Back

ⓘ Hendrik Verwoerd




Hendrik Verwoerd
                                     

ⓘ Hendrik Verwoerd

Dr. Hendrik Frensch Verwoerd was die eerste minister van Suid-Afrika wat weens ’n sluipmoord in die parlement in Kaapstad gesterf het. Verwoerd word algemeen as die argitek van die apartheidstelsel beskou. Sy premierskap word gekenmerk aan die drastiese verbetering van swart lewenstandaarde en spoedige ekonomiese ontwikkeling. Mense sal waarskynlik nog lank verskil oor die waarde van sy werk. In die geskiedenis van die Afrikaners en van Suid-Afrika bly die grondlegger van die 1961-Republiek ’n sleutelfiguur en vir sommige mense n held.

                                     

1. Kinderdae en loopbaan

Hendrik Verwoerd is in Nederland gebore. Sy vader was Wilhelm Johannes Verwoerd, winkelier, en sy moeder, n Fries wat Anje Strik geheet het. Hy het n ouer broer, Leendert, en n jonger suster, Lucie, gehad.

Lucie, oftewel, Hendrika Johanna Lucretia, is op 8 November 1908 in Wynberg in Suid-Afrika gebore. Sy is op 23 April 1940 met Jasper Johannes Erasmus Cloete getroud en sy sterf op 26 Julie 1959. Hulle het twee kinders gehad: Maria Annette en Jasper Johannes Erasmus Cloete. Leendert is op 14 Julie 1899 in Amsterdam, Nederland gebore. Hy is op 5 Desember 1928 met Dorothea Maria Mellet getroud. Hulle het twee kinders gehad: Len Johann en Collin. Hy sterf op 27 Desember 1986.

Hendrik Frensch Verwoerd en sy gesin het in 1903 uit Nederland na Suid-Afrika geemigreer. Sy vader, Wilhelmus Johannes Verwoerd, se simpatie met die Afrikaner en veral met die Boere se heldestryd in die Tweede Vryheidsoorlog 1899–1902 was waarskynlik die sterkste beweegrede daarvoor. Hulle het hulle op Wynberg gevestig waar Verwoerd se vader die boubedryf beoefen het. In sy vrye tyd het hy sendingwerk gedoen en selfs n teologiese kursus aan die Sendinginstituut op Wellington gevolg. Verwoerd het sy eerste skoolonderrig aan die Lutherse skool in Wynberg ontvang en later aan die Engelsemedium Hoer Seunskool Wynberg. In 1913 het die gesin na Bulawayo in Rhodesie verhuis waar sy vader die betrekking van hulp-evangeliese dienaar van die uitgestrekte plaaslike NG gemeente beklee het.

Die jong Hendrik het leerling geword aan die Milton High School, waar hy spoedig as een van die skranderste leerlinge ontluik het. Hy het die Beit-studiebeurs verower en sy naam is op die ererol van die skool geplaas. Daarbenewens het hy ywerig krieket, rugby en tennis gespeel. Die Beit-beurs moes Verwoerd van die hand wys aangesien die gesin in 1917 andermaal verhuis het, hierdie keer na Brandfort in die Oranje-Vrystaat, waar sy vader kolporteur van die NG Kerk van die Vrystaat geword en later tot die boekhandel toegetree het. Weens die griepepidemie kon Verwoerd eers in Februarie 1919, pleks van in Desember die vorige jaar, die matrikulasie-eksamen aflê. Hy het die eerste plek in die Vrystaat en die vyfde in Suid-Afrika behaal. Direk hierna het hy hom as student aan die Universiteit van Stellenbosch ingeskryf met die doel om predikant te word, maar later van rigting verander en sielkunde en filosofie bestudeer. Hy het die grade M.A. en D.Phil. albei met lof behaal, laasgenoemde in 1924 met n proefskrif oor "Die afstomping van gemoedsaandoeninge", en is intussen as tydelike hulp in die departement sielkunde aangestel en in 1924 as lektor. Verwoerd het n leidende rol in die studentelewe gespeel en veral bekendheid as debatteerder in die debatsvereniging verwerf. Hy het ook in die studenteraad gedien en is in 1923 as voorsitter gekies. Betsie Schoombee van Middelburg, Kaap, het saam met hom in die studenteraad gedien.

