Back

ⓘ Broodbome




Broodbome
                                     

ⓘ Broodbome

Broodbome is n plant divisie wat al reeds 235 tot 65 miljoen jaar gelede gefloreer het. Daar bestaan tans net ongeveer 300 spesies, almal binne tropiese en sub-tropiese areas. Alhoewel broodbome na palms lyk, is hulle egter nie verwant aan palms nie. Egte palms val onder die blomplant divisie. Broodbome is waarskynlik die oudste bestaande tipe saadplante.

                                     

1. Klassifisering

Broodbome word geklassifiseer in drie families, die Cycas familie Cycadaceae, die Stangeria familie Stangeriaceae en die Zamia familie Zamiaceae, wat saam uit elf genera bestaan.

In die Cycas familie, word slegs een genus, Cycas, gevind, wat wydverspreid in Asie sowel as Madagaskar voorkom. Die bekende Japanse Cycas, Cycas revoluta, behoort aan hierdie familie.

In die Stangeria familie is daar twee genera, Stangeria van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika, en Bowenia van noordoostelike Australie.

Die ander agt genera val onder die Zamia familie. Hulle is Encephalartos, Dioon, Macrozamia, Lepidozamia, Ceratozamia, Microcycas, Zamia en Chigua.

  • Dioon kom in Meksiko voor, behalwe vir een spesie van Honduras en Nicaragua.
  • Ceratozamia kom in Sentrale Amerika voor.
  • Encephalartos kom uitsluitelik in Afrika voor.
  • Zamia kom in Amerika, die Wes-Indies, Sentraal-Amerika, en Suid-Amerika voor.
  • Macrozamia en Lepidozamia kom in Australie voor.
  • Microcycas, wat uit een spesie bestaan, kom in Kuba voor.
  • Chigua, wat uit twee spesies bestaan, kom in Colombia voor.

Die sistematiek van broodbome word gedeeltelik bestudeer met morfologie, en gedeeltelik met DNS-sekwensies. Hieronder verskyn n kladogram van Hill et al. gebaseer op DNS. Byvoorbeeld, verskyn Cycas as n sustergroep aan al die ander genera.

                                     

2. Ekologie en voortplanting

Alle natuurlike broodboompopulasies is bedreig en word dus beskerm deur CITES regulasies. Stangeria, Encephalartos, Ceratozamia, Microcycas en Chigua is so erg bedreig, dat hulle in die strengste groep, CITES application I, geplaas word, wat beteken dat geen plantdele selfs sade uitgevoer mag word sonder skriftelike goedkeuring van beide die invoer- en uitvoerland nie. Die ander genera val onder die CITES application II groep, wat beteken dat sade uitgevoer mag word, maar nie sonder toestemming geplant mag word nie. Ongelukkig blyk hierdie regulasies nie genoeg om natuurlike populasies te laat voortbestaan nie. Duisende plante van gesogde spesies word steeds opgegrawe en verdwyn uit hulle natuurlike habitat waar hulle al vir miljoene jare gegroei het.

Broodbome kan stikstof fikseer met die hulp van bakterie in hulle wortels waarmee hulle in simbiose saamlewe.

Die verskeidenheid broodbome is die hoogste by 17˚ 15"en 28˚ 12"S, met n laer hoogtepunt by die ewenaar. Spesiefrekwensies het dus nie n breedtegraadgradient teen die ewenaar nie, maar wel teen die trope. Die hoogtepunt in die noordelike tropiese gebied verskyn as gevolg van die Cycas genus in Asie en die Zamia genus in Amerika, terwyl die hoogtepunt in die suidelike tropiese gebied verskyn as gevolg van Cycas, soos in die noorde, Encephalartos in Afrika en Macrozamia in Australie. Dus blyk dit asof die verspreiding van broodbome in ander breedtegrade verskyn het deur toeval, as gevolg van die geografiese isolasie van die oorblywende genera en hulle spesies, en nie as gevolg van die algemene patroon van broodbome nie. Cycas is die enigste genus wat n geografiese verspreiding het. Hierdie genus groei die beste in die noordelike en suidelike tropiese gebiede. Hierdie is waarskynlik as gevolg van die droer klimaat en relatief kouer winters. Broodbome benodig genoeg reen, maar blyk om gedeeltelik xerofiete te wees. Broodbome in potte kan dwars oor die wêreld gevind word, insluitende Kanada, Rusland, Finland en Chile.

                                     

3. Voortplanting

Die voortplantingsorgane van sikadee is in keels gelee. Die manlike organe bestaan uit skubbe mikrosporofille met talle stuifmeelsakkies aan die onderkant. Hierin ontstaan stuifmeelkorrels na reduksiedeling of meiose, wat vrygestel word as hulle ryp is. Wanneer die stuifmeel die poortjie of mikropilum van n saadknop binnedring, sit hulle vas in ʼn druppel klewerige vloeistof wat deur die saadknop afgeskei word.

Die vroulike keels bestaan ook uit skubbe en elke skub dra 2 saadknoppe aan die bokant. Die enigste uitsondering is die genus Cycas, waarvan die spesies geen vroulike keels het nie, maar wel blaaragtige organe met saadknoppe aan die kant. Soos by alle ander naaksadige plante word die nusellusweefsel van die saadknoppe deur een integument omring. In die nusellusweefsel ontstaan n makrospoormoedersel deur reduksiedeling of meiose, wat aan die vroulike gametofietweefsel oorsprong gee.

In die gametofietweefsel ontwikkel weer 2 of meer argegonia, wat elk 2 nekselle en 1 eiersel het. Die stuifmeelkorrels wat tydens bestuiwing op die vogdruppel van die saadknop beland, word deur die poortjie of mikropilum in die integument na binne getrek wanneer die druppel opdroog. In n stuifmeelkorrel is daar n vrye buiskern en ʼn sel wat aan 2 selkerne oorsprong gee. Hierdie selkerne anterosoïede het n krans van trilhare waarmee hulle kan swem.

