Back

ⓘ Hindoeïsme




Hindoeïsme
                                     

ⓘ Hindoeïsme

Hindoeïsme is die grootste godsdiens in Indie, Nepal en Mauritius, asook van ongeveer ’n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika. Dit word ook as ’n dharma, of lewenswyse, beskou. Dit is die derde grootste godsdiens in die wêreld, met meer as 1.25 miljard aanhangers, of 15-16% van die wêreldbevolking, wat as Hindoes bekend is. Die woord "Hindoe" is ’n term wat net buite die groep vir hulle gebruik word, en hoewel Hindoeïsme al die oudste godsdiens in die wêreld genoem is, beskou baie beoefenaars van die godsdiens dit as Sanatana Dharma – dit verwys na die idee dat sy oorsprong buite die menslike geskiedenis gevind kan word, soos in die Hindoegeskrifte onthul word. Nog ’n term is Vaidika dharma, "die dharma van die Vedas", hoewel dit minder gepas is.

Hindoeïsme is ’n uiteenlopende stelsel van gedagtes wat gekenmerk word deur ’n reeks filosofiee en gedeelde begrippe, rituele, kosmologiese stelsels, pelgrimsterreine en gedeelde teksbronne wat onder meer teologie, metafisika, mitologie, Vediese yajna, joga, rituele en tempelbouwerk insluit. Prominente temas in Hindoeïsme sluit in die vier purusharthas, die vier doele van die lewe: dharma etiek/pligte, artha sukses/werk, kama begeertes/passies en moksha bevryding/vryheid van die siklus van dood en hergeboorte/verlossing, sowel as karma aksie, bedoeling en gevolge en samsara die siklus van dood en hergeboorte. Hindoeïsme skryf ewige pligte voor, onder meer eerlikheid, weerhouding daarvan om ander lewende wesens seer te maak, geduld, selfbeheersing, deugsaamheid en deernis. Hindoepraktye sluit in rituele soos puja aanbidding en ritmiese voordrag, meditasie dhyana, sanskara deurgangsrites, jaarlikse feeste en per geleentheid pelgrimstogte. Sommige Hindoes laat hulle sosiale lewe en materiele besittings agter in ruil vir ’n lewe in ’n klooster om moksha te bereik.

Hindoegeskrifte word geklassifiseer as dié wat gehoor is en dié wat onthou word. Die belangrikstes is die Vedas, Upanishads, Puranas, Mahabharatas, Ramayanas en Agamas. Die vier grootste denominasies van Hindoeïsme is tans Vaishnavisme, Shaivisme, Shaktisme en Smartisme. Bronne van gesag en ewige waarhede in die Hindoegeskrifte speel ’n belangrike rol, maar daar is ook ’n sterk Hindoetradisie om gesag te bevraagteken ten einde ’n groter begrip van dié waarhede te ontdek en die tradisie verder te ontwikkel. Buiten dat dit die oorheersende godsdiens in Indie, Nepal en Mauritius is, is daar ook aansienlike Hindoegemeenskappe in Suidoos-Asie, insluitende in Bali in Indonesie, die Karibiese Seegebied, Noord-Amerika, Europa, Oseanie en Afrika. Dit is naas die Islam die vinnigs groeiende godsdiens in die wêreld.

                                     

1. Etimologie

Die woord "Hindoe" is afgelei van die Indo-Ariese/Sanskrit-wortel sindhu. Die Proto-Irannese klankverandering van *s na h het tussen omstreeks 850 en 600 v.C. plaasgevind, volgens die professor in Indologie Asko Parpola.

Die gebruik van die term "Hindoeïsme" om ’n versameling praktyke en geloofsoortuigings te beskryf is ’n redelik onlangse ontwikkeling: Dit is in 1816-17 die eerste keer deur die godsdienshervormer radja Ram Mohun Roy gebruik. Omstreeks 1830 is dit gebruik deur Indiers wat Britse kolonialisme teengestaan het en hulleself wou onderskei van ander godsdiensgroepe.

Die woord "Hindoe" is veel ouer en was vermoedelik die naam wat gebruik is vir die Indusrivier in die noordwestelike deel van die Indiese subkontinent. Die Indo-Ariese woord sindhu beteken "rivier" of "oseaan". Dit word dikwels in die Rigveda gebruik. Volgens die Britse geleerde Gavin Flood is die term die eerste keer gebruik as ’n Persiese naam vir die mense wat oorkant die Indus Sanskrit: Sindhu gewoon het, meer spesifiek in die inskripsie uit die 6de eeu v.C. van Darius I 550-486 v.C. Dit was dus ’n geografiese aanduiding en nie ’n godsdiensterm nie. Onder die vroegste verwysings na "Hindoe" met betrekking tot godsdiens is dalk in die 7de-eeuse Chinese geskrif Rekord van die Westelike streke deur Xuanzang en die 14de-eeuse Persiese geskrif Futuhus-salatin deur Abd al-Malik Isami.

