Back

ⓘ Hawker Fury




Hawker Fury
                                     

ⓘ Hawker Fury

Die Hawker Fury was n Britse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die 1930s tot aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die eerste Britse vliegtuig wat vinniger as 200 mpu kon vlieg. Die vliegtuig se ligte, sensitiewe beheermeganismes was gewild onder die vlieeniers en die vliegtuig is ook gebruik vir lugvertonings en kunsvlieg.

Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 25 Maart 1931 en is in diens gestel in Mei 1931 in die Britse Lugmag. Die Mk II is in 1937 in diens gestel, dit het die kragtiger Kestrel VI enjin gehad. Dit was n tydelike maatreel tewyl daar gewag was vir die Hawker Hurricane. Die Fury Mk II was tien persent vinniger as die Mk I maar het n korter togafstand gehad. Die Fury was Brittanje se hoofvegvliegtuig in die dertigerjare en is eers vanaf 1937 vervang met Gloster Gladiators. Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, was daar nog 50 Furys in diens.

Die Hawker Fury was verskaf aan Suid-Afrika, Spanje, Noorwee, die destydse Persie, Portugal en Joego-Slawie. Drie eskaders van Suid-Afrikaanse Lugmag Furys het diens gedoen in Oos-Afrika terwyl die vliegtuie van Joego-Slawie teen die Luftwaffe geveg het gedurende die Duitse inval in 1941. Die Mk Is verskaf aan Persie was toegerus met Pratt & Whitney of Bristol Mercury stermotors.