Nadat Verwoerd die doktorsgraad behaal het, is hy oorsee vir verdere studie. Hy is n Abe Bailey-beurs vir studie aan die Oxford-universiteit aangebied, maar hy het dit van die hand gewys omdat hy voorkeur gegee het aan die sielkundeopleiding van die Europese vasteland. Met behulp van n kleiner studiebeurs het hy in 1925 vertrek om aan die Universiteite van Leipzig, Hamburg en Berlyn te studeer. Daarna het hy besoek aan Groot-Brittanje en die VSA gebring. In Hamburg het Betsie Schoombee haar by hom aangesluit en hulle is op 7 Januarie 1927. By die egpaar se terugkeer op Stellenbosch in 1928 is Verwoerd op 26-jarige leeftyd as hoogleraar in toegepaste sielkunde en psigotegniek aangestel en in 1932 het hy hoogleraar geword in die nuutgestigte departement van sosiologie en maatskaplike werk. Dr. Verwoerd veroorsaak n opskudding as spreker in 1929, toe hy genooi word om die Universiteit Stellenbosch se akademiese jaar te open. Hy gebruik geen notas in sy toespraak nie en roep die Universiteit tot n nuwe toekomsvisie, wat studente voorberei om n werklike bydrae te lewer tot die alledaagse lewe, eerder as om slegs n akademiese kwalifikasie te bekom.

In 1937 gee Verwoerd sy professoraat op en word redakteur van n nuwe NP-koerant, Die Transvaler. Die NP was in 1937 die amptelike opposisie in Suid-Afrika, maar het net een parlementsetel in die noordelike provinsie gehou. Die regerende Verenigde Party VP-pers verguis Verwoerd, en hy en sy gesin kry finansieel swaar. Verwoerd en die Transvaalse NP-leier, adv. J.G. Strijdom, is egter geesgenote. Saam bou hulle n strydbare organisasie en koerant op. Beide verkondig die boodskap van n Afrikaner-republiek vry van oorheersing deur Brittanje, Engelssprekendes of groot kapitaliste.

                                     

2. Politieke loopbaan

In 1934 is dr. Verwoerd een van die leiers van die volkskongres wat hul kommer uitspreek oor die Armblankevraagstuk.

Die Transvaalse NP wen in 1948 n onverwagte aantal setels en maak so n wesenlike bydrae tot die NP se naelskraapse oorwinning. Verwoerd, eers n senator, dien van 1950 tot 1958 as minister van naturellesake onder die premiers D.F. Malan en adv. J.G. Strijdom. In samewerking met die volkekundige dr. Werner Eiselen fokus Verwoerd op n nuwe benadering, naamlik respek vir swart etniese groepe se eiesoortigheid.

In 1958 volg Verwoerd die oorlede Strijdom op as sesde premier van die Unie van Suid-Afrika. Sy beleid word een van ordelike interne dekolonisasie. Volgens hom kan aparte vryhede vir die verskillende etniese groepe in hulle eie gebiede, en ontwikkeling volgens elkeen se spesifieke behoeftes, uiteindelik oorheersing van een groep deur n ander uitskakel. So kan n blanke nasie in sy historiese gebied vreedsaam langs ander nasies in hul gebiede bly voortbestaan.

Terselfdertyd beoog hy ook n ontwikkeling van die etniese tuislande tot op die hoogste vlak wat swart mense sal aantrek. Verwoerd tree egter op binne n kragveld wat grootliks reeds teen hom gelaai is. Instromingsbeheer en die ontwikkeling van swart onderwys en die tuislande ondervind weerstand van kiesers. Terselfdertyd brei die swart bevolking uit van 8 miljoen in 1948 tot 14 miljoen teen die middel jare sestig, en die instroming na die blanke gebied duur voort. Verwoerd se toewyding aan die swart bevolking van Suid-Afrika is sigbaar in die wyse waarop hulle sosio-ekonomies ontwikkel. Swart lewenstandaarde vermeerder teen 5.4% per jaar teenoor die vermeerdering van blanke lewenstandaarde teen 3.9% per jaar.

Na die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960 volg daar swart protes en n kapitaalvloei uit die land. Kort daarna skiet n versteurde man Verwoerd verskeie keer in die kop op die Randse Paasskou. Hy oorleef net-net, en sommige kabinetslede meen daar moet nou beleidstoegewings kom. Verwoerd se kalm temperament en vasberadenheid kom egter na vore. Hy stuur vanuit sy hospitaalbed die boodskap dat die regering eenvoudig sal voortgaan soos voorheen.