Die Arabiese term al-Hind verwys ook na die mense wat oorkant die Indus woon. Dié term kom van die pre-Islamitiese Persiese term Hindū, wat na alle Indiers verwys. Teen die 13de eeu is Hindustan gebruik as ’n gewilde alternatiewe naam vir Indie, wat beteken die "land van Hindoes".

Die term "Hindoe" is later soms in Sanskritgeskrifte van tussen die 15de en 18de eeu gebruik om ’n onderskeid te tref tussen Hindoes en Moslems, wat Yavanas "buitelanders of Mlecchas "barbare" genoem is. Europese handelaars en koloniste het die term eers teen die einde van die 18de eeu begin gebruik om te verwys na aanhangers van Indiese godsdienste.

                                     

2. Definisies

Hindoeïsme sluit uiteenlopende idees oor spiritualiteit en tradisies in, maar het geen ekklesiastiese orde, onbetwiste godsdiensowerhede, beheerliggaam, profete of heilige boek nie – Hindoes kan kies of hulle politeïsties, panteïsties, panenteïsties, pandeïsties, henoteïsties, monoteïsties, monisties, agnosties, ateïsties of humanisties wil wees. Volgens Doniger is die "idees oor al die belangrike kwessies van geloof en leefstyl – vegetarisme, niegeweld, ’n geloof in hergeboorte, selfs kaste – ’n onderwerp van debat, nie dogma nie".

Vanwee die groot reeks tradisies en idees wat deur die term "Hindoeïsme" gedek word, is dit moeilik om ’n omvattende definisie saam te stel. Die godsdiens "daag ons begeerte uit om dit te definieer en kategoriseer". Dit is al beskryf as ’n godsdiens, ’n godsdienstradisie, ’n stel godsdienstige sienings en ’n "lewenswyse". Uit ’n Westerse leksikale standpunt word na Hindoeïsme as ’n godsdiens verwys, nes na ander gelowe. In Indie word die term "dharma" verkies, wat ’n breer betekenis het as die Westerse woord "godsdiens".

Die studie van Indie en sy kulture en godsdienste, asook die term "Hindoeïsme", is gevorm deur die belange van kolonialisme en deur die Westerse begrip van godsdiens. Sedert die 1990s is dié invloede die onderwerp van debat onder geleerdes en onder kritici van Westerse sienings oor Indie.

                                     

2.1. Definisies Sienings oor strominge

Hindoeïsme, soos wat dit algemeen bekend is, kan in ’n paar groot strominge verdeel word. Van die historiese verdeling in ses hooffilosofiee is twee skole, Vedanta en Yoga, tans die prominentste. As dit volgens hoofgode verdeel word, is die vier moderne strominge Vaishnavisme Vishnu, Shaivisme Shiva, Shaktisme Devi en Smartisme vyf gode wat as gelykes behandel word. Hindoeïsme aanvaar talle goddelike wesens: Baie Hindoes beskou hulle as aspekte of manifestasies van ’n enkele, onpersoonlike absolute realiteit van God; ander Hindoes glo ’n spesifieke godheid verteenwoordig die oppergod en die ander is laer manifestasies van dié oppergod. Ander kenmerke is die erkenning van atman die siel, self, reïnkarnasie van die atman en karma, en ’n geloof in dharma.

McDaniel 2007 klassifiseer Hindoeïsme in ses groot soorte en verskeie klein soorte, ten einde die uitdrukking van emosies onder Hindoes te verstaan. Volgens McDaniel is die hoofsoorte Volkshindoeïsme, geskoei op plaaslike tradisies en kultusse van plaaslike godhede, en die oudste, niegeskrewe stelsel; Vediese Hindoeïsme, wat geskoei is op die vroegste Vedas wat na die 2de millennium v.C. teruggespoor kan word; Vedantiese Hindoeïsme, wat gebaseer is op die filosofie van die Upanishads, insluitende Advaita Vedanta, wat klem lê op kennis en wysheid; Yoga-Hindoeïsme, wat die teks van die Yoga Sutras volg en klem lê op selfondersoekende bewustheid; Dharmiese Hindoeïsme of "daaglike moraliteit", wat volgens McDaniel in sekere boeke gestereotipeer word as die "enigste vorm van die Hindoegodsdiens met ’n geloof in karma, koeie en kaste"; en bhakti of gewyde Hindoeïsme, waar intense emosies uitvoerig geïnkorporeer word in die navolging van die spirituele.

Michaels onderskei tussen drie Hindoegodsdienste en vier vorme van Hindoegodsdienstigheid. Die drie godsdienste is "Brahmanies-Sanskritiese Hindoeïsme", "volks- en stamgodsdienste" en "gestigte godsdienste". Die vier vorme van godsdienstigheid is die klassieke "karma-marga", jnana-marga, bhakti-marga en "heroïsme", met sy wortels in militaristiese tradisies. Dié tradisies sluit in Ramaïsme die aanbidding van Rama, ’n held uit die epiese letterkunde; daar word geglo hy is ’n reïnkarