Back

ⓘ Herrmann-breindominasie-instrument




                                     

ⓘ Herrmann-breindominasie-instrument

Die Ned Herrmann-breindominansie-instrument is ontwikkel deur William "Ned" Herrmann terwyl hy die bestuurder was van bestuursopvoeding by General Eelectric se fasiliteit by Crotonville. Dit behels die vierkwadrantmodel van denkvoorkeure. In hierdie model identifiseer Herrmann vier verkillede denkmodusse, opgesom deur:

  • A. Analitiese denke.
  • Voorkeuraktiwiteite: dataversameling, luister na lesings met baie inligting, lees handboeke. Die oordeel van idees gebaseer op feite, kriteria en logiese beredenering.
  • Sleutelwoorde: logies, feitlik, krities, tegnies en kwantitatief.
  • B. Opeenvolgende denke.
  • Voorkeuraktiwiteite: volg instruksies, huiswerkprobleme met herhalende inhoud, tydsbestuur en skedules.
  • Sleutelwoorde: konserwatief, gestruktureerd, georganiseerd, beplan.
  • C. Interpersoonlike denke.
  • Voorkeuraktiwiteite: luister na en deel idees, soek na persoonlike betekenis, sintuiglike insette, groepstudie.
  • Sleutelwoorde: kinesteties, emosioneel, geestelik spiritueel, sintuiglik, gevoel.
  • Voorkeuraktiwiteite: Kyk na die groot prentjie, neem inisiatief, simulasies "wat van" vrae, visuele hulpmiddels. Waardering vir die mooiheid van n probleem, breinstorm.
  • Sleutelwoorde: Visueel, holisties, intuitief, innoverend, en konseptueel.
  • D. Verbeeldingryke denke.

Hierby moet heelbrein denke gevoeg word, wat gekarakteriseer word deur die balans tussen al vier breinvoorkeure.

Hierdie teorie is geïnspireer deur navorsing in linker-/regterbreinlateralisering gedurende die 1970s en is toe verder ontwikkel sien validasie by www.hbdi.com.

Tot op datum is byna een miljoen mense se profiele wêreldwyd getoets met die HBDI en word wêreldwyd deur organisasies, regerings- en opvoedkundige instansies, asook onafhanklike konsultante gebruik. Akademiese navorsers bly egter skepties oor die HBDI se geldigheid.

Daar is n gelykwaardige instrument wat vryelik beskikbaar is deur Eugene Raudsepp ontwikkel, sien dié aanlyntoets.

Die instrument het ooreenkomste met die Myers-Briggs Tipe Aanwyser en Groot vyf persoonlikeidseienskappe. Baie ooreenkomstigheidsstudies en aktikels is al geskryf oor die ooreenkomste en verskille tussen die vekillende indikators. Let egter daarop dat HBDI, MBTI en Groot vyf, fisionlodies-, sigologies-, en persoonlikeidstoetse onderkeidelik is.

Daar is in Suid-Afrika ook organisasies waar soortgelyke toetse afgelê kan word. Een van hulle is hier te vinde.

                                     

1. Verwysings

  • Ned Herrmann, The Whole Brain Business Book, McGraw-Hill, New York, NY, 1996.
  • Ned Herrmann, The Creative Brain, Brain Books, Lake Lure, North Carolina, 1990.
  • Edward Lumsdaine, M Lumsdanine, Creative Problem Solving, McGraw-Hill, 1995.
  • Review of "A Whole New Mind by Daniel Pink"
  • Hines, T. 1987. Left brain/right brain mythology and implications for management and training. Academy of Management Review, 12, 600-606
  • Sala, Sergio Della, editor. 1999. Mind myths: Exploring popular assumptions about the mind and brain, J. Wiley & Sons, New York. ISBN 0-471-98303-9.
  • Allinson, C.W., & Hayes, J. 1996. The Cognitive Style Index: A measure of intuition-analysis for organizational research. Journal of Management Studies, 33, 119-135.