Back

ⓘ Hawker Siddeley Nimrod




Hawker Siddeley Nimrod
                                     

ⓘ Hawker Siddeley Nimrod

Die Hawker Siddeley Nimrod was n Britse mariene verkennings vliegtuig. Ontwerp aan die vliegtuig het in 1964 begin met die doel om die verouderde Avro Shackletons te vervang. Die ontwerp van die romp se raamwerk was gebaseer op die De Havilland Comet. n Stoorplek van 15.8 m onder die romp vir wapens en elektroniese toerusting skep die indruk van n dubbeldekker romp.

Die Britse regering het in 1965 toestemming verleen vir die projek om voort te gaan en twee prototipes, wat omgeskep is van die Comet, het reeds in 1967 gevlieg. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug op 23 Mei 1967 votooi en die produksie modelle is in 1969 in diens gestel. Die Nimrod se ontwerp was rewolusionêr vir sy tyd aangesien patrollie vliegtuie turboskroef motore gebruik het.

Die Nimrod doen die volgende take: see oppervlak verkenning, anti-skepe en anti-duikboot oorlogvoering. In die anti-duikboot rol kan duikbote die vibrasies wat turboskroef motore het bespeur terwyl die Nimrod se straalmotore feitlik onbespeurbaar is. Die vliegtuig kan n verskeidenheid wapens dra: Stingray-torpedo, Harpoon anti-skip missiel en Sidewinder infrarooi missiel vir selfverdediging of aanval. Dit kan ook sy eie chaff metaalstrokies en fakkels dra as verdediging teen inkomende missiele.

In die vroee 1980s was die vliegtuig opgradeer na tipe MR2 deur die verkennings toerusting te verbeter en op te gradeer.

                                     

1. Operasionele diens

Die Nimrod het in die Falklandoorlog en beide die Golfoorlog en Irakse Oorlog diens gedoen. Tydens die Falklandoorlog het n hervul koppeling standaard toerusting geword.

Die MR4 model sou feitlik n nuwe vliegtuig gewees het maar is gekanselleer weens kostes en vertragings. In die 1970s was drie Nimrod s opgradeer na R1 modelle. Al die verkenning toerusting was verwyder en die vliegtuig toegerus met elektroniese afluister toerusting.