Back

ⓘ Broeisorg




                                     

ⓘ Broeisorg

Die gedrag wat diere openbaar om die lewenskanse van hul nageslag so groot moontlik te maak, word broeisorg genoem.

Die wyse waarop verskillende diersoorte vir hul kleintjies sorg, is uiteenlopend. Alle grade van sorgsaamheid kom in die diereryk voor. In baie gevalIe speel die vader net so n belangrike rol soos die moeder.

                                     

1. Eierlêende diere

Baie eierlêende diere lê hul eiers tydens paring uitwendige bevrugting of enige tyd ná paring. Dikwels word die eiers nie deur die ouers versorg nie en die kleintjies moet dan self sien kom klaar. Hoewel baie van die pas uitgebroeide diertjies nie oorleef nie, bly daar gewoonlik genoeg van hulle aan die lewe om die voortbestaan van die spesie te verseker.

Nadat die vlinder haar eiers gelê het, bekommer sy haar nie verder oor die ruspes wat uitkom nie. Die larwe van die seekastaiing word ewe min versorg en dryf as plankton in die see rond. Die meeste visse, amfibiee en reptiele versorg ook nie hul nageslag nie.

Tog kan daar by sulke diere soms wel van sorg gepraat word, in dié sin dat hul Iê hul eiers in n gunstige tyd of omgewing lê. Die vlinder soek byvoorbeeld n goeie voedsel plant vir haar larwes en die skilpad lê haar eiers in n gat waar hulle nie maklik deur eier-etende diere opgespoor kan word nie. Hierbenewens kom daar egter by die meeste ander soorte diere talle vorme van ware broeisorg voor. Soms word die eiers deur een of albei die ouers bewaak of selfs deur albei ouers uitgebroei. In sommige gevalle waar die kleintjies lewend gebore word, word hulle of selfstandig gebore of nog n tyd lank deur die ouers versorg. Die versorging vind plaas in n buidel, in n nes of terwyl die kleintjies saam met die ouers loop of swem.

Byna alle soorte broeisorg kom verspreid in die diereryk voor en nie een van hulle is kenmerkend vir n bepaalde soort nie. Nie net soogdiere is byvoorbeeld lewendbarend nie, maar ook party visse en baie ongewerwelde diere, soos bladluise en sommige vliee. Selfs lewendbarende reptiele, naamlik slange en akkedisse, is nie n seldsame verskynsel nie. Sekere soorte diere laat die sorg van hul kleintjies aan ander oor. Hiervan is die koekoek, wat sy eier in n ander voel se nes lê, die bekendste voorbeeld.

Bittervissies Rhodeus amarus lê hul eiers in soetwatermossels, wat die eiers van genoeg suurstof voorsien.

Sluipwespe lê hul eiers in ruspes, en die larwe van die lewerwurm n parasitiese wurm wat die lewers van skape en beeste aantas lewe in poelsakke. Ontwikkeling in buidels kom nie net by buideldiere onder Marsupiale soos die kangeroe, voor nie, maar ook by visse, soos die seeperdjie en die seenaald.

                                     

1.1. Eierlêende diere Voorbeelde van broeisorg by holtediere

Holtediere phylum Coelenterata tref n mens alle moontlike vorme van voortplanting aan: geslagtelik sowel as ongeslagtelik, met en sonder broeisorg. So byvoorbeeld ontwikkel die eiers van seeanemone volledig binne die liggaam van die vroulike dier. Geboorte vind dan plaas deurdat die kleintjies deur die enigste liggaamsopenning wat tegelyk mond, anus en geslagsopening is na buite gestoot word. Ondanks hul eenvoudige bou en hul beperkte beweeglikheid, ken dié diere dus n goed ontwikkelde vorm van broeisorg. Die kleintjies heg hulself spoedig vas en is dadelik in staat om klein prooidiertjies te vang.

Die platwurm Mesostomum lê twee soorte eiers. Die sogenaamde somereiers bevat min dooier en ontwikkel baie vinnig. Reeds ná drie dae kan die kleintjies vry in die baarmoeder van die ouerdier rond beweeg. Hulle word via die geslagsopening vrygelaat. Die wintereiers het n stewiger dop en bevat meer dooier. Hulle bly in die baarmoeder van die ouer dier totdat dié doodgaan.