Verwoerd roep later in 1960 n referendum uit oor die vraag of Suid-Afrika n republiek moet word. Dit is n politieke waagstuk. Die veldtog was intensief en soms bitter. Uiteindelik gaan n verstommende 90.5% van blanke kiesers stem: 850 458 daarvoor, 775 878 daarteen – n meerderheid van net 74 580 vir die republikeine, oftewel n skamele 4.6%. Natal was die enigste provinsie waar die meeste teen republiekwording gekant was. Op 31 Mei 1961, 59 jaar na die einde van die Boererepublieke, ontstaan die Republiek van Suid-Afrika los van Britse simboliek en heerskappy. Verwoerd, voorheen n voorstander van n Afrikanerrepubliek, meen nou dat die Afrikaners se toekoms die beste beveilig kan word binne n blanke republiek.

Suid-Afrika se buitelandse uitdagings vermeerder stadig. Die Westerse moondhede is aan die padgee uit Afrika en Verwoerd werk saam met blankbeheerde buurstate om n geopolitieke buffersone om Suid-Afrika te bou. Die Koue Oorlog tussen Westerse en kommunistiese magte woed voort. Verwoerd se anti-kommunistiese beleid bring Westerse steun mee, maar druk oor sy binnelandse beleid neem toe, veral in die VN.

Verwoerd meen dat Suid-Afrika bloot die sondebok is vir sommige Westerse regerings en media, wat die blanke bewind in Suid-Afrika wil opoffer ten einde met die kommuniste mee te ding om Afro-Asiatiese steun. Hy noem by geleentheid dat die na-oorlogse Weste gedisorienteerd is oor sy bestemming en sy koloniale skuldgevoelens probeer self deur Suid-Afrika aan te val. Die land moet egter as n voorpos van die Weste bly staan totdat die vreemde gety in die Westerse beskawing verander.

n Komplot van die ANC en SA Kommunistiese Party om sabotasie in SA te pleeg, word ontbloot en Nelson Mandela en ander beplanners word in 1964 lewenslange tronkstraf opgelê. Tydens verskillende verhore blyk dit dat die ANC n klein lidmaatskap het en sy kommunistiese bande vir potensiele ondersteuners wegsteek. Vir meer as n dekade na die ANC-leiers se gevangesetting is daar nie noemenswaardige swart onrus nie.

Verwoerd meen dat groter eenheid op sy beleidsbasis Afrikaners se posisie verder sal versterk. Sekere liberaliste in die perswese, universiteite en kerke staan egter in die pad daarvan. Hy wend hom dus tot ondersteuners in die Afrikaner-Broederbond, wat begin om die invloed van mense soos Beyers Naudé in belangrike instellings te neutraliseer. Verwoerd se visie van" skep u eie toekoms” help vorm dus ook Afrikaners se burgerlike instellings en individue, wat dekades daarna nog Afrikaner-strewes sou bevorder.

Verwoerd wend hom nie net tot Afrikanerbelange nie, maar glo ook dat werklike stabiliteit slegs gewaarborg kan word as elke bevolkingsgroep in die land gelukkig is. Sy eerste doelwit as Minister van Naturellesake is om die nalatenskap van blanke "baasskap" te vernietig. Hy sê in 1954 in die Senaat:

"In n vorige era is woorde soos baasskap dikwels gebruik. Soos ons beleid namate ontwikkel het en ons doelwitte verskerp het, en asook met nuwe wêreldontwikkelinge, het ons n gevolgtrekking en posisie bereik dat alle vorms van diskriminasie en baasskap uitgewis moet word. Ons parallele ontwikkeling beoog baasskap vir die Bantoe in sy areas, soos ons insgelyks baasskap beoog vir die blanke in sy eie gebied teenoor sy eie mense".

Die vrugte van Verwoerd se beleid is ook sigbaar in die wyse waarop Suid-Afrika se ekonomie groei teen tot 7.5% per jaar. Van die 26 ontwikkelde lande in die wêreld in 1966, is Suid-Afrika die enigste een in Afrika.

Tydens Verwoerd se bewind debatteer Afrikaners oor die toekoms, maar leef in vrede en veiligheid binne die blanke gebied. Afrikaans word verder gevestig in die staatsdiens, in wetenskap en tegnologie, en as opvoedingsmedium op alle vlakke. Meeste jong Afrikaners kry werk en sien n toekoms vir hulself en hul kinders in die land.

Die infrastruktuur van die RSA se wye landskap word ook verder uitgebou. Daar is die Oranjerivierprojek se dambouprojek, SOEKOR wat plaaslik olie soek, en n nuwe plaaslike wapennywerheid. Met die eerste kernreaktor by Pelindaba betree Suid-Afrika die kernkragera. Die land se bruto nasionale produk groei van 1961 tot 1966 met n reusagtige 30% en Verwoerd se party wen 1966 se verkiesing oortuigend. In n andersins kritiese oorsig in Augustus 1966 beskryf Time Verwoerd as" one of the ablest leaders Africa has ever produced.”

