Back

ⓘ Himalaja




Himalaja
                                     

ⓘ Himalaja

Die Himalaja en ālaya, letterlik "tuiste van die sneeu") is n bergreeks in Suid-Asie, wat die Indo-Ganges-plein van die Tibetaanse plato skei. Dit lê uitgestrek van Pakistan oor Indie, Nepal, Tibet en Bhoetan.

                                     

1. Pieke

Die Himalajaberge is 2 400 km lank en tussen 150 en 280 km breed. Veertien van sy pieke rys tot n hoogte van meer as 8 000 m bo seevlak: Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu, Nanga Parbat, Annapurna, Gasherbrum I, Broad Peak, Gasherbrum II en Shishapangma. Berg Everest is die hoogste bergtop op aarde met n hoogte van 8 848 meter.

In werklikheid bestaan die bergreeks uit drie hoofreekse wat soos n magtige vesting oor Noord-Indie troon. Die bewoners van die streek noem die berge "die tuiste van die sneeu", want die meeste van die berge is hoer as 5 400 m en dus dwarsdeur die jaar met sneeu bedek. Meer as 100 van die pieke is hoer as 6 000 m, meer as 30 is hoer as 7 000 m en veertien is hoer as 8 000 m.

                                     

2. Riviere

Drie van die wêreld se grootste riviere ontspring in die Himalaja: Brahmaputra, Ganges en Indus. Die massiewe Himalaja-bergreeks strek in n halfmaan oor n gebied van 3 250 km tussen die bolope van die Indus- en Brahmaputrariviere in Indie.

Die Himalaja het ontstaan deur die botsing van die Indiese subkontinent met die Eurasiese plat. Die Himalaja-bergreeks vorm deel van die Dak van die Wêreld ", die reusagtige hooglandgebied wat die Karakoram- en Pamir-bergreekse insluit.