Die suigwurm klas Trematoda van die genus Gyrodactylus het n heel ander vorm van broeisorg ontwikkel. Daar is één eiersel wat ná bevrugting tot ontwikkeling kom, maar binne die embrio ontwikkel n tweede eiersel sonder dat aparte bevrugting plaasgevind het. Die kleintjie word dus as t ware swanger gebore. n Mens noem dit poli-embrionie. Daar is baie soorte insekte phylum Arthropoda wat kleintjies lewend in n larwestadium in die wêreld bring.

                                     

1.2. Eierlêende diere Kolonievormende insekte

By kolonievormende insekte is daar egter baie interessante voorbeelde van broeisorg. In n byekolonie, byvoorbeeld, versorg die werksters die kleintjies van die koningin. Aanvanklik maak hulle die selle skoon waarin die eiers gelê moet word. Later voer hulle die ouer larwes met heuning en stuifmeel en daarná die jong larwes een tot vier dae met n stof uit die sogenaamde voedersapkliere wat in die kop gelee is. Eers nadat hulle gehelp het om die heuningkoek te bou, word die werksters vir die res van hul lewens heuningversamelaars. Aanvanklik speel hulle dus n belangrike rol in broeisorg.

                                     

1.3. Eierlêende diere Krappe en krewe

Baie soorte krappe en krewe klas Crustacea beskerm hul eiers teen vyande. Die wyfie dra die eiers onder haar agterliggaam totdat hulle uitkom. Daarna is die larwes selfstandig. Verskeie soorte spinnekoppe bou neste waarin hulle hul eiers lê. Later kan n mens dan tientalle of selfs meer as n honderd klein spinnekoppies in een web vind. Sommige spinnekoppe voed hul kleintjies met stof uit spesiale kliere. Die kleintjies word eers selfstandig wanneer die moeder gesterf, en hulle haar heeltemal uitgesuig het.

                                     

1.4. Eierlêende diere Gewerwelde diere

Broeisorg kom ook by gewerwelde diere voor. By visse kom verskeie vorms van nesbou voor, byvoorbeeld die skuimnes van die labirintvis suborde Anabantoidea. wat deur die vader bewaak word. Die nes van die stekelbaar Gas terosteus aculeatus staan ook onder die vader se toesig.

By baie cichlide-soorte is daar n uitgebreide paringspel, waartydens die eiers gelê word in n kuiltjie wat deur albei ouers gemaak is. Daarna waai albei ouers met hul borsvinne oor die eiers en voorsien hulle sodoende van genoeg suurstof totdat hulle uitkom. By party visse wat tot hierdie familie behoort, hou die wyfie die bevrugte eiers in haar bek totdat hulle uitbroei. Vars water wat voortdurend deur die bek stroom, voorsien in die eiers se suurstofbehoeftes. Later word die kleintjies uitgespoeg, maar vlug terug in die moeder se bek wanneer gevaar dreig.

By die seeperdjie en seenaald word die eiers in die broei buidel van die vader gelê en bly hul lê verder sy verantwoordelikheid. Daar is baie soorte amfibiee wat broeisorg toepas. Die eiers van die Surinaamse padda pipa word op die vader se rug gedra totdat hulle uitkom. By die vroedmeesterpadda Alytes obstetricans is broeisorg ook die mannetjie se taak. Hy dra die eiersnoere om sy agterpote gewikkel totdat hulle uitkom. By die vuursalamander salamandra ontwikkel die kleintjies in die moeder se liggaam tot by die larwestadium, en by die alpsalamander Salamander atra selfs totdat hulle selfstandig op die land kan lewe.

By voels, waarvan die broeigewoontes meer algemeen bekend is, word broeisorg deur een van of albei die ouers toegepas. Grootpoothoenders familie Megapodiidae lê hul eiers in n hoop verrotte blare wat deur die haan bymekaar geskrop word. Die temperatuur word gedurig deur hulle gereguleer totdat die eiers ná 42 dae uitbroei. Die kleintjies is dadelik selfstandig en in staat om te vlieg. Die kleintjies van soogdiere word in n nes versorg of terwyl hulle saam met die ouers rondloop of swem. Die meeste soogdiere verdedig hul kleintjies teen gevaar.



                                     
  • se mantelholte gelaat. Sommige spesies van die koppotige diere vertoon broeisorg Uit die eiers word klein koppotige diertjies gebroei wat vir n tydlank
  • Sangvoëls Passeriformes is n besonder groot orde van moderne voëls Aves Ongeveer 60 van alle lewende voëlspesies behoort aan die orde. Sangvoëls

Users also searched:

...