Verwoerd voel egter dat daar dalk ook donker wolke op pad is. Op 31 Mei 1966, by die vyfjarige herdenking van die nuwe Republiek, beklemtoon hy: ”…ons Staat is gebou op opoffering. Die bloed van dappere manne, dappere vroue het ons aardbodem benat. Sulke opofferings brand in n nasie se lewe soos vuur, n vuur wat nooit uitgedoof kan word nie. Dit vlam weer op wanneer die moeilikhede kom, selfs al sak dit intussen weg. Díe vuur wat die harte van mense staal, sal ons in stand hou. Ons sal ons met hart en hand bly toewy aan ons volk en ons vaderland… Aan hierdie Republiek van Suid-Afrika wy ons lewens en ons krag.”

Verwoerd se laaste daadwerklike oorwinning vir Suid-Afrika is in die Wêreldhof in Den Haag, waar hy sy beleid en Suid-Afrika se reg om die Mandaat van Suidwes-Afrika uit te voer, verdedig. Die jarelange hofsaak, geloods deur die Verenigde Nasies namens Etiopie en Liberie, word laat in 1966 afgehandel. Die hof bevind onder andere dat Apartheid nie onderdrukkend is nie – nog deur intensie, nog in effek.

                                     

3.1. Sluipmoord Eerste sluipmoordpoging

Op 9 April 1960 word n sluipmoordaanslag op Verwoerd uitgevoer. David Pratt skiet hom by die Randse Paasskou in Milner Park, Johannesburg twee keer met n.22 pistool in die gesig. Een koeel tref sy oor en die ander sy wang en verhemelte.

                                     

3.2. Sluipmoord Sluipmoord

Op 6 September 1966 word Verwoerd in sy sitplek in die Volksraad deur Demetrios Tsafendas, n parlementsbode, met n dolk doodgesteek. Verwoerd word op 10 September 1966 in Pretoria begrawe. Op 13 September kies die Nasionale Party adv. Balthazar Johannes Vorster as nuwe leier waarmee hy outomaties die sewende Eerste Minister van Suid-Afrika word.

                                     

3.3. Sluipmoord Reaksie op die sluipmoord

Reaksie op die sluipmoord was gemeng. Alhoewel dit onder Afrikaners oor die algemeen as n tragedie beskou is, was daar ook mense wat anders oor die saak gevoel het. Dr Anton Rupert verklaar byvoorbeeld kort na die voorval: Ek wil nie n huigelaar wees nie: die feit dat Dr Verwoerd nie meer die Eerste Minister van Suid-Afrika is nie, is die beste ding wat met ons land kon gebeur het. Helen Suzman deel die sentiment met haar uitspraak: "I thought we were rid of one of the worst scourges we had."

                                     

4. Werke

  • Effects of fatigue on the distribution of attention 1928
  • The distribution of "attention" and its testing 1928
  • Oor die opstel van objektiewe persoonlikheidsbepalingskemas 1930?
  • n Bydrae tot die metodiek en probleemstelling vir die psigologiese ondersoek van koerante-advert 1928
  • Oor die persoonlikheid van die mens en die beskrywing daarvan" 1930?
  • A method for the experimental production of emotions 1926
  • A contribution to the experimental investigation of testimony 1929?
                                     

5. Sien ook

  • Apartheid
  • Steve Biko Akademiese Hospitaal, voorheen bekend as die H.F. Verwoerd-hospitaal.
  • Rietondale Secondary School, voorheen bekend as Hoerskool Hendrik Verwoerd –2019.
  • Port Elizabeth-lughawe, voorheen bekend as die H.F. Verwoerd-lughawe
  • Verwoerd-standbeelde
  • Unie van Suid-Afrika
  • Centurion, voorheen bekend as Verwoerdburg
                                     

6. Eksterne skakels

  • President Jacob Verwoerds lame excuses for textbook scandal in Business Day, 25 Julie 2012
  • Hendrik Frensch Verwoerd op South African History Online
  • n Resensie van Een Mond Vol Glas, n biografie van Demitrios Tsafendas deur Nederlandse skrywer Henk van Woerden, op Litnet deur Regter Wilfred Cooper wat Tsafendas se verdediging hanteer het In Engels