Back

ⓘ 101955 Bennu




101955 Bennu
                                     

ⓘ 101955 Bennu

101955 Bennu is n opties donker asteroïde met n deursnee van 492±20 m. Dit is n koolstofhoudende B-tipe asteroïde wat in die nabyheid van die aarde om die son wentel. Die basiese vorm van hierdie naby-aarde-voorwerp is in 1999 danksy radio-waarnemings van die Arecibo-sterrewag vasgestel. NASA se OSIRIS-REx-tuig het sedert 2018 gedetaileerde waarnemings van die oppervlak gemaak.

Op 20 Oktober 2020 het OSIRIS-REx met die hulp van ’n uitrekbare arm suksesvol op die oppervlak van Bennu geland om ’n monster stof te versamel.

                                     

1. Afmetings en wentelbaan

Bennu is n taamlik ronde voorwerp van 565 x 535 x 508 meter en dit het n sideriese wentelperiode van 4.3 uur. In die jaar 2135 sal die asteroïde nader as die maan by die aarde verbybeweeg en daar bestaan n kans dat dit die aarde tussen 2175 en 2196 kan tref. Die grootste waarskynlikheid is in 2196 p=9.5 x 10 -5.

                                     

2. Samestelling

Dit bestaan uit materiaal wat die meeste met chondriete van klas CM en CI ooreenstem. Die digtheid van die asteroïde is 1260±70 kg/m 3, wat n porositeit van 30%-50% voorspel.

                                     

3. OSIRIS-REx

In September 2016 het NASA n vuurpyl gelanseer wat die OSIRIS-REx-tuig op n trajek na die asteroïde geplaas het. Die outonome tuig het op 3 Desember 2018 by die asteroïde aangekom en het op 31 Desember 2018 in n wentelbaan om Bennu gegaan. Die tuig is toegerus met etlike instrumente om die oorsprong en grondstowwe van Bennu te bestudeer. Dit bevat n spektrometer vir die sigbare en infrarooigebied OVIRS en n spektrometer vir termiese emissie OTES wat die klippe van die asteroïde wat dalk water en organiese molekules bevat, sal ondersoek.

Op 20 Oktober 2020 het OSIRIS-REx op die asteroïde geland en suksesvol ’n monster stof versamel. Die tuig sal na verwagting die monster in 2023 na die Aarde terugbring deur middel van ’n valskerm wat op 24 September van die ruimtetuig na die aardoppervlak in Utah gestuur sal word.

Nabye waarnemings deur die OSIRIS-REx-tuig het aangedui dat Bennu minder sanderig en baie meer rots- en bergagtig is as wat vooraf verwag is.



                                     
  • bennu vergelyk. Hoofstuk LXXXIII van die Egiptiese Boek van die Dooies is aan die verandering in n bennu - voël gewy. Die naby - aarde - voorwerp 101955 Bennu
  • wentelbaan teen 2020 om n asteroïde, destyds 1999 RQ36 genoem nou 101955 Bennu Die tuig sal die liggaam se mates neem en n monster van sy oppervlak
  • Eugenia Bernardi, Fabrizio et al. 2009 Long term impact risk for 101955 1999 RQ36 Icarus. 203 2 460 471. Bibcode: 2009Icar..203..460M. doi: 10