Back

ⓘ Broodwortel




Broodwortel
                                     

ⓘ Broodwortel

Die broodwortel word verkry van die broodwortelplant en is veral in die tropiese lande ʼn belangrike voedselbron. Dit word ook kassawe of maniok genoem. Die wortels bevat baie water en stysel, maar min eiwit, min vitamiene en byna geen vette nie. Dit word hoofsaaklik gebruik vir die setmeel daarin, waarvan onder meer brood gebak kan word.

                                     

1. Broodwortelplant

Die broodwortelplant is houtagtig en het handvormige blare wat diep ingesny is en meestal uit 5 tot 7 lobbe bestaan. Die setmeel of stysel word in die wortels opgegaar. Die plant aard die beste in ʼn warm, vogtige klimaat, veral tussen ongeveer 30˚ NB of 30˚ SB. Die temperatuur moet verkieslik hoer as 10˚ wees en die reenval kan wissel tussen 500 tot 5000 mm per jaar. Die volwasse plant is redelik droogtebestand. Broodwortelplante kan in uiters arm grond groei en steeds ʼn redelike oes lewer.

Hulle word normaalweg nie volgens vasgestelde seisoene geoes nie, maar volgens voedselbehoeftes benut. Die groeiperiode is gewoonlik van 6 tot 12 maande, of kan strek tot 18 maande, wanneer dit die beste setmeelproduksie lewer.

                                     

2. Geskiedenis

Die plant stam uit Sentraal Amerika en uit Brasilie. Die Portugese het reeds in 1494 daaroor geskryf en het dit in die 16de eeu in Afrika ingevoer. In Asie het dit eers in 1835 bekend geword, maar in die tydperk 1919-41 is 98% van broodwortelmeel op Java geproduseer.

                                     

3. Voedselbron

In sommige tropiese gebiede het die broodwortels as gevolg van die geweldige toename in die bevolkingstal die stapelvoedsel geword. Dit het belangrike graangewasse, soos byvoorbeeld rys, vervang en kan wanvoeding veroorsaak as daar nie aanvullende kosse by die dieet gevoeg word nie. Die broodwortel het nie naastenby die voedingswaarde van graan nie en kan met uitsluitlike inname eiwitvlakke gevaarlik laag laat daal. Die jong blare kan egter as ʼn groente gebruik word omdat dit ryk is aan eiwit.

Vir menslike inname moet spesiale voorsorg getref word voordat die broodwortel geeet word. Die wortels bevat n sianogeen-glukosied, wat onder die invloed van ʼn sekere ensiem blousuur HCN vorm. Die gifstof kan verwyder word deur die wortels te rasper, dit te laat gis en daarna te verhit. Deur dit net te kook, kan die ensiem vernietig word, hoewel dit dan nog glukosied bevat, wat op sigself egter nie giftig is nie. Die belangrikste lande waar die broodwortel gekweek word, is Brasilie, Indonesie, Nigerie, Demokratiese Republiek van die Kongo, Thailand, Indie en Burundi.

Behalwe vir menslike gebruik word die wortels ook as veevoer verwerk en dikwels in die vorm van gedroogte korrels na ander gebiede uitgevoer. In Suid-Afrika word die broodwortel gekweek vir die bereiding van tapioka, ʼn korrelrige meelstof wat onder andere in nageregte gebruik word.



                                     
  • kalsium en vitamine C, maar min proteïne. Die kassawewortel ook bekend as broodwortel is n vername stapelvoedsel in die ontwikkelende wêreld, wat n basiese
  • nie. Dit behoort tot die familie Compositae. Hierdie gewas word soms broodwortel genoem en is n belangrike stapelvoedsel van die inwoners van tropiese
  • Die grootste bedryf is egter landbou, veral die verbouing van kassawe broodwortel Daar is ook rubberplantasies. Verder is toerisme n groot bron van
  • Brandnetel Urtica dioica Brandneukel Brongras Bronkorsslaai Brood - en - botter Broodwortel Bruidsboom Bruidskrans Bruinsalie Salvia africana - lutea Bruinstinkhout

Users also searched:

...