land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinie, Paraguay, Bolivie, Peru, Colombia, Venezuela, Guyana, Suriname en die Franse département Frans-Guyana. Brasilie grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land behalwe vir Ecuador en Chili en beslaan 47.3% van dié vasteland se oppervlak.

Brasilie bevat uitgebreide landbougebiede en reenwoude. Met sy baie natuurlike hulpbronne en groot arbeidsmark is dié land Suid-Amerika se leidende ekonomiese moondheid.

Omdat dit n kolonie van Portugal was, is Portugees die amptelike taal van Brasilie – die grootste Portugeessprekende land in die wêreld en die enigste een in die Amerikas. Die naaste Portugeessprekende land is Kaap Verde in Afrika, noordoos van Brasilie gelee.

Brasilie het die wêreld se tweede grootste Christen-bevolking na die Verenigde State 151 miljoen en ook die wêreld se grootste Rooms-Katolieke bevolking, n sterk geskiedkundige band wat nagelaat is deur die Rooms-Katolieke Portugese koloniste.

                                     

1. Etimologie

Die Portugese landsnaam Brasil het sy oorsprong in die brasielhoutboom Caesalpinia echinata, in Portugees pau-brasil genoem, wat in bosse langs die Atlantiese kus aangetref word en deur die inheemse Indiaanse bevolking vir die vervaardiging van pyle en boe gebruik is. Die rooi kleurstof, wat uit die hout ontgin kon word en waarin mans hul liggame geverf het, het n belangrike rol in rituele en in oorlogstye gespeel.

In die vroee koloniale tydperk was brasielhout n gesogte uitvoerproduk wat die voorindustriele Europese tekstiel- en wolbedryf van n karmosynrooi kleurstof voorsien het. Die hout is tot in die 19de eeu ontgin – tot so n mate dat die brasielhoutboom destyds as uitgestorwe beskou is. Eers in 1928 is dit herontdek in Pernambuco. Die brasielhoutboom is tans een van die bedreigde spesies in die laaste oorblyfsels van Brasilie se oorspronklike Atlantiese kusbosse, die Mata Atlántica.

Die Portugese term brasa kan vertaal word as "gloed" of "gloeiende kole"; die byvoeglike naamwoord brasil "gloedagtig" verwys na die kleur van brasielhout – dit is helder oranjerooi in sy natuurlike toestand, maar verander ná blootstelling – sodra dit gesny word – tot n diep rooibruin.

                                     

2. Geografie

Brasilie word geografies deur twee groot landskapsvorme gekenmerk – die uitgebreide laagliggende Amasone-reenwoud in die noorde en die hoogplato in die sentrale gedeelte en die suide van dié land. Die laasgenoemde is n meer oop terrein bestaande uit heuwels en lae berge – tuiste van die oorgrote meerderheid van die Brasiliaanse bevolking en ook die gebied waar die landbou hoofsaaklik plaasvind. Langs die Atlantiese kus is daar ook verskeie bergreekse wat hoogtes van soveel as 2 900 meter bo seevlak bereik. Die hoogste piek is Pico da Neblina wat 3 014 meter bo seespieel in die Guyaanse hooglande uitstyg. Die langste riviere sluit in: die Amasone, die grootste rivier in die wêreld in terme van vloeiende watervolume en die tweede langste in die wêreld ná die Nylrivier in Afrika; die Paraná en sy hoofvertakking, die Iguaçurivier, waar die indrukwekkende Iguaçu-waterval Portugees: Cataratas do Iguaçu gevind kan word; die Rio Negro-, São Francisco-, Xingu-, Madeira- en die Tapajós-riviere.

Brasilie is hoofsaaklik in die trope gelee en daarom toon die klimaat baie min seisoenale veranderinge. In die suidelikste deel van Brasilie kry n mens n subtropiese gematigde klimaat, wat nou en dan selfs ryp en sneeu in die hoer dele kan ervaar. Neerslag is oorvloedig in die vogtige Amasonekom, maar daar word ook droer dele aangetref, veral in die noordooste van dié land.

n Aantal eilande in die Atlantiese Oseaan is ook deel van Brasilie:

  • Rocas Atol
  • Fernando de Noronha
  • Trinidade en Martim Vaz
  • Sint Petrus en Sint Paulus-argipel

Die Brasiliaanse vasteland word oor die algemeen geografies in vyf kenmerkende streke verdeel: die Noordelike streek, die Noordoostelike streek, die Sentraalwestelike streek, die Suidoostelike streek en die Suidelike streek.

  • Die Suidelike streek is die welvarendste in terme van die BBP per capita, met die hoogste lewenstandaard in dié land. Dit is ook die koudste streek van Brasilie. Baie Europese immigrante het hulself hier gevestig, naas Portugese van die Europese vasteland en Asoreane hoofsaaklik Duitsers, Italianers en mense van Slawiese afkoms. Die inwoners van hierdie streek se kultuur toon sterk invloede vanuit dié kulture.
  • Die Suidoostelike streek is die welvarendste en digbevolkste streek. Dit het meer inwoners as enige ander Suid-Amerikaanse land en bevat een van die grootste metropolitaanse gebiede in die wêreld, waarvan die hoofstede dié land se twee grootstes is; São Paulo en Rio de Janeiro. Die streek bevat n groot diversiteit insluitende die groot sakegebied van São Paulo, die geskiedkundige stede van Minas Gerais, die wêreldbekende strande van Rio de Janeiro en die hoogs aangeskrewe kus van Espírito Santo.
  • Die Noordoostelike streek bevat n derde van Brasilie se bevolking. Die mense daar het diverse kulture met sommiges wat sterk wortels het uit die Portugese koloniale tydperk en ander met n sterk Afro-Brasiliaanse kultuur en dan is daar ook diegene wie se kultuur deur hul inheemse Brasiliaanse Indiaanse afkoms beïnvloed word. Dit is ook die armste streek van Brasilie en beleef lang droe klimaatstoestande.
  • Die Sentraalwestelike streek is die tweede grootste streek in Brasilie maar het n lae bevolkingsdigtheid. Dit is hier waar die Brasiliaanse hoofstad Brasília gelee is. Die streek bevat die Pantanal, die wêreld se grootste moerasgebied, asook n klein deel van die Amasone-reenwoud in die noordwestelike deel daarvan. n Groot deel van die streek is begroei deur die Cerrado, die grootste grasvlakte in die wêreld, wat twee duidelik onderskeibare seisoene beleef: n reenseisoen vanaf Oktober tot April en n droe seisoen vanaf Mei tot September. Dit is ook die belangrikste landbougebied in dié land. Die belangrikste stede hier is: Brasília, Goiânia, Campo Grande en Cuiabá.
  • Die Noorde beslaan sowat 45.27% van die oppervlakte van Brasilie en is ook die streek met die kleinste bevolking. Daar is min nywerheidsontwikkelinge en die streek is redelik onderontwikkel met die uitsondering van Manaus, wat n belastingvrye nywerheidsone bevat. Die streek bevat ook die grootste reenwoude in die wêreld, die Amasone waar baie inheemse stamme van Brasilie woon.
                                     

3.1. Geskiedenis Vroee geskiedenis

Daar word geglo dat Brasilie vir ten minste 10 000 jaar lank deur semi-nomadiese stamme bevolk was voordat die eerste Portugese ontdekkingsreisigers onder leiding van Pedro Álvares Cabral vroeg saans op 22 April 1500 daar voet aan wal gesit het. Die vroegste spore van menslike lewe is in die deelstaat Piauí ontdek. Terwyl navorsers aanneem dat Paleo-Indiaanse groepe omstreeks 10 000 v.C. die suidpunt van die Suid-Amerikaanse vasteland bereik het, word die oudste menslike oorskot, wat deur argeoloe in Brasiliaanse kusgebiede opgegrawe is, gedateer op omstreeks 8 000 v.C.

