Back

ⓘ Karl Bremer




Karl Bremer
                                     

ⓘ Karl Bremer

Dr. Karl Bremer was n geneesheer wat politikus geword en tot minister van gesondheid en volkswelsyn gevorder het.

Bremer was die enigste seun van n dokter op Hopefield wat kort voor Karl se geboorte uit Duitsland in Suid-Afrika aangekom het. Die jong Bremer gaan skool op Wellington en studeer aan die Hugenote-universiteitskollege, in Kaapstad en op Stellenbosch. Aan die Universiteit van Cornell in New York en St. Bartholomew’s in Londen bekwaam hy hom as geneesheer. Daarna studeer hy verder aan die Universiteit van Berlyn. In 1930 spesialiseer hy in Berlyn as oor-, neus- en keelarts.

In 1910 vestig Bremer hom as algemene praktisyn op Cradock en word toe reeds tot stadsraadslid verkies. Tydens die Eerste Wêreldoorlog staan hy die Suid-Afrikaanse troepe in Oos-Afrika by. Na enkele maande as skooldokter vestig hy hom in 1919 op Graaff-Reinet. Reeds die volgende jaar word hy daar tot lid van die Kaapse Provinsiale Raad verkies. Van 1924 tot 1925 en weer van 1929 tot 1943 is hy die Volksraadslid vir Graaff-Reinet. Daarna tot 1943 is hy die LV vir Stellenbosch. Van Januarie 1949 tot Maart 1951 dien hy in die Senaat, maar in 1951 word hy verkies tot LV vir Ceres en in April 1953 tot LV vir Vasco. Vroeg in 1951 sterf dr. A.J. Stals, die minister van gesondheid en volkswelsyn in dr. D.F. Malan se kabinet, en volg Bremer hom op in sy pos as minister en as LV vir Ceres. Bremer raak bekend vir die aandag wat hy gee aan die voorkomende geneeskunde, behuising en voeding, maar slaag nie daarin om die provinsies se beheer oor hospitale op te hef en dit direk onder die sentrale regering te plaas nie.

Vanaf 1939 is Bremer lid van die Suid-Afrikaanse Mediese en Tandheelkundige Raad en word in 1943 die voorsitter van die liggaam. Van 1933 tot 1948 dien hy as voorsitter van die Nasionale Party in Kaapland.

Karl Bremer was n baie aktiewe politikus. Hy was die beskermer van die mindergegoedes in die samelewing en het nooit ophou pleit vir die opheffing van die platteland nie. Sy aandag het hy toegespits op volkswelsyn en die voorkomende geneeskunde en het daarom n nasionale gesondheidsversekering voorgestaan.

Die Universiteit van Stellenbosch kies hom in 1950 as sy vise-kanselier. In 1952 ken die Universiteit van die Witwatersrand n eredoktorsgraad in die regte aan hom toe. Die Karl Bremer-hospitaal in Bellville dra sy naam.

                                     

1. Bibliografie

  • en Potgieter, D.J. 1970. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 2. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
  • Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel 3. 1977. Kaapstad: Tafelberg. ISBN 0-624-00848-7
  • Botha, H.P., 1961. Meer as n dagtaak. Die lewe van Karl Bremer. Kaapstad: HAUM Publikasiereeks nr. 4.
  • Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelika Afrika. Londen: Warne.
  • Venter, E.A. 1980. 400 leiers in Suid-Afrika oor vier eeue. Potchefstroom. ISBN 0-620-03622-2
                                     
  • Karl of Carl is n bekende Duitse manlike voornaam. Karl Bremer 1885 1953 geneesheer, S.A. politikus en S.A. minister van gesondheid. Karl Friedrich
  • op 31 Mei daardie jaar. In die tussenverkiesing op 2 Mei 1951 wen dr. Karl Bremer met n meerderheid van 2 418 stemme teen die Verenigde Party se I.A.
  • Dr. Karl Bremer minister van gesondheid van 1951 tot 1953, het baie aandag gegee aan die armes in die samelewing. Hy het besef dat baie siektes, soos
  • daardie jaar wen die Nasionale Party se dr. Karl Bremer met 1 217 stemme teen die V.P. se J. de Villiers. Bremer was ook LV vir Graaff - Reinet van 1924 tot
  • 1968 1 April Wallace Beery, Amerikaanse akteur 1949 27 April Karl Bremer Suid - Afrikaanse geneesheer en politikus 1953 2 Mei Hedda Hopper
  • geboortedorp van die bekende geneesheer en minister van gesondheid dr. Karl Bremer en die tuisdorp van Saldanhabaai se eerste burgemeester, me. Johanna
  • VP Stellenbosch sou wen, want in 1943 klop dr. Karl Bremer die VP se A.A. Krige met 344 stemme. Bremer was volksraadslid vir Graaff - Reinet van 1924 tot
  • hy self rolle daarin. Hy is in Maart 2004 na n lang siekbed in die Karl Bremer - hospitaal in Bellville oorlede. Hy skryf sowat dertig ongepubliseerde
  • Mabel Jansen Wouter de Vos Malan Elsie Chubb A.V. Duthie A.I. Malan Karl Bremer Charlie Hofmeyr Ds. M.L. de Villiers D.I.C. de Villiers Alba Bouwer Elizabeth

Users also searched:

...