Back

ⓘ Henri Comrie




                                     

ⓘ Henri Comrie

Henri Comrie is n Suid-Afrikaanse argitek. Saam met sy vennoot Chris Wilkinson het hy die Gordonsinstituut, ’n universiteitskapel in Vereeniging en die stedelike konteks van die Kaapse Millennium-stadion ontwerp. Hulle is ook vir die hernuwing van die Kaapse stasie en die ontwerp van verskeie kontemporêre woonhuise verantwoordelik.

Henri Pierre Comrie is op 22 Desember 1965 in Pretoria gebore. In 1991 ontvang hy n Baccalaureusgraad in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria. In 1996 ontvang hy n meestersgraad in stadsontwerp Universiteit van die Witwatersrand en in 2003 n PhD in stadsontwerp van die Universiteit van Greenwich.

Hy het talle pryse vir sy ontwerpe ontvang,onder andere:

  • 2013: Sol Plaatje Universiteit akademiese geboue
  • 2009: Gordonsinstituut fase 2
  • 1995: SWABOU-gebou in Namibie
  • 1995: PFG-gebou
  • 1998: Melrose Arch
  • 2008: Kantore vir die Premier van die Oos-Kaap
  • 2006: Kapel van lig