Geografiese en klimatiese besonderhede is oorspronklik as rede aangevoer vir die beweerde feit dat groter, hoogs ontwikkelde beskawings met hoer bevolkingsdigtheid, vergelykbaar aan die Inka-beskawing in die Andes-bergreeks, in die Amasonebekken nooit kon ontstaan nie. So is oorspronklik aangeneem dat Brasilie in die voorkoloniale periode n yl bevolkte gebied was met klein groepe nomadiese en halfnomadiese bewoners – hoofsaaklik jagters en vissers. Tot n beperkte mate is – volgens ouer hipoteses – grond bewerk.

Meer onlangse navorsing deur Brasiliaanse en Britse wetenskaplikes van die Universiteit van Exeter in Engeland, waarvan eerste bevindings in 2018 gepubliseer is, dui egter daarop dat randgebiede in die suidelike Amasonebekken, gelee in die deelstaat Mato Grosso, deur voor-kolumbiaanse bevolkings ontsluit is vir intensiewe boerdery. n Stelselmatig beplande netwerk van paaie het nedersettings in n gebied van 400 000 km 2 met mekaar verbind – as deel van n infrastruktuur vir n beraamde bevolking van een miljoen.



                                     

3.2. Geskiedenis Portugese verkenning en vroee koloniale beleid

Volgens die Verdrag van Tordesillas, wat deur bemiddeling van die pous in 1494 tussen Spanje en Portugal gesluit is, het die destyds nog onbekende Brasilie deel uitgemaak van Portugal se eksklusiewe belangesfeer in die Nuwe Wêreld. As n feitlik onbekende land was Brasilie aanvanklik van min belang vir Portugal, maar sou nogtans tot sy grootste en belangrikste kolonie ontwikkel. Oor die loop van drie eeue is dit deur die Portugese hervestig en is die houtbronne eers ontgin en later ook landboubedrywighede in die vorm van suikerriet en koffiebone gevestig en is goud ook daar ontgin. Die kolonie se mannekrag het aanvanklik bestaan uit slawe vanuit die oorspronklike boorlinge en ná 1550, hoofsaaklik vanuit Afrika.

Admiraal Cabral se vloot het in Maart 1500 die hawe van Lissabon verlaat en was met dertien skepe en n bemanning van 1 500 die grootste wat tot dusver na die Suid-Atlantiese gebiede gestuur is. Die Portugese was van plan om hulle handelsbelange in Indie met swaar gewapende skepe teen Arabiese mededingers en plaaslike heersers te beskerm. Die ontdekking van Brasilie was min of meer n toeval: op 2 April 1500 het Cabral se manne naby die huidige Porto Seguro vir die eerste keer land raakgesien. Op 22 April 1500 het die Portugese voet aan wal gesit en op vreedsame Indiane afgekom, maar daar was klaarblyklik geen rykdomme in hierdie land nie. Op 3 Mei het Cabral weer seile gespan om Indie betyds te bereik.

Brasilie het wél die aandag getrek van Portugese handelaars wat met plaaslike Indiane handel begin dryf het. n Verskeidenheid Europese goedere is teen inheemse hout geruil. Hierdie simmetriese betrekkinge tussen Europeers en inheemse Brasiliane het eers drasties begin verander nadat Portugal besluit het om kusgebiede te koloniseer. Om setlaars na n oorsese besitting te stuur was n ongewone stap in Portugal se oorsese handelsbeleid. Met sy betreklik klein bevolking het die land sover moontlik steeds voorkeur gegee aan die vestiging van klein kommersiele nedersettings, met forte om hulle teen aanvalle te beskerm. Setlaarkolonies het geen rol in die land se koloniale en handelsbeleid gespeel nie.

In die geval van Brasilie het eksterne faktore bygedra tot n heel ander ontwikkeling. Portugal se Europese mededingers het die onderontwikkelde Portugese besitting in toenemende mate as basis vir Portugal se Asiatiese handelsroetes misbruik - roetes wat juis deur die suidelike Atlantiese Oseaan geloop het. Aanvanklik is gebruik gemaak van n feodale meganisme wat uit die tyd van die Reconquista, die Christelike herverowering van die Iberiese skiereiland uit die hande van Moslemheersers. So is kusgebiede in sogenaamde kapteinskappe verdeel wat aan privaat entrepreneurs oorhandig is. Nadat min sukses aan hierdie instrument beskore was, is die besluit geneem om Brasilie as setlaarkolonie te ontwikkel.

                                     

3.3. Geskiedenis Nederlands-Brasilie

Verskeie Europese moondhede het pogings onderneem om kolonies in Brasilie te vestig. Nederland was die enigste van hulle wat daarin geslaag het om voet in die deur te kry – al was dit maar vir n kort tydperk.

Tussen 1630 en 1654 is die gebied rondom Recife in die noordooste oorgeneem deur die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en het die kolonie as Nederlands-Brasilie bekend gestaan. Die verskillende Nederlandse goewerneurs van die kolonie het probeer om soveel moontlik immigrante na die gebied te lok, met gematigde sukses. Uiteindelik is die Nederlanders, wat nie deur die moederland bygestaan kon word nie vanwee die Eerste Anglo-Nederlandse oorlog, in 1654 verdryf deur die Portugese wat die gebied weer by hulle kolonie ingelyf het.

                                     

3.4. Geskiedenis Die Portugese koningshuis in Brasiliaanse ballingskap

Vroeg in die 19de eeu is Brasilie en sy Portugese moederland deur die Napoleontiese Oorloe in Europa geraak. Napoléon Bonaparte se poging om die Verenigde Koninkryk deur middel van n seeblokkade af te sny van toegang tot vastelandse Europese hawens is gedeeltelik gedwarsboom deur Portugal wat – weens sy eeue oue politieke en militêre alliansie met Engeland – alle hawens oop gehou het vir Engelse skepe. Frankryk en Spanje het in die Verdrag van Fontainebleau, wat op 28 Oktober 1807 onderteken is, besluit om Portugal binne te val en die land tussen hulle op te deel.

In die najaar van 1807 het Franse magte, wat deur Spanje ondersteun is, die Portugese grens oorskry. Op 30 November het die Franse besetters Lissabon ingeneem. Die Portugese koningshof het reeds op 27 November uit Lissabon gevlug op pad na die veilige Brasilie. Altesaam 15 000 persone het hulle vergesel. Die Portugese koning Dom João VI het die stadshouder van Lissabon aangewys om die stad sonder verset aan die Franse troepe te oorhandig. Vervolgens het Rio de Janeiro enkele jare lank as hoofstad van die Portugese Wêreldryk gedien.

Die koning se ballingskap was die begin van een van die moeilikste periodes in die Portugese geskiedenis. In die somer van 1808 het Britse magte begin om Napoleon se troepe weer uit die land te verdryf. Oorlogshandelinge het jare lank op die hele Iberiese Skiereiland voortgeduur en is op n indrukwekkende manier gedokumenteer in die Spaanse skilder Francisco de Goya se siklus Desastres de la Guerra.



