Back

ⓘ Hindustan HF-24 Marut




Hindustan HF-24 Marut
                                     

ⓘ Hindustan HF-24 Marut

Die Hindustan HF-24 Marut is die eerste vegvliegtuig wat deur Indie ontwikkel en gebou is, as deel van hulle plan om onafhanklik te word met betrekking tot straalvliegtuig produksie. In die 1950s het die Indiese Lugmag oor geen lugvaart kundiges beskik met kennis oor straalvliegtuie nie. Hulle het toe Kurt Tank, beroemde vliegtuig ontwerper van Focke-Wulf, genooi om deel te wees van die projek in Indie. Daar het later tot 18 Duitse ingenieurs op die projek gewerk.

Die span het in 1957 begin werk aan n plan om n alle weerstoestande, multi-rol vliegtuig te ontwerp wat Mach-2 kan haal. Die prototipe het sy nooiensvlug op 17 Junie 1961 voltooi. Dit was aangedryf deur twee Rolls-Royce Bristol Orpheus 703 turbostraler motors. Die produksie modelle was egter toegerus met Indiese vervaardigde onder lisensie Orpheus motors. Die Marut is in April 1967 in diens gestel en was die eerste supersoniese vliegtuig wat deur n nie-supermag vervaardig is.

Teen die einde van 1975 was 100 eenhede afgelewer. In 1971 het die vliegtuie aksie gesien tydens die oorlog met Pakistan waar hulle in luggevegte met die vyandelike F-86 Sabre betrokke was.

Die Marut het nie heeltemal aan die verwagtinge as n vegvliegtuig voldoen nie maar was in diens in die Indiese Lugmag tot in die middel van 1990.