Back

ⓘ HMS Dreadnought (S101)




HMS Dreadnought (S101)
                                     

ⓘ HMS Dreadnought (S101)

Die HMS Dreadnought is die Verenigde Koninkryk se eerste kernaangedrewe duikboot en die sewende vaartuig wat die naam Dreadnought gehad het. Die duikboot is te water gelaat op 21 Oktober 1960 by Barrow-in-Furness en was aangedryf deur n S5W-reaktor wat by die Verenigde State gekoop is.

Die Dreadnought was 78 m lank en 10 m breed; sy kiel is in Junie 1959 gelê. Hy het op die oppervlakte 3 500 ton en onder water 4 000 ton water verplaas. Sy spoed was 30 knope onder die oppervlakte en het n bemanning van 113 gehad. Die duikboot was toegerus met ses torpedobuise in die boeg. Die duikboot is amptelik in diens gestel in April 1963.

Die Dreadnought is as n prototipe gebruik wat later tot die Valiant-klas duikbote gelei het. In 1971 was dit die eerste duikboot van die Britse Vloot wat by die noordpool na die oppervlakte gekom het.

Die skeepsbemanning was ingenome met die puik standaard van geriewe aan boord: storte, wasgeriewe, droogskoonmaker, groot kombuis, n teater, biblioteek en afsonderlike eetplekke vir die senior- en junioroffisiere.

Sy is in 1980 uit diens onttrek.