                                     

3.5. Geskiedenis Betrekkinge met die Verenigde Koninkryk en onafhanklikheid

Brasilie se status is tydelik verhoog tot dié van n verenigde koninkryk onder die Portugese kroon. Na João VI van Portugal se terugkeer na die bevryde Lissabon het die oorblywende koninklike regering in Rio de Janeiro stappe gedoen om die Koninkryk Brasilie te ontbind en sy status weer na kroonkolonie te verlaag. Dit het gelei tot n reeks kleinskaalse konflikte wat bekend staan as die Brasiliaanse Onafhanklikheidsoorlog. Op 7 September 1822 het kroonprins Pedro I van Brasilie later Pedro IV van Portugal onafhanklikheid verklaar en die onafhanklike Koninkryk Brasilie tot stand gebring. n Verdrag, wat die koninkryk se onafhanklikheid erken het, is op 29 Augustus 1825 met die Verenigde Koninkryk en Portugal onderteken.

Aangesien die kroon steeds in die hande van die Huis van Braganza was, het die onafhanklikheid meer n verdeling van die Portugese Ryk in twee dele verteenwoordig en verskil dit ietwat met van die ander onafhanklikheidsbewegings wat elders in die Amerikas voorgekom het.

Die Brasiliaanse Ryk was teoreties n demokrasie volgens die Britse styl, al het die magsverdeling tussen die keiser en die parlement meer ooreenkomste met die destydse Keiserryk Oostenryk gehad. Slawerny is in 1888 afgeskaf deur die "Goue Wet" wat deur Prinses Isabel uitgevaardig is. Grootskaalse immigrasie uit Europa het daarna die basis geskep vir verdere nywerheidsontwikkeling. Pedro I is opgevolg deur sy seun Pedro II - wat op sy oudag vasgevang is in n politiese stryd tussen die weermag en die kabinet, n krisis wat ontstaan het as gevolg van die Paraguayaanse Oorlog. Om n burgeroorlog tussen die weermag en die vloot te voorkom het Pedro II op 15 November 1889 van sy troon afstand gedoen toe n federale republiek tot stand gebring is deur veldmaarskalk Deodora da Fonseca.

In die laat 19de en vroee 20ste eeue het Brasilie meer as vyf miljoen Europese, Arabiese en Japannese immigrante gelok. Die tydperk het dan ook die verdere nywerheidsontwikkeling en kolonisering van die binneland teweeg gebring. Brasiliaanse demokrasie is drie keer omvergegooi en deur diktatorskappe vervang tussen 1930–1934 en 1937–1945 onder die bewind van Getúlio Vargas en tussen 1964–1985 onder opeenvolgende generaals wat deur die militêre bewind aangestel is met die hulp van die Verenigde State.

                                     

3.6. Geskiedenis Republiekwording en die tydperk van die wêreldoorloe

Die eerste Brasiliaanse republiek met n federatiewe grondwet 24 Februarie 1891, die Verenigde State Brasilie Portugees: República dos Estados Unidos do Brasil is deur maarskalk Manuel Deodoro da Fonseca geproklameer, met die Verenigde State van Amerika as sy model. Die republikeinse regerings het die vinnige ontwikkeling van die Brasiliaanse ekonomie bevorder en grenskonflikte met die buurstate is op n vreedsame manier besleg.

Die groot internasionale aanvraag na koffie, een van Brasilie se hoofsaaklike uitvoerprodukte, het aanvanklik die ekonomiese welvaart van dié land verseker en die landbou het hom veral op hierdie gewas toegespits. Weens sterk mededinging van Asiatiese produsente het die plaaslike rubberbedryf egter al in 1914 in n ernstige krisis beland wat uiteindelik die hele ekonomie geraak het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was Brasilie sedert 1917 amptelik n lid van die geallieerde koalisie teen Duitsland, maar het egter geen aktiewe rol by die oorlogshandelinge gespeel nie.

Die aanvraag na koffie het ná die einde van die oorlog skerp gedaal en die politieke stabiliteit is deur rewolusies in die deelstate Sāo Paulo en Rio Grande do Sul bedreig. Tydens die twintigerjare het groot dele van die bevolking daarvoor gepleit om n einde aan die oligargiese regeringstelsel te maak.

Met die tweede krisis van die koffiebedryf in 1930 het die bevolking onder die leiding van Getúlio Vargas, die sogenaamde "Vader van die Armes", in opstand teen die regering gekom en Vargas het die amp van presidentskap oorgeneem. In die eerste maande van sy regering het die Brasiliaanse ekonomie begin herstel. In 1937 is Vargas tot lewenslange president en "welwillende diktator" uitgeroep.

Nadat die Verenigde State druk op hom geplaas het, het Vargas in 1942 oorlog teen Nazi-Duitsland en die ander Spilmoondhede verklaar. n Afdeling van sowat 25 000 Brasiliaanse soldate is na Italie gestuur en het onder meer aan die Slag van Monte Cassino deelgeneem. Ná die oorlog is Vargas deur die Brasiliaanse weermag as president ontslaan.

                                     

3.7. Geskiedenis Die tydperk ná 1945

Net vyf jaar later is Vargas deur die Brasiliaanse volk vir n tweede ampstermyn gekies. Hy het n duidelik Sosialistiese beleid gevolg, maar nadat die Verenigde State en regsgesinde politieke kringe steeds meer druk op hom geplaas het om te bedank, het hy in 1954 selfmoord gepleeg. Sy opvolger Juscelino Kubitschek het saam met die Partido Trabalhista Brasileiro PTB daarin geslaag om buitelandse beleggers na dié land te lok en in die laat vyftigerjare het die Brasiliaanse ekonomie weer vinniger begin groei. President Kubitschek se ambisieuse projek om n nuwe hoofstad Brasília in die sentrum van dié land te stig, het die staatsfinansies erg verswak. Jânio da Silva Quadros het die presidentsverkiesing in 1960 gewen en n beleid van politieke onafhanklikheid veral teenoor die VSA en volhoubare staatsfinansies gevolg. Maar slegs enkele maande nadat hy die ampseed afgelê het, het hy in 1961 ten gunste van sy adjunkpresident Joāo Goulart afgedank.

Met die onbloedige rewolusie van 1964 wat deur n aantal goewerneurs in die deelstate gesteun is, is n einde aan die presidentskap van die links-liberale Goulart gemaak en n militêre bewind het die mag oorgeneem. Brasilie het tot een van die gewildste bestemmings vir internasionale beleggings ontwikkel en n groot aantal multinasionale maatskappye het hulle in dié land gevestig.

Sedert 1985 word Brasilie internasionaal as n demokrasie, en spesifiek n presidensiele demokrasie, erken. Die status is in 1993 deur n volkstemming bevestig, toe die kiesers gevra is om te kies tussen n presidensiele demokrasie of n parlementêre stelsel: kiesers het ook toe besluit om nie dié land se grondwetlike monargie te herstel nie.

In 2009 het Brasilie saam met Rusland, Indie en die Volksrepubliek China die BRIC-organisasie gestig, wat in 2010 Suid-Afrika opgeneem en sy naam in BRICS verander het. In 2014 het Brasilie die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi aangebied, die tweede keer ná 1950. Net twee jaar later is die Olimpiese Somerspele van 2016 in Rio de Janeiro beslis, die eerste in Suid-Amerika en die tweede in Latyns-Amerika ná die Olimpiese Somerspele van 1968 in Meksikostad.

