Back

ⓘ Hidraat




                                     

ⓘ Hidraat

Baie soute vorm een of meer hidrate. Die blou kristalle van kopersulfaat wat uit waterige oplossing gevorm word is die pentahidraat CuSO 4 5 H 2 O. By verhitting verloor dit water en vorm bokant 100 o C die trihidraat CuSO 4 3 H 2 O. Verder verhitting stel die monohidraat CuSO 4 H 2 O vry en uiteindelik die wit anhidraat CuSO 4 self.

Kopersulfaat is n voorbeeld van n regte hidraat. In sy kristalstruktuur kan die watermolekule goed herken word. In die pentahidraat word die Cu 2+ -ioon deur die suurstofatome van die watermolekule omring. In die anhidraat behoort die suurstofligande aan die sulfaat-ione. Dit verklaar die verskil in kleur.

                                     

1. Pseudo-hidrate

Talle hidrate kan as X n H 2 O geskryf word, maar binne hulle struktuur het die watermolekule ander spesies gevorm. n Goeie voorbeeld van sulke pseudo-hidrate is As 2 O 5 4 H 2 O wat in werklikheid 2 H 3 AsO 4 H 2 O is: n hidraat van arseensuur, nie van arseenoksied nie.

                                     

2. Koolhidrate

n Groot groep organiese verbindings word koolhidrate genoem. Hulle stoigiometrie kan as C n H 2 O geskryf word, maar in werkelikheid bevat hulle geen watermolekule nie. Die suurstofatome het n kovalente binding met die koolstofatome en is as alkohol-groepe aanwesig.

                                     

3. Gashidrate

n Besondere groep hidrate is die klatrate of gashidrate. Pleks van rondom ione is in hierdie verbindings die watermolekule as n deur waterstofbinding gevormde netwerk rondom neutrale molekule aanwesig. Die sentrale molekule kan n gas soos metaan verteenwoordig.