Back

ⓘ Brakrivier (Karoo)




Brakrivier (Karoo)
                                     

ⓘ Brakrivier (Karoo)

In die Bo-Karoo verwys die naam Brakrivier na etlike strome in twee verskillende maar aanliggende opvangsgebiede. Die dorp Loxton is op die waterskeiding tussen die twee opvangsgebiede gelee, met die boloop van een Brakrivier wes van die dorp, en die boloop van die ander, oos daarvan. Vir die doeleinde van hierdie artikel word hulle onderskei as die Brakrivier, sonder noemenswaardige bolope, en die Brakrivier, met die Klein-Brakrivier, Brakrivier, Brakrivier en Brakpoortrivier as enkele bolope.

                                     

1. Brakrivier wes

Die Brakrivier wes ontspring naby Loxton en is n boloop van die Sakrivier. Dit loop van Loxton af suidweswaarts tot by die samevloeiing. Die Sakrivier syfer eindelik noord van Brandvlei uit in die Grootvloer, n groot pan in Boesmanland. Voorgenoemde twee riviere is die tuiste van die oewerkonyn.

                                     

2. Brakrivier oos

Die Brakrivier oos het verskillende bolope wat ook as Brakrivier bekend staan, en waarvan een die Klein-Brakrivier naby Loxton ontspring. Ver stroomaf vorm die Brakrivier oos, stroomop van Prieska, n sytak van die Oranjerivier.

Oos van Loxton ontspring die Klein-Brakrivier in die Kwaggashoogte 1 603 m, en loop dan deur die Paleydam en Aspelingdam in die omgewing van die vakansieplaas Melton Wold. Die Klein-Brakrivier word stroomaf die Brakrivier Loxton, wat eindelik in die Ongersrivier loop, n linkersytak van die Brakrivier oos.

n Ander boloop, ook Brakrivier Victoria-Wes genoem, ontspring in o.m. die Wolweberg 1 641 m wes van Victoria-Wes, en vloei dan deur voorgenoemde dorp. In die nag van 27 Februarie 1871 was daar n wolkbreuk in die berge 18 km suidwes van die dorp. Die rivier het in n vloedgolf sy oewers oorstroom, totale chaos in die pikdonker nag in die dorp veroorsaak. Mense en vee is meegesleur, en goedere en geboue is verniel. Minstens 60 mense het omgekom. In 1908 het die rivier weer die dorp oorstroom en aansienlike skade aangerig.

Die Brakrivier Victoria-Wes en die Brakpoortrivier vloei saam om die Visgatrivier te vorm, wat op sy beurt n sytak van die Ongersrivier vorm, wat dan in die Smartt-sindikaatdam vloei. Onder hierdie dam vloei die Ongers verder noordwaarts en sluit dan naby Biega se Berg 1 102 m aan by die Brakrivier oos, wat in n gebied suidwes van De Aar ontspring. Die Brakrivier oos vloei 15 km noordoos van Prieska in die Oranjerivier.

                                     

3. Bibliografie

  • Lötter, Daniel: Die grootpad is n grondpad - n koffiekuier by Karoomense. Pretoria: Protea Boekhuis, 2020. ISBN 978-1-4853-1116-4
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 2. Kaapstad: Nasou, 1970.
  • Walton, Christopher red.; OHagan, Tim medered. 1984. Readers Digest Atlas of Southern Africa. Kaapstad: Readers Digest Association South Africa. pp. 102, 119. ISBN 0-947-008-02-0
  • Green, Lawrence G.: Karoo. The story of the Karoos of South Africa – the Great Karoo, the Little Karoo and the far corners of the North West Cape and Namaqualand. Kaapstad: Howard Timmins, 1955.
                                     
  • Burgerville was n dorpie in die Noord - Kaapse Karoo sowat 35 km suidwes van De Aar, wat op 8 Februarie 1907 gestig is, maar in 1936 ophou bestaan het
  • Brooklyn in Pretoria. In 1997 tree Walter af en hulle verhuis na Klein - Brakrivier Die egpaar het twee kinders, n seun Alexander, wat in 1977 in Teheran
  • Onrusrivier afgestig van Hermanus in 2001 Reebok afgestig op Klein - Brakrivier in 1999 en Suidpunt afgestig van Bredasdorp op Struisbaai en L Agulhas
  • Goodwood Goodwoodpark Gordonsbaai Goudini Graafwater Grabouw Greyton Groot - Brakrivier Grootmist Hartenbos Heidekoppie Heidelberg Wes - Kaap Helderberg Herbertsdale
  • gedoen. Die grens tussen die nuwe dorp en Middelburg is soos volg bepaal: Brakrivier op tot Luisfontein, van daar naar Vlakfontein tot Zuurfontein en met den

Users also searched:

...