Die stuifmeelkorrel ontkiem met n buis wat die saadknop binnedring. Tydens die ontkieming van die stuifmeelkorrels ontwikkel n holte, bekend as die argegoniumkamer, bo die argegonia. Die anterosoïede kom dan vry, swem na die argegonia en dring hulle binne, terwyl die trilhaarkrans agtergelaat word. Wanneer die spermsel by die eiersel kom, vind versmelting plaas en die bevrugte eiersel sigoot gee oorsprong aan n suspensor en die eintlike embrio.

Die suspensor stool die embrio in die vroulike gametofietweefsel in en laasgenoemde, dan bekend as die endosperm, dien as voedsel vir die ontwikkelende embrio. Die integument gee oorsprong aan n buitenste, meestal rooi of oranje, relatief sagte laag en ʼn binneste harde laag om die saad.



                                     

4. Indeling

Die 10 genera en ongeveer 90 spesies van die afdeling Cycadophyta word in 1 orde en 3 families ingedeel. Hulle is die orde Cycadales en die families Cycadaceae, Stangeriaceae en Zamiaceae. Van laasgenoemde 2 families word een genus elk in Suid-Afrika aangetref, naamlik onderskeidelik Stangeria en Encephalartos. Die familie Cycadaceae bevat slegs een genus, naamlik Cycas, waarvan spesies op die eiland Madagaskar maar nie op die vasteland van Afrika nie, tropiese Asie tot in Suid-Japan, Polinesie en Australie aangetref word.

Die naam is afgelei van die Griekse woord kukas, wat "palm" beteken. Uit die slymerige murg van sommige spesies word, soos uit die murg van sekere palmspesies, sago n styselryke voedsel verkry. Die naam vals sagopalm vir Cycas revo l uta is hieraan toe te skryf. Die stam van hierdie spesie is egter baie growwer as die van die palms. In Japan word die blare van Cycas revoluta gebruik vir grafkranse. Die blare van Cycas -spesies het n duidelike, uitstaande middelaar.

Die Stangeriaceae bestaan ook slegs uit een genus, naamlik Stangeria, en die enkele spesie van die genus, Stangeria eriopus, word slegs in Suid-Afrika, van Oos-Londen tot by Kosibaai, aangetref. Die plant het n ondergrondse wortelstok. Die Zamiaceae is vernoem na die Amerikaanse genus Zamia en bestaan uit 8 genera. Vroeer is die woord zamia vir siek dennekeels gebruik en die keels van die lede van hierdie familie lyk inderdaad baie so.

Sowel die manlike as die vroulike plante dra keels. Die blare het geen duidelike hoofaar nie en is nie ingekrul soos die van die familie Cycadaceae nie. Die saadknoppe word in pare bo-op die saadskubbe gedra, en die mikropilums van die saadknoppe is na die as van die keel gerig. Die keels is dikwels groot en by sommige Encephalartos -spesies broodbome kan hulle tot 0.8 m lank word en n massa van tot 40 kg hê. Die genus Encephalartos is die enigste genus van die familie wat in Suid-Afrika aangetref word, en ongeveer 28 van die 45 spesies kom hier voor, hoofsaaklik in die oostelike dele van die land.

Die broodbome kan soos ander sikadee tot honderde jare oud word en groei baie stadig. Die vernietiging van hulle habitat en die versameling van broodbome vir tuine, waar dit dikwels as n statussimbool beskou word, het daartoe gelei dat broodbome baie skaars geword het en vandag deur spesiale wetgewing beskerm word. Van een spesie, Encephalartos woodii, is daar nog slegs n paar manlike eksemplare oor en die spesie kan dus nie meer deur middel van saad voortplant nie. Verskeie ander spesies loop ook gevaar om uit te sterf.

                                     
  • Dié familie kry sy naam omrede die murg in die stamme van die meeste broodbome stysel van hoë gehalte lewer wat tot meel verwerk en brood daarmee gebak
  • Superdivisie Spermatophyta Pinophyta keëldraende plante Cycadophyta broodbome Ginkgophyta ginkgoes Gnetophyta gnetophytes Magnoliophyta blomplante
  • lehmannii is n spesie van die genus Encephalartos en is een van die taaiste broodbome dit is die beste bestand teen droogtes. Die boom word tot 2 m hoog en
  • Encephalartos is n genus van broodbome wat aan die familie Zamiaceae behoort. Dit is die enigste genus van dié familie wat in Suid - Afrika voorkom. Daar
  • moontlik in KwaZulu - Natal aangetref word. Dit is een van die grootste broodbome en kan tot 4 m hoog en die blare tot 3, 5 m lank word. Die sade is rooi
  • n 650 inheemse boomspesies kom voor. Hier is die grootste versameling broodbome in die land en n genebank vir die plant word hier bygehou. n Wandelpad
  • Oos - Kaap voor. Dit is n mooi broodboom met die breedste blare van al die broodbome Die boom word tot 3 m hoog en die stam word tot 450 mm in omtrek. Die
  • deur John J. Lavranos en Douglas L. Goode. Dit is een van die kleiner broodbome Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare
  • oorleef, met geen vroulike monster bekend nie. Aangesien palmvarings of broodbome tweehuisig is, kan hierdie plant nie meer geslagtelik voortplant nie.
  • Suider - Afrikaanse flora egter die dryfveer vir die aanplanting van n aantal bome en broodbome tydens sy dienstermyn. In 1986 is die bydraes van Manie van der Schijff

Users also searched:

...