Back

ⓘ Buite-Mongolië




Buite-Mongolië
                                     

ⓘ Buite-Mongolië

Buite-Mongolie was n politieke onderafdeling van die Qing-ryk. Dit het bestaan uit die volgende vier provinsies, van oos na wes:

  • Chechen Khan Chechen Khan, Setsen Khan
  • Jasaghtu Khan Jasaghtu Khan, Zasagt Khan
  • Sayin Noyan Khan Sayin Noyan Khan, Sain Noyon Khan
  • Töshiyetü Khan Töshiyetü Khan, Tüsheet Khan

Die term word vandag soms steeds gebruik om na die land Mongolie te verwys omdat die grondgebied grootliks daarmee ooreenstem. Die historiese definisie het ook Tannu Uriankhai ingesluit, waarvan die grootste deel die huidige Republiek Tiwa in die Russiese Federasie beslaan. Dit het egter nie die moderne Mongoolse provinsies Khovd en Bayan-Ölgii ingesluit nie.

Die naam Buite-Mongolie staan teenoor Binne-Mongolie 内蒙古; Nèi Měnggǔ, vandag n Mongoolse outonome gebied van die Volksrepubliek China. Die terme Buite- en Binne-Mongolie is administratiewe terme wat deur die Qing-disnastie 1644–1911 geskep is. Mongole self gebruik terminologie wat na die liggaam verwys, naamlik Övor "boesem" vir Binne-Mongolie en Ar "rug" vir Buite-Mongolie.

Die Republiek China Taiwan het nie grondwetlik die land se aanspraak op Buite-Mongolie laat vaar nie. Artikel 3 van die" Toespassingsreels vir die Wet wat die verhoudings tussen die mense van die Taiwan gebied en die vasteland gebied bepaal”, wat op 30 Januarie 2002 van krag geword het, is aangepas om Buite-Mongolie van die vastelandgedeelte uit te sluit.

                                     
  • Mongolië en Rusland in die noorde. Han - Chinese is met 79 die grootste etniese groep, gevolg deur Mongole met 17 en Mantsjoes met 2 Buite - Mongolië
  • Daarbenewens is Mongolië die ylbevolkste land ter wêreld. Mongolië se gebied is ongeveer gelyk aan dié van die historiese gebied Buite - Mongolië en die term
  • taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Mongolië Buite - Mongolië en die Chinese outonome gewes van Binne - Mongolië gepraat word. Dit is die mees verspreide
  • het Toewa nie as deel van Buite - Mongolië beskou nie. Die Chinese regering het nooit sy aanspraak op Oerjanchai of Buite - Mongolië laat vaar nie, en tegnies
  • Noord - Shaanxi en Noordoos - Xinjiang, die suidwestelike Binne - Mongolië en die suidelikste deel van Buite - Mongolië is. Dit was sowat 800 000 km2 groot. Die hoofstad
  • Die suidelike bure lê almal buite Rusland. Die grenslyn met die buiteland is 880, 4 km lank, waarvan 288, 7 km met Mongolië die ooste en suidooste is
  • vir die alfabet gebruik word, is misleidend aangesien die Oeigoere van Mongolië die Oud - Turkse rune - skrif gebruik het en eers die plaaslike taal en skrif
  • erken tot vandag toe nie Russiese soewereiniteit oor dié gebied en oor Buite - Mongolië nie en op sommige kaarte uit dié lande val die gebiede onder die Chinese
  • en Noord - Asië behels het. Hoog - of Chinese Tartarye met Oos - Turkestan, Mongolië en soms ook Tibet wat deel uitgemaak het van die Chinese Keiserryk. Vrye
  • in die hoë steppegebiede van Siberië of Mongolië en is veel later gebruik as tempelwagte in China, Mongolië en Tibet. n Bas - reliëf van 150 v.C. tydens
  • noordelike rivier die Sjilka, waarvan die water kom uit die Henti - gebergte in Mongolië en die suidelike rivier die Argoen, wat weer ontspring in die Groot Hinggan - gebergte
  • eie gebied byeengeroep. Baie koninklikes het geweier om n byeenkoms buite Mongolië self by te woon. Die raad wou hom kies as Groot Khan, maar Batoe het

Users also searched:

...