Back

ⓘ Hoender Kiëf




Hoender Kiëf
                                     

ⓘ Hoender Kiëf

Hoender Kief is ’n gereg van hoenderfilette wat plat gekap, om koue botter gerol en met eiers en broodkrummels bedek word. Dit word dan óf gebraai óf gebak. Dit is veral gewild in die state van die voormalige Sowjetunie en Oosblok, sowel as Engelssprekende lande.

                                     

1. Variasies

Hoender Kief word gemaak van hoenderborsies met die been in wat in die lengte gesny en plat gekap word. Soms word dit sonder die been berei. In die Weste word dikwels knoffelbotter gebruik, maar in Russiese resepte gewone botter. Kruie pietersielie en dille kan by die botter gevoeg word. In sommige lande word die botter deur bloukaas vervang.

In die Weste is ’n weergawe met ’n vulsel van kaas en ham in plaas van botter gewild; dit word dikwels hoender Cordon Bleu genoem.

                                     

2. Bronne

  • Anne Volokh 1983. The Art of Russian Cuisine. New York: MacMillan.
  • Andrew F. Smith, red. 2004. Oxford Encyclopedia of Food and Drink in America. 2. New York: Oxford University Press.
  • Martin Miller-Yianni 2011. 100 Essential Recipes from Bulgaria. Lulu.com. ISBN 978-1-44675-384-2.
                                     

3. Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hoender Kief.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Resepte

  • af sarie.com: Hoender Kief - resep vir 2 porsies