Back

ⓘ Hidrouliese kapasitansie




                                     

ⓘ Hidrouliese kapasitansie

Die hidrouliese kapasitansie is in die plantkunde n maat vir die sukkulensie van vetplante. Dit is gedefinieer as die verhouding van die volumeverandering en die verandering in waterpotensiaal:

C h i d r o u l i e s = Δ V Δ Ψ {\displaystyle C_{hidroulies}={\frac {\Delta V}{\Delta \Psi }}}

Die grootheid se eenheid is m L M P a {\displaystyle {\frac {mL}{MPa}}}

Dit is nogtans nuttiger en gebruikliker om die relatiewe hidrouliese kapasitansie te gebruik:

C h i d r, r e l = C h i d r o u l i e s V {\displaystyle C_{hidr,rel}={\frac {C_{hidroulies}}{V}}}

Hierdie grootheid se eenheid is M P a − 1 {\displaystyle MPa^{-1}}

Sukkulente plante het gewoonlik n hoe relatiewe hidrouliese kapasitansie. Hulle kan baie water opneem en opswel sonder veel toename van die waterpotensiaal.

                                     

1. Die selwand se modulus

n Verwante grootheid wat soms aangewend word is die sel se volumetriese elastisiteitsmudulus ϵ {\displaystyle \epsilon }:

ϵ = Δ Ψ p Δ V / V {\displaystyle \epsilon ={\frac {\Delta \Psi _{p}}{\Delta V/V}}}

Hierde grootheid het die eenheid MPa en is amper die inverse van die relatiewe hidrouiese kapasitansie, maar niet heeltemal nie omdat ϵ {\displaystyle \epsilon } strik n eienskap van die selwand is en nie van die selinhoud nie.