Back

ⓘ Buite-Hebride




Buite-Hebride
                                     

ⓘ Buite-Hebride

Die Buite-Hebride is n eilandreeks langs die weskus van Skotland, noordwes van die Binne-Hebride. Die Buite-Hebride strek 208 km van die eiland Lewis in die noordooste tot by Barra Head in die suide. Dit vorm deel van die Hebrides en word van die Skotse vastelandgebied en van die Binne-Hebride geskei deur die stormagtige waters van die Minch, die Little Minch en die See van die Hebride. Die hoofnywerhede is skaapboerdery en wolprodukte. Dit is ’n gewilde toeristebestemming in die somer.

Die Buite-Hebride vorm deel van die Gàidhealtachd, die tradisionele gebied van die Skots-Gaeliese gemeenskap van Skotland. Skots-Gaelies was te vore die dominante taal van die eilande en dit word steeds hier en daar gepraat, maar dit is in sommige dele grootliks deur Engels verdring.

Die naam vir die parlementêre kiesafdeling van die Verenigde Koninkryk is Na h-Eileanan an Iar, terwyl die Skotse Parlement se kiesafdeling vir die gebied steeds amptelik die Western Isles Westelike Eilande is. Dit word egter gewoonlik as Western Isles Eilean Siar geskryf. Die eilande het vir ongeveer 200 jaar onder Noorweegse heerskappy as Sudreyjar "Suidelike Eilande" bekend gestaan totdat soewereiniteit na Skotland oorgedra is met die Verdrag van Perth in 1266 wat gevolg het op die Slag van Largs drie jaar te vore. In die volksmond staan die eilande soms plaaslik as An t-Eilean Fada of "Die Lang Eiland" bekend; Na h-Eileanan a-Muigh die Buite-Eilande word ook soms in Skots-Gaelies gehoor.

                                     

1. Geografie

Die hoofeilande van die Buite-Hebride vorm n argipel eilandgroep. Die hoofeilande sluit in Lewis en Harris, North Uist, Benbecula, South Uist, en Barra. Groot dele van die westelike kuslyn van die eilande is machair, n vrugbare laagliggende duine wieland.

Talle klein eilandjies is in die Noord-Atlantiese Oseaan om die hoof eilandgroep versprei:

In die weste lê die Monach Islands, Flannan Isles, St Kilda, en Rockall, van naaste na mees ver afgeleeste. Die eilandrots Rockall is die onderwerp van n gebiedsgeskil tussen die Verenigde Koninkryk, Denemarke namens die Faroereilande, Ierland en Ysland. Anton Dohrn Seamount, n ondersese vulkaan, is halfpad tussen St Kilda en Rockall gelee.

In die noorde is daar twee klein afgelee eilande, North Rona en Sula Sgeir, gelee. Die eilande word soms nie as deel van die Buite-Hebride gesien nie, maar word tog as deel van die Western Isles distrik bestuur.

                                     

2. Geskiedenis

Die Buite- en Binne Hebride het voor die 9de eeu onder Noorse beheer gekom en is deur die Nore bevolk. Die Noorse beheer van die Hebride is geformaliseer in 1098 toe Edgar van Skotland die eilande formeel aan Magnus III van Norwee oorhandig het. Die Skotse aanvaarding van Magnus III as Koning van die Eilande het gevolg op die Noorse koning se verowering van die Orkney Eilande, die Hebride en Man in n snelle veldtog teen plaaslike Noorse leiers op die verskillende eilande vroeer dieselfde jaar. Deur die eilande oor te neem het Magnus III die Noormanne wat die eilande eeue te vore ingeneem het onder bedwang gebring en n meer direkte koninklike beheer gevestig.

Noorse beheer van die Binne- en Buite-Hebride het tot byna konstante oorlogvoering gelei totdat dit uiteindelik besleg is deur verdeling van die Westelike Eilande in 1156. Die Buite-Hebride sou onder die beheer van die Koninkryk van Mann en die Eilande bly, terwyl die Buite-Hebrides onder Somerled, die Noors-Keltiese stamverwant van beide Lulach en die Manx-koningshuis. Alhoewel die Binne-Hebride, van 1156 bekend as die Koninkryk van die Hebride, steeds nominaal onder die soewereiniteit van Noorwee was, was die leiers Skots in taal en kultuur eerder as Noors.

Ná sy oorwinning van 1156 het Somerled twee jaar later daarin geslaag om beheer oor die Eiland Man self te bewerkstellig en die laaste Koning van Mann en die Eilande te word en oor al die eilande te heers wat die koninkryk eens ingesluit het. Na Somerled se dood in 1164 sou die heersers van Mann slegs in beheer van die Buite-Hebride wees.

As gevolg van die Verdrag van Perth in 1266 is die Buite-Hebride, te same met die Eiland Man, aan die Koninkryk van Skotland oorhandig.

                                     

3. Plaaslike Regering

Die Western Isles is sedert 1975 n unitêre raad terwyl unitêre rade in die res van Skotland eers in 1996 gevestig is. Sedertdien vorm die eilande een van die 32 unitêre raadgebiede wat nou die hele Skotland dek. Die Western Isles raad staan amptelik onder die Gaeliese naam, Comhairle nan Eilean Siar bekend en staan plaaslik as die Comhairle of n Chomhairle, bekend nadat die naam in terme van die Local Government Gaelic Names Scotland Act 1997 verander is. Die raad is gesetel in die hoofdorp, Stornoway, op Lewis.

Lewis is in die noorde van die eilandgroep en vorm deel van die graafskap Ross-shire. Die res van die groep, insluitend Harris, is deel van Inverness-shire. Tussen 1890 en 1975 was administrasie verdeel deur die Lewis-Harris grens tussen die graafskaprade Ross and Cromarty wat Ross-shire en Cromartyshire gedek het en Inverness-shire.

                                     
  • Nieu - Brittanje Papoea - Nieu - Guinee die Salomonseilande Brittanje die Nuwe Hebride Vanuatu die Fidji - eilande selfstandig Trobriand - eiland Papoea - Nieu - Guinee
  • is Shetland en Orkney in die Noordsee noord van Skotland, die Buite - en Binne - Hebride in die Atlantiese Oseaan wes van Skotland, Anglesey in die Ierse
  • bedek wat van Skotland tot in die Atlantiese Oseaan tot anderkant die Buite - Hebride gestrek het. Ná die laaste terugtrek van die ys ongeveer 20 000 jaar
  • Noorse gemeenskappe wat in en om die Ierse See, Noordelike Eilande en Buite - Hebride van Skotland, insluitend die Shetland - en Orkney - eilande en Noors - Gaeliese
  • opgetree. Noorse Wikings het nedersettings op die Orkney - Shetland - en Hebride - eilande gestig, asook op die eiland Man gestig en hulle daarnaas op die
  • Duitse bedrywigheid in Nieu - Guinee en Franse belangstelling in die Nieu - Hebride eilande naby Australië geleë. Die behoefte aan n nasionale - verdedigingstelsel
  • Solomon - eilande ontdek het, en die van Pedro Fernández de Quirós, wat die Nuwe Hebride in 1605 ontdek het. Die Nederlanders, wat jare lank vir die Portugese as

Users also searched:

...