                                     

4.1. Regering en politiek Staatsvorm

Die hoofstad van Brasilie is Brasília. Volgens die grondwet wat in 1988 bekragtig is, is Brasilie n federale presidensiele verteenwoordigende demokratiese republiek, waar die president, wat vir n ampstermyn van vier jaar regstreeks deur die volk verkies word, beide die staatshoof en regeringshoof is en ook die kabinet saamstel. Sedert 1998 mag die president, wat oor verreikende uitvoerende bevoegdhede beskik, vir n tweede ampstermyn herverkies word.

Die Unie se uitvoerende gesag word deur die regering uitgeoefen met die president as hoof. Wetgewende gesag berus by die Nasionale Kongres Congresso Nacional, wat in twee kamers verdeel word. Die 513 afgevaardigdes van die Kamer van Afgevaardigdes van Brasilie Câmara dos Deputados word elke vier jaar verkies in n stelsel van proporsionele verteenwoordiging deur deelstate. Die lede van die Federale Senaat Senado Federal word volgens n meerderheidsstelsel vir n agt-jaar tydperk verkies. Die gewone wetgewende proses vereis deelname van die uitvoerende gesag, wat die reg het om nuwe wetgewing te veto.

Nadat die grondwet aanvanklik n oorgangsklousule behels het, is in 1993 n referendum oor Brasilie se staats- monargie of republiek en sy regeringsvorm presidensiele of parlementêre stelsel gehou. Die kiesers het hulle met n algehele meerderheid vir n republikeinse staatsvorm 87 persent en n presidensiele regeringstelsel 69 persent uitgespreek.

Die administratiewe strukture van die staat is n federasie; Brasilie het egter die munisipaliteite as outonome politiese eenhede ingesluit wat die federasie drieledig maak en die Unie, die deelstate en die munisipaliteite insluit. Die regstelsel is gebaseer op Romeinse Reg.



                                     

4.2. Regering en politiek Politieke ontwikkeling

Brasilie was tussen 1964 en 1985 onder militêre bewind. In hierdie periode het veral indigene Brasilianers slagoffers van menseregvergrype geword, terwyl die ekonomiese ontwikkeling deur n reeks grootskaalse en ekologies onsensitiewe prestige-projekte gekenmerk was – waaronder die grootpad Transamazônica, die waterkragsentrale Itaipú, die kernkragsentrale in Angra dos Reis en talle snelwee. Die ekonomiese gevolge was n reuse-skuldlas Brasilie se buitelandse skulde was die hoogste van alle lande en sukkelende staatsondernemings.

Onder President Bolsonaro en sy minister van onderwys Abraham Weintraub het die krisis in die onderwyssektor drasties vererger nadat die regering sy planne bekend gemaak het om die tersiêre onderwysbegroting met dertig persent te besnoei. n Besuiniging van staatsbesteding vir die primêre en sekondêre onderwyssektor word eweneens oorweeg. As rede word die ekonomiese krisis aangevoer waaronder Brasilie in 2019 verkeer. Kritici beweer dat die besluite ideologies gemotiveerd is nadat universiteite reeds gedurende die verkiesingsveldtog n leidende rol in die opposisiebeweging teen Bolsonaro gespeel het. In Mei 2019 het honderdduisende studente en dosente aan betogings teen die regering se onderwysbeleid deelgeneem.

Ondanks kritiese stemme uit die buiteland en sy omstrede beleid ten opsigte van die ekonomiese ontsluiting van die Amasonereenwoud geniet president Bolsonaro in meningspeilings betreklik groot steun en sal hy na verwagting kann voortgaan met sy ambisieuse hervormingsprogram. So maak Brasilie in 2019 vordering ten opsigte van die regering se vier ekonomiese hoofdoelwitte:

  • die vermindering van burokrasie,
  • die opening van markte,
  • die konsolidasie van staatsfinansies onder meer deur die beoogde hervorming van die land se pensioenstelsel.
  • die privatisering van staatsondernemings soos die energieverskaffer Eletrobras en
                                     

4.3. Regering en politiek Partyestelsel

Alhoewel dié land se demokrasie op n veelpartystelsel berus, beskik Brasiliaanse partye nie oor ideologies gebaseerde programme nie – n gebrek wat van hulle swak regeringspartye maak. Gewoonlik moet hulle ná verkiesings koalisieregerings vorm wat neig om onstabiel en kortstondig te wees. Wetsontwerpe vereis dus onderhandelinge met ander partye.

Die groot aantal kleiner partye, wat in die Brasiliaanse parlement verteenwoordig is, lei net soos korrupsie tot n onstabiele politieke situasie en belemmer daarnaas die administrasie van dié land. In die verkiesings van 2006 het altesaam twintig partye setels in die parlement verower, waarby die vyf grootste partye twee derdes van alle afgevaardigdes op hulle verenig.

                                     

4.4. Regering en politiek Administratiewe verdeling

Brasilie is n federasie wat bestaan uit 26 deelstate en 1 federale distrik, wat n totaal van 27 Federale Eenhede gee.

Die Brasiliaanse deelstate geniet werklike onafhanklikheid ten opsigte van hul regering, wetgewing, openbare veiligheid en belasting. Die regering van n deelstaat word bestuur deur n goewerneur wat met n meerderheidstem verkies word en het ook sy eie wetgewende liggaam.

Elke deelstaat word verdeel in munisipaliteite wat op hul beurt hulle eie wetgewende rade het met n burgemeester, wat outonoom en hierargies onafhanklik is van beide die federale- en deelstaatsregerings. n Munisipaliteit kan ander dorpe buiten die munisipale setels insluit wat nie n aparte regering het nie.

Die regsbank word bestuur vanaf die deelstaat- en federale vlakke binne distrikte wat comarcas genoem word. Een comarca kan verskeie munisipaliteite insluit.

                                     

5. Demografie

Brasilie word deur n uiters onegalige bevolkingsverspreiding gekenmerk, wat sy oorsake in die geografie en historiese ontwikkeling van dié land het. Die digbevolkte kusgebiede van Noordoos- en Suidoos-Brasilie kontrasteer met die binneland, waar die bevolkingsdigtheid skerp afneem. Groot dele van die Amasonebekken is onbewoon. Die geweste Middel-Weste en Noorde, wat naastenby twee derdes van die Brasiliaanse oppervlak verteenwoordig, het minder inwoners as die metropolitaanse gebied van Sāo Paulo.

Brasilie het n gemengde bevolking, wat sedert die vroee 19de eeu onder meer danksy die immigrasie uit Europa en Asie sterk gegroei het. n Groot deel van die blanke inwoners, wat sowat die helfte van die Brasiliaanse bevolking verteenwoordig, is nasate van Portugese immigrante. Ander belangrike groepe wat hulle in dié land gevestig het, is Italianers, Spanjaarde, Duitsers, Oos-Europeers en Japanners.

Die aandeel van die swart bevolking, oorwegend nasate van slawe wat in die tydperk tussen die 16de en 19de eeu uit Afrika ingevoer is, is veral in die noordooste van Brasilie baie hoog. Meer as drie miljoen swartes uit Angola, Nigerie, Benin, Togo, Ghana, Ivoorkus en São Tomé en Príncipe is deur slawehandelaars na Brasilie gebring, voordat die slawehandel in 1850 verbied is. Baie swartes het met die Portugese setlaars vermeng, sodat daar nou ook n groot kleurlingbevolking is.

Die inheemse Indiane is in die loop van die geskiedenis byna uitgeroei. Omtrent 1500 was daar sowat agt miljoen Indiane in Brasilie. Baie van hulle het ook aan ingevoerde siektes beswyk of het met ander etniese groepe vermeng. Tans is daar na ramings sowat 300 000 Indiane.

