Back

ⓘ Bronkhorstspruit




Bronkhorstspruit
                                     

ⓘ Bronkhorstspruit

Bronkhorstspruit is n dorp 50 km oos van Pretoria in die Gautengprovinsie, in Suid-Afrika. Die dorp is genoem na die Bronkhorsplant. Die dorp was die setel van die Kungwini Plaaslike Munisipaliteit, sowel as die Metsweding-distriksmunisipaliteit, maar beide is in 2011 ontbind en by Tshwane geïnkorporeer, dus Bronkhorstspruit ook.

Bronkhorstspruit huisves die Nan Hua-tempel, die grootste Boeddhistiese tempel in die Suidelike Halfrond. Die N4 nasionale pad gaan langs die dorp verby.

                                     

1. Geskiedenis

Die dorp het sy oorsprong te danke aan die spoorlyn van Pretoria na Lourenço Marques nou Maputo in Mosambiek. Die spoorlyn het hierdie gebied in 1894 bereik. In 1904 het CJG Erasmus n dorp op sy plaas Hondsrivier uitgelê en die dorp is Erasmus genoem. In 1935 het die dorpsraad weer die oorspronklike naam Bronkhorstspruit gebruik. Die Slag van Bronkhorstspruit het op 20 Desember 1880 tydens die Eerste Vryheidsoorlog hier naby plaasgevind.

                                     

2. Distrik

Die distrik is 2 700 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen – mielies, grondbone, sorghum, sonneblomsaad, beeste en skape. Vuurklei word ook in die omgewing gemyn en vir uitvoer verwerk. Die gewilde Bronkhorstspruitdam is sowat 10 km suid van die dorp.

                                     
  • Die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit voorheen bekend as Erasmus is die naasoudste gemeente in die GKSA se Klassis Pretoria - Moot en volgens sieletal
  • Die Bronkhorstspruit is n rivier in Gauteng, Suid - Afrika, en n takrivier van die Wilgerivier in die Olifantsrivierbekken, wat sy naam aan die dorp Bronkhorstspruit
  • van Bronkhorstspruit was die eerste geveg wat tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind het. Die Slag het op 20 Desember 1880 by Bronkhorstspruit plaasgevind
  • Die NG gemeente Bronkhorstspruit is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Gautengse dorp Bronkhorstspruit Die gemeente is op
  • Die R25 is n provinsiale roete in Suid - Afrika wat Johannesburg met Groblersdal verbind via Kemptonpark en Bronkhorstspruit
  • R42 is n provinsiale roete in Suid - Afrika wat Vanderbijlpark met Bronkhorstspruit verbind via Vereeniging, Heidelberg en Delmas. Hierdie artikel is n
  • Die R513 is n streeksroete wat Brits met Bronkhorstspruit in Suid - Afrika verbind. Die roete begin waar dit van die R511 aftak 10 km suidoos van Brits
  • is in die noordooste van die Gautengprovinsie geleë net noord van Bronkhorstspruit en suidwes van Ekangala. Zithobeni val onder beheer van die Tshwanemetroraad
  • Barkly - Oos van 1942 1945, Kuruman van 1945 1949, Kimberley 1949 1953 en Bronkhorstspruit 1954 1971. In die kerkverband het hy in verskeie deputategroepe en
  • n streeksroete wat die R25 - provinsiale pad tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit met die R513 - streeksroete in Cullinan verbind. Die roete begin waar
  • noordwaarts en sy hooftak, die Bronkhorstspruit sluit by sy linkerkant aan ongeveer 25 km stroomaf van die dorp Bronkhorstspruit Dit vloei noordoos en sluit
  • Die Bronkhorstspruitdam is n dam in die Bronkhorstspruit in Gauteng, Suid - Afrika. Die hoofdoel van hierdie dam is om as n stuwal teen vloede en n reservoir

Users also searched:

...