Back

ⓘ 25143 Itokawa




25143 Itokawa
                                     

ⓘ 25143 Itokawa

25143 Itokawa is n asteroïde. Dit is n Naby-aarde-voorwerp.

Sy grootte is 535x294x209 m. Die gemiddelde deursnee is 320 meter. Die wentelperiode is 12.1 uur, die digtheid 1.9 cm 3 en dit wentel in retrograde rigting. Die onreelmatige vorm van die kleinplaneet word soms met n drywende seeotter sn vergelyk. Die grootste klip meet omtrent 50x30x20 meter. Dit lê naby die "regtervoet" van die "liggaam" en word Yoshinodai genoem.

                                     

1. Hayabusa

Op 20 November 2005 het die Japannese ruimtetuig Hayabusa die eerste poging aangewend om op die kleinplaneet te land maar het baie probleme ondervind. Op 25 November volg die tweede poging. Die landing en die latere vertrek het geslaag, maar die projektiel wat vir die monsterneming benodig was het nie afgevuur nie. Gelukkig is deur statiese elektrisiteit tog deeltjies versamel wat op 13 Junie 2010 op aarde aangekom het. Die missie het ondanks baie probleme tog uiters waardevolle inligting opgelewer.

                                     

2. Eienskappe

Die resultate van die sigbare en naby-infrarooi-spektra wys dat Itokawa kenmerkend is vir n S-tipe-asteoïde met n bree absorpsieband naby 1 um. Dit bevestig wat vanaf die aarde reeds gesien is. Die materiaal waaruit die kleinplaneet bestaan kom met n LL5-6 chondriet ooreen. Die wentelperiode het toegeneem van 6.5 uur omtrent 100 000/180 000 jaar gelede deur die sogenaamde YORP-effek en daar is aanwysings dat Itokawa uit twee verskillende liggame saamgestel is wat taamlik in digtheid verskil het omtrent 1750 en 2850 kg/m 3. Die huidige kleinplaneet is eintlik net n hoop puin wat oorgebly het van n katastrofale botsing.

Die stofdeeltjies wat die missie na die aarde gebring het is met talle wetenskaplike tegnieke ondersoek. Hulle bestaan hoofsaaklik uit die minerale olivien, Ca-ryke en Ca-arme pirokseen, plagioklaas en troiliet met klein hoeveelhede kamasiet, taeniet, chromiet, kaliumveldspaat, apatiet en merrilliet. Die chemiese samestelling en die suurstofisotoopanalise kom ooreen met n LL chondriet wat in ewewig is. Die yster II/III-verhouding in plagioklaas is omtrent 50-50 wat wys dat die materiaal onder taamlik oksiderende omstandighede gevorm is. Dit is normaal vir LL-chondriete.

Die kleinplaneet het waarskynlik ontstaan uit n groter LL-chondrietliggaam van 20 km-deursnee wat deur radioaktiewe verhitting veroorsaak deur die nou uitgestorwe oerisotoop aluminium-26 n temperatuur van omtrent 800 °C bereik het. Die maksimum temperatuur is dalk na 4 miljoen jaar bereik. Later het n katastrofale botsing plaasgevind en puin daarvan het deur die swaartekrag weer saamgekom, eers as n binêre stelsel. Later het die kop en die liggaam een geheel gevorm.

Itokawa het deur ν 6 -sekulêre resonansie uit die hoofgordel van die asteroïde in n baan naby die aarde gekom en is nou waarskynlik reeds 60-75 jaar daar teenwoordig.

                                     
  • Hulle verteenwoordig omtrent 17 van die asteroïdes. Voorbeelde is Eros en Itokawa Hul albedo is tussen 0, 10 en 0, 28. In Tholen se klassifikasie word 14
  • n robottuig van Japan wat n monster van die naby - aarde - asteroïde 25143 Itokawa teruggebring het Aarde toe. Dit is op 9 Mei 2003 gelanseer en het op
  • 1999 CU3 23187 2000 PN9 24443 2000 OG 24445 2000 PM8 24761 Ahau 25143 Itokawa 25330 1999 KV4 26379 1999 HZ1 26663 2000 XK47 27002 1998 DV9

Users also searched:

...