                                     

5.1. Demografie Tale

Brasilie is die enigste Portugeessprekende land in Suid-Amerika. Die plaaslike variant van die Portugese taal het sy eie karakter ontwikkel en verskil van Europese Portugees ten opsigte van sy uitspraak en – in n mindere mate – sy woordeskat, spelling en grammatika. Portugees is die enigste ampstaal en word deur sowat 97 persent van die bevolking as moedertaal gepraat.

Net 0.1 persent van die bevolking praat nog een van die sowat 180 tradisionele Indiaanse tale, waarvan Guaraní, Tupi en Gês die belangrikstes is. Die twee laasgenoemdes word veral in die Amasonesgebied gebesig, waar die Europese invloed beperk gebly het. In die kusgebiede het die Indiaanse tale byna heeltemal verdwyn, alhoewel Guaraní in die koloniale tydperk hier n groter rol gespeel het.

Belangrike minderheidstale sluit ook immigrantetale soos Duits, Italiaans, Spaans en Japannees in. Buite groot hotelle en die vernaamste toeristebestemmings is Engelse taalvaardighede van Brasiliane beperk. Kommunikasie in Spaans is soms moontlik in die mees suidelike landsdele. Enige kennis van Portugees, hoe beperk dit ook mag wees, is nuttig vir beide toeriste en sakereisigers en word deur inheemses met dankbaarheid aanvaar.

                                     

5.2. Demografie Religie

In 2000 was 73.6 persent van die bevolking Rooms-Katoliek, 15.4 persent Protestant en 7.4 persent ongebonde. Vanwee die sendingwerk van veral Amerikaanse evangeliese groeperings neem die aantal Protestante vinnig toe. Die persentasie Rooms-Katolieke Brasiliane was in 1960 nog 93 persent en het tussen 1980 en 2007 van 89 tot 64 persent afgeneem. Die regering se betrekkinge met die Rooms-Katolieke bly veral weens die aborsie-vraagstuk gespanne nadat president Luiz Inácio Lula da Silva vir n liberalisering van Brasilie se aborsiewette gepleit het.

Daar is ook minderhede van Boeddhiste, Baha’i, Moslems en Jode. Inheemse Indiaanse en Afro-Brasiliaanse religies soos Candomblé en Umbanda speel n belangrike rol. Die omgewing van die hoofstad Brasilia is die sentrum van n aantal esoteriese bewegings.

                                     

5.3. Demografie Etniese samestelling

46 persent van die bevolking is nasate van Portugese, Italiaanse, Duitse en ander Europese immigrante; 43 persent is van gemengde afkoms; 8 persent is swartes en 2 persent van ander afkoms onder wie 0.6 persent Asiate, hoofsaaklik nasate van Japannese immigrante.

Volgens die sensus van 2000 was daar 734 131 Indiane van sowat 200 verskillende volke. Net ses inheemse etniese groepe het meer as 10 000 lede: Guaraní, Ticuna 32 600, Kaingang 28 800, Terena 15 800, Guajajara 13 100 en Yanomami.

                                     

6.1. Ekonomie Land van uiterstes

Dikwels word na Brasilie as n land van uiterstes verwys, nie net vanwee sy grootheid en uitgestrektheid nie. Met n bevolking van meer as 200 miljoen is die land die wêreld se vierde grootste demokrasie en, met n bruto binnelandse produk van meer as VSA-$2 000 miljard ook een van die tien grootste ekonomiee en nywerheidslande. Brasilie is die derde grootste netto-uitvoerder van landbouprodukte en sal volgens n beraming van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie FAO omstreeks 2025 die Verenigde State verbysteek om die eerste plek in te neem.

Brasilie is selfvoorsienend wat ru-olie betref – terwyl nuwe reserwes in die vroee 21ste eeu onder die donker dieptes van die Suidelike Atlantiese Oseaan ontdek is wat van die land omstreeks 2020 moontlik n netto-uitvoerder van olie sal maak. Desondanks is Brasilie al dekades lank n wêreldleier op die gebied van plantaardige brandstowwe ook bio- of agro-brandstof genoem. Die helfte van alle voertuie in die land word aangedrewe deur etanol wat uit suikerriet ontgin is. Brasilie se per capita-varswaterreserwes is die grootstes ter wêreld.

                                     

6.2. Ekonomie Kenmerke

Brasilie het met sy groot en goed ontwikkelde landbou-, mynbou-, vervaardiging- en diensverskaffingsektore en sy groot arbeidsmag die grootste BBP van al die Latyns-Amerikaanse lande en is die kernekonomie van Mercosur, die Suid-Amerikaanse Doeane-unie. Met n bruto binnelandse produk BBP van 1 400 miljard VSA-$ was Brasilie in 2007 die tiende grootste ekonomie ter wêreld. Die BBP per capita het in dieselfde jaar 7 600 VSA-$ beloop. Die dienstesektor het met 64 persent die belangrikste bydrae tot die BBP gelewer, terwyl die nywerheidsektor sowat 30 en die landbousektor 6 persent bygedra het. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank het Brasilie die negende grootste ekonomie in die wêreld ten opsigte van koopkragpariteit en die elfde grootste ten opsigte van handelsvolumes. Brasilie het sy middelklas ekonomie gediversifiseer met n wyd uiteenlopende ontwikkelingsvlakke. Die meeste groot industriee is gevestig in die Suide en die Suidooste. Die Noordooste is die armste streek van Brasilie, maar nuwe beleggings begin daarheen vloei.

Dié land het die afgelope jare sy teenwoordigheid in wêreldmarkte verbreed. Hoofuitvoerprodukte sluit vliegtuie, koffie, voertuie, sojabone, ystererts, lemoensap, staal, tekstiele, skoene en elektriese toerusting in. Brasilie het daarnaas ook voordeel uit die prysverhogings vir natuurlike hulpbronne getrek en was danksy die stewige handelsoorskot in staat om sy buitelandse skuldlas te verminder. Die monetêre beleid, wat op stabiliteit gemik is, het inflasiesyfers aansienlik verlaag.

Die BBP het in 2007 met 5.4 persent gegroei en die regering het vroeg in 2007 n program van stapel gestuur wat die ekonomiese groei verder sal aanwakker, die sogenaamde PAC – Programa de Aceleração do Crescimento. Tot in 2010 is beleggings ter waarde van meer as 500 miljard reais naastenby 200 miljard € in veral infrastruktuurprojekte beplan. Staatsbeheerde en privaatondernemings sal die grootste bedrae belê, terwyl die staatsektor 68 miljard reais sal bydra.

Brasilie het die gevorderdste nywerheidsektor in Latyns-Amerika. Die nywerheidsektor maak ongeveer n derde van die BBP uit en sluit n wye verskeidenheid nywerhede in wat wissel van motorvoertuie, staal en petrochemikaliee tot rekenaars, vliegtuie en verbruiksgoedere. Brasilie was in 2001 die sesde belangrikste produsent van koelkaste 3.4 miljoen eenhede, die sewende belangrikste produsent van televisietoestelle 5.5 miljoen eenhede en die elfde belangrikste produsent van motors 1.5 miljoen eenhede ter wêreld.

Met die verhoogde stabiliteit van die Plano Real, het Brasiliaanse en multinasionale ondernemings hul beleggings in nuwe toerusting en tegnologie drasties verhoog. n Groot hoeveelheid van hierdie beleggings is afkomstig vanaf Noord-Amerikaanse ondernemings. Brasilie het ook n diverse en gesofistikeerde diensteverskaffingssektor. Tydens die 1990s het die bankwese soveel as 16% tot die BBP bygedra. Ten spyte van die feit dat die finansiele dienstesektor n groot opknappingsproses ondergaan, verskaf dit n wye reeks dienste en lok dit verskeie nuwe spelers in die mark. Die effektebeurse van São Paulo en Rio de Janeiro is ook in die proses van konsolidasie.

Alhoewel Brasilie se ekonomie progressief is en baie belangrik vir die streek is, is die probleme wat met korrupsie, armoede en ongeletterdheid gepaard gaan, steeds groot struikelblokke vir verdere ontwikkeling.

                                     

6.3. Ekonomie Huidige verwikkelinge

Na vele dekades van hoe inflasie en verskeie pogings om dit te beheer, het Brasilie in Julie 1994 n ekonomiese stabiliseringsprogram onderneem, die Real Plan, tydens die administrasie van Itamar Franco. Die inflasiekoers wat byna 5 000% bereik het aan die einde van 1993, het skerp gedaal en in 1998 n laagtepunt van 2.5% bereik. Die bekragtiging van die Fiskale Verantwoordelikheidswet in 2000 het die fiskale dissipline van die plaaslike en federale regerings verbeter al was dit ten koste van broodnodige belegging in infrastruktuur en verbetering van maatskaplike dienste. Tydens die bewind van Fernando Henrique Cardoso 1995–2002, het die regering pogings aangewend om die staatsgedomineerde ekonomie om te skakel na n meer markgedrewe een. Die Kongres het verskeie wysigings tot wetgewing goedgekeur om die ekonomie meer toeganklik te maak vir verhoogde deelname deur die privaatsektor en die betrokkenheid van buitelandse beleggers aan te moedig. Teen die einde van 2003 het Brasilie se privatiseringsprogram, wat die verkoop van staal-, elektrisiteits- en telekommunikasiefirmas ingesluit het, meer as $90 miljard ingevorder.

In Januarie 1999 het die Brasiliaanse Sentrale Bank aangekondig dat die Real nie meer teen n vaste koers teen die Amerikaanse dollar sou verhandel nie; n stap wat n grootskaalse devaluasie van die Brasiliaanse geldeenheid meegebring het. Die ekonomie het in 2000 met 4.4% gegroei en 1.3% in 2001. In 2002 het gerugte dat die presidensiele kandidaat wat as die gunsteling beskou was om te wen, Luis Inácio Lula da Silva, nie Brasilie se skuld sou eerbiedig nie, gelei tot n vertouenskrisis wat veroorsaak het dat die ekonomie begin agteruitgaan het. Na hy egter verkies is, het Lula sy voorganger se ekonomiese beleid bly volg. In 2003 het president Lula streng maatreels gevolg en inflasie beheer en surplusse op die lopende rekening nagestreef om sodoende Brasilie se skuldverpligtinge na te kom.

Na n toename van 0.5% in die BBP in 2003 het Brasilie n sterk groei van 4.9% in 2004 getoon wat ietwat afgeneem het tot 2.3% in 2005; internasionale ekonomiese groei en gevolglike verhogings van uitvoere het bygedra tot hierdie prestasie.

                                     

6.4. Ekonomie Ekonomiese ontwikkeling in 2019

Danksy suksesvolle privatiserings en die uitreiking van kommersiele konsessies is in die eerste ses maande van 2019 bykomende beleggings ter waarde van R$8.7 miljard ZAR 31.3 miljard gemaak. 71 persent van die verwagte totale staatsinkomste belastinginkomste vir 2019 kon reeds in die eerste halfjaar ingevorder word.

Die groei van die formele arbeidsmag het in Augustus begin versnel, terwyl die inflasiekoers met omstreeks 3.6 persent redelik laag bly. Die Brasiliaanse Reserwebank was sodoende in staat om die rentekoers tot ses persent te verlaag - n nuwe rekordsyfer.

                                     

6.5. Ekonomie Kwelvrae

Die ekonomie staar steeds ernstige uitdagings in die gesig en belangrike hervormings moet nog geïmplementeer word. Ernstige probleme met betrekking tot swak infrastruktuur, inkomsteverdeling, lae kwaliteit openbare dienste, korrupsie, sosiale konflikte en regeringsburokrasie dreig om ekonomiese groei te kniehalter. Die interne openbare skuldlas het n hoogtepunt bereik en openbare uitgawes is ook verhoog. Belastings verteenwoordig reeds n noemenswaardige deel van die nasionale inkomste en is n swaar las vir alle sosiale klasse en verlaag die geleenthede vir belegging. Verder word entrepreneurskap in die wiele gery deur hoe lisensiekostes en komplekse goedkeuringsprosesse. Die huidige ekonomiese groei is laer as dié van vergelykbare Latyns-Amerikaanse lande, asook dié van die Volksrepubliek China en Indie. Brasilie het elf posisies op die Wêreldekonomiese Forum se ranglys vir Groei Mededingendheidsindeks gesak tussen 2003 tot 2005.

Brasilie se landbousektor trek voordeel uit die stygende wêreldmarkpryse vir onder meer vleis en soja en dié land het tot een van die grootste uitvoerders van landbouprodukte ter wêreld ontwikkel. Die uitbreiding van veeteelt en sojaverbouing het egter rampsalige gevolge vir die Brasiliaanse reenwoud. Volgens amptelike statistieke is tussen Augustus 2003 en Augustus 2004 meer as 26 000 vierkante kilometer se tropiese woud afgekap om plek te maak vir sojavelde.

Die probleem van grootskaalse ontbossing, wat bydra tot die heersende koers van globale verhitting, het gedurende die presidentskap van Luis Inácio Lula da Silva nog vererger. Volgens natuurbewaringsorganisasies beloop die jaarlikse verlies aan bosgebiede as gevolg van kap-en-brand-praktyke, houtontginning, sojaverbouing, veeteelt en padbou nou jaarliks byna 30 000 vierkante kilometer.

                                     

6.6. Ekonomie Geldeenheid

Brasilie se huidige geldeenheid is die Brasiliaanse real meervoud: Reais, simbool: R$. Daar is banknote ter waarde van R$1 wat geleidelik ten gunste van muntstukke uitgefaseer word, R$2, R$5, R$10, R$20, R$50 en R$100. Vanwee die hoe inflasiekoerse van die verlede word tans net beelde van Brasiliaanse diere op die banknote gebruik – die vroeere hiperinflasie en gereelde vervanging van banknote het daartoe gelei dat afbeeldings van bekende persoonlikhede uit die Brasiliaanse geskiedenis as minder geskik geag is, aangesien die snel wisselende ontwerpe nie meer as n verering sou kon beskou word nie.

Real-muntstukke in verskillende groottes en kleure word ter waarde van 1, 5, 10, 25 en 50 Centavos en 1 Real geslaan.

As gevolg van die hoe inflasiekoerse gedurende die 1980s en vroee 1990s was dié land gedwing om sy geldeenheid verskeie kere te verander. Tot in 1986 was die Brasiliaanse cruzeiro in gebruik; in hierdie jaar is drie nulle volgens n ekonomiese hervormingsplan geskrap en n nuwe geldeenheid, die cruzado, ingevoer. Enkele jare later is nog eens drie nulle geskrap by die invoering van nog n nuwe geldeenheid, die cruzado novo "nuwe cruzado". In 1990 is die cruzado novo met die herinvoer van die cruzeiro uitgefaseer, maar as gevolg van die heersende hiperinflasie is ook by hierdie geldeenheid in 1993 weereens drie nulle geskrap om die cruzeiro real in te voer.

Met n nuwe monetêre beleid is die huidige geldeenheid Real in 1994 ingevoer. Die jaarlikse inflasiekoerse het sedertdien duidelik afwaarts gebeur, en Brasiliane het nou aan n stabiele geldeenheid gewoond geraak. Op 10 April 2018 was 1 Brasiliaanse real se waarde gelyk aan ZAR3.53.

                                     

6.7. Ekonomie Handel met Suid-Afrika

Die aansienlike uitbreiding van die volume van die sogenaamde Suid-Suid-handel was een van die merkwaardigste verskynsels in vroee 21ste eeuse wêreldekonomie. So is ook handels- en beleggingsbande tussen Suid-Afrika en Brasilie – die leidende ekonomiese moondhede op hulle vastelande – aanmerklik verstewig. Ondanks enkele terugslae soos die wêreldwye finansiele krisis in 2008/2009 en n geskil oor Brasiliaanse vleisuitvoere na Suid-Afrika het die twee lande verskillende komparatiewe voordele in die internasionale handel dit wil sê elkeen kan bepaalde goedere en dienste goedkoper en doeltreffender vir die wêreldmark verskaf wat baie geleenthede vir tweerigtinghandel en beleggings bied. Brasilie is vir Suid-Afrika reeds die belangrikste handelsvennoot in Latyn-Amerika – al het dit in 2009 nog slegs een persent van die RSA se totale buitelandse handel verteenwoordig. Suid-Afrika voer hoofsaaklik masjiene en uitrusting, minerale en chemiese produkte na Brasilie uit en voer dierprodukte, voedsel en tabakprodukte van daar in.

                                     

7. Sosiale en ekologiese vraagstukke

Ten spyte daarvan dat Brasilie n groot land is wat ryk is aan natuurlike hulpbronne en n baie groot ekonomie, leef meer as 22 miljoen Brasiliane in klaaglike armoede. Die syfer is baie hoer as diegene wat in betreklike armoede leef ook by die syfer ingesluit word. Dit is n kritiese kwessie en word deels toegeskryf aan dié land se ekonomiese wanverdeling, een van die hoogste ter wêreld volgens die Gini-koeffisientindeks. Armoede in Brasilie is die sigbaarste in die talle favelas, n groot aantal krotbuurte in dié land se metropolitaanse gebiede en ook op die afgelee platteland waar daar bitter min ekonomiese en maatskaplike vooruitgang plaasvind. Die Noordoostelike streek het kroniese probleme vanwee die halfwoestynklimaat in die binneland en die periodieke droogtes beïnvloed miljoene mense.

Die mees onlangse pogings om hierdie probleme aan te pak is uitgevoer deur president Luiz Inácio Lula da Silva, wat n program genaamd Fome Zero voorgestel het om hongersnood uit te wis en het n begroting saamgestel vir handjievol programme vir die verspreiding van welvaart, daar is egter baie bespreking en kritiek oor die doeltreffendheid van die stappe.

In die afgelope 12 jaar is Brasilie se belastingkoerse geleidelik opgestoot van rondom 28% van dié land se BBP tot meer as 37%. Ten spyte hiervan was daar onvoldoende en in sommige gevalle geen verbetering in openbare dienste wat deur federale of die meeste deelstaats- en munisipale regerings verskaf word nie.

Ongeveer 16 miljoen mense in Brasilie word amptelik as ongeletterd beskou.

                                     

7.1. Sosiale en ekologiese vraagstukke Geweld as determinant in Brasilie se kultuur en leefstyl

Geweld was van die begin van die Europese kolonisasie af n draad wat deur die Brasiliaanse geskiedenis geloop het - aanvanklik geïnstitusionaliseer in slawerny, waarby Brasilie die laaste westerse land was wat dit afgeskaf het. Slawerny as die gewdwonge verskuiwing van mense, kulture en leefstyle van een vasteland na n ander het van Brasilie n multi-etniese sameglewing gemaak. Maar selfs ná die afskaffing van slawerny het onderdrukking en geweld n donker skadu oor die hele Brasiliaanse samelewing gegooi wat ook vandag nog dikwels in die land se rasseverhoudinge weerspieel word - soms op n baie subtiele manier, soms as openlike diskriminasie.

Al is Brasilie n volwaardige demokrasie waarin alle burgers gelyke regte het, ervaar swart Brasilianers nog baie vorme van sosiale ongelykheid en benadeling - in die land se regstelsel, gesondheidssorg, lewensverwagting, toegang tot onderwys, werksgeleenthede en bepaalde vorme van vryetydsbesteding. Soos velkleur in skakerings wissel, word die pyn van diskriminasie in verskillende grade ervaar.

Nogtans het die Brasiliaanse samelewing op verskillende terreine n inklusiewe benadering tot ras, etnisiteit en klas bevorder. So het kulturele verskynsels, wat aanvanklik beperk was tot swart gemeenskappe, deel van die Brasiliaanse hoofstoomkultuur geword - soos byvoorbeeld capoeira, n danskultuur wat oorspronklik deur swart slawe as n soort gevegskuns ontwikkel is, maar intussen ook aanklank by ander etniese groepe vind; die godsdiens candomblé; samba-dans; en sokker.

                                     

7.2. Sosiale en ekologiese vraagstukke Misdaad

In die afgelope paar dekades het misdaad dwarsoor Brasilie handuit geruk. Brasiliaanse moordsyfers is vier keer hoer as dié in die VSA en die meeste misdaad bly onopgelos. Misdaad op straat verteenwoordig n groot kopseer vir plaaslike inwoners, veral in die aande waar rooftogte op die plattelandse paaie algemeen is. In Rio de Janeiro word die misdaadsituasie as krities beskou. Skietgevegte in die krotbuurte tussen die polisiemagte en kriminele of tussen kriminele bendes gebeur dikwels en neem dikwels die afmetings van guerilla-oorloe aan. Die munisipale regering het geen beheer in die krotbuurte nie, wat dikwels deur dwelmhandelaars regeer word. Ontvoerings kom ook algemeen in Brasiliaanse stede voor en dié land het een van die hoogste ontvoeringsyfers wêreldwyd.

Op 20 Augustus 2007 het die destydse president Luiz Inácio Lula da Silva n nuwe regeringsprogram aangekondig wat op doeltreffende misdaadbestryding gemik was. Oor n tydperk van vyf jaar het die Brasiliaanse regering sowat 6.7 miljard R$ 24.8 miljard ZAR bestee vir die oprigting van 160 nuwe gevangenisse, die verbetering van polisiemanne en -vroue se werksomstandighede en sosiale maatreels. Die program het die indiensneming van meer polisiepersoneel en n verbeterde opleiding behels, maar ook die bestryding van armoede in die krotbuurte van Brasiliaanse metropole wat die ergste onder misdaad ly. Dit was die eerste keer dat Brasilie n poging aangewend het om misdaad ook met sosiale maatreels onder beheer te kry.

                                     

7.3. Sosiale en ekologiese vraagstukke Pesdoders

Net soos die Amerikaanse president Donald Trump geniet ook Brasilie se staatshoof Jair Bolsonaro die steun van groot agribesighede en chemiese ondernemings wat pesdoders vervaardig. Terwyl die gebruik van omstrede pesdoders in Brasilie reeds in die tydperk tussen 1990 en 2016 met 770 persent gegroei het, is toelatingsvereistes vir nuwe pesdoders vroeg in 2019 verder verslap en 290 nuwe produkte toegelaat - ondanks die feit dat sowat veertig persent van die land se pesdoders deur Greenpeace as "hoogs giftig" beskryf word en 32 persent daarvan in die Europese Unie verbode is. Glifosaat, die mees gebruikte pesdoder op die Brasuiliaanse mark, is in baie ander lande reeds verbied.

Mense en diere betaal n hoe prys vir die regering se onverantwoordelike beleid. Die Brasiliaanse Departement van Gesondheid het in 2018 15 018 gevalle van pesdodervergiftigings vermeld - maar erken dat die ware syfer merkbaar hoer kan wees. In die eerste maande van 2019 het 500 miljoen heuningbye in Suid-Brasilianse deelstate gesterf.

                                     

8.1. Boukuns Tropiese modernisme

Toe die befaamde argitek Le Corbusier in 1929 sy eerste besoek aan Rio de Janeiro gebring het, was Brasilie vir hom n opwindende land – alhoewel dit vir hom in baie opsigte nog agterlik was. Hy het hier enkele lesings gehou vir n klein sirkel van goed opgeleides wat oor die nodige kennis van Frans beskik het. Hierdie groep bevoorregtes het die Brasiliaanse argitekte Lucio Costa en Oscar Niemeyer ingesluit – twee sleutelpersone vir n latere argitektoniese stroming waarna as Brasiliaanse of Tropiese modernisme verwys sou word.

Costa en Niemeyer se eerste opspraakwekkende projek was die Brasiliaanse pawiljoen vir die wêreldtentoonstelling wat in 1939 in New York Stad gehou is. Vier jaar later het hulle groot belangstelling by argitekte in die Noordelike Halfrond gewek met hul uitstalling Brazil Builds wat deur die Museum of Modern Art georganiseer is. Onder dieselfde naam is vervolgens n reisende uitstalling in Europese lande aangebied. Die beplanning en bou van n nuwe hoofstad vir Brasilie gedurende die 1950s, Brasília, was die grootste projek van sy soort wat ooit verwesenlik is en onlosmaaklik verbind word met Costa en Niemeyer. Brasília was die hoogtepunt van Brasiliaanse modernisme, maar tragies ook sy einde. Die militêre bewind, wat in Brasilie vanaf die 1960s geregeer het, het baie bekende persoonlikhede, onder wie argitekte soos Niemeyer, in ballingskap gedwing.

                                     

9. Sport

Sokker is die nasionale sport van Brasilie en ook die gewildste een. Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan is een van die wêreldwyd beste en het die FIFA Sokker-Wêreldbeker vyf keer gewen 1958, 1962, 1970, 1994 en 2002, n algehele rekord. Brasilie het dié toernooi tot dusver ook twee keer aangebied in 1950 en 2014, maar kon albei nie wen nie. Verskeie sportsoorte soos strandsokker, futsal en footvolley het as variasies van sokker in Brasilie ontstaan.

Vlugbal, basketbal, motorrenne en vegkuns lok ook groot gehore. Vegkunste soos Capoeira, Vale tudo en Brasiliaanse jiu-jitsu het hul oorsprong in Brasilie en word net deur sokker in gewildheid oortref.

Rugby word in Brasilie sedert 1888 gespeel, solank as wat sokker in dié land beoefen word, maar rugby het nooit die aandag ontvang wat sokker geniet nie. Rugby is een van die snelgroeiende sportsoorte in Brasilie en word veral aan universiteite beoefen. Die Brasiliaanse nasionale rugbyspan, bekend as die Tupis, kon tot dusver nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie, maar is tans Suid-Amerika se vierde sterkste span ná Argentinie, Uruguay en Chili.

In motorwedrenne kon drie Brasiliane die Formule Een tot dusver ag keer wen: Emerson Fittipaldi twee 1972 en 1974, Nelson Piquet drie 1981, 1983 en 1987 en Ayrton Senna drie 1988, 1990 en 1991. Sedert 1972 word die Brasiliaanse Grand Prix oorwegend op die Interlagos-renbaan in São Paulo gehuisves.

Rio de Janeiro het die Olimpiese Somerspele van 2016 gehuisves, die eerste in Suid-Amerika en die tweede in Latyns-Amerika na die Olimpiese Somerspele van 1968 in Meksikostad. Aansluitend het dié stad ook die Paralimpiese Somerspele van 2016 aangebied, die eerste in beide Latyns- en Suid-Amerika.

                                     

10. Bekende Brasiliane

  • Carmen Miranda, sangeres en akteur
  • Paulo Coelho, skrywer
  • Ayrton Senna – Formule Een-renjaer
  • Joaquim Maria Machado de Assis, skrywer
  • Emídio Brasileiro, skrywer
  • Lucio Costa, argitek en stadsbeplanner
  • Oscar Niemeyer, argitek
  • Alessandra Ambrósio, model
  • Adriana Lima, model
  • Rubens Barrichello – Formule Een-renjaer
  • Pelé, sokkerspeeler
  • Fernando Meirelles, filmregisseur
  • Filipe Massa – Formule Een-renjaer
  • Gisele Bündchen, model
                                     

11. Eksterne skakels

Ensiklopediese inligting en media
  • en Toerisme-inligting oor Brasilie op Wikivoyage
  • en CIA Wêreldfeiteboek
Amptelike webwerwe
  • pt Portal do Governo Brasileiro - Webwerf van die Brasiliaanse regering
Toerisme
  • Visit Brasil - Embratur | Brazilian Tourist Board
                                     
  • Brasilië bestaan uit 26 deelstate Portugees: estados en die federale distrik Distrito Federal
  • Die nasionale vlag van Brasilië is op 11 Mei 1992 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon n blou skyf waarin n sterrenag afgebeeld word met n geboë
  • Die Christelike Gemeente in Brasilië Portugees: Congregação Cristã no Brasil is n evangeliese denominasie wat deur die Italiaans - Amerikaanse sendeling
  • Nederlands - Brasilië Nederlands - Brazilië of Nieu - Holland Nieuw - Holland was n Nederlandse kolonie in die 17de eeu, van 1630 tot 1654. Brasilië is oorspronklik
  • Hierdie galery van die vlae van state van Brasilië wys die vlae van die 26 Brasiliaanse state asook die federale distrik. Acre Alagoas Amapá Amazonas Bahia
  • Die President van Brasilië Portugees: Presidente do Brasil amptelik die President van die Federale Republiek van Brasilië Portugees: Presidente da
  • Amazonas is die grootste, maar ook mees geïsoleerde deelstaat van Brasilië met 1 570 745, 680 km² en 3 480 937 inwoners 2010 Die hoofstad en grootste
  • Natal is n stad in die noordooste van Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Rio Grande do Norte. Die stad het n bevolking van 810 780 gehad in 2011
  • Dom Pedro, Keiser van Brasilië Pedro I en Koning van Portugal Pedro IV 12 Oktober 1789 tot 24 September 1834 het Brasilië onafhanklik verklaar en
  • Habsburgo. As n seun van vyf het Pedro die Keiser van Brasilië geword, net nadat sy vader Pedro I van Brasilië geabdikeer het om n politieke en militêre oorlog
  • Rugbykonfederasie Portugees: Confederação Brasiliera de Rugby beheer. Brasilië is een van die stigterslede van CONSUR, nou bekend as Súdamerica Rugby

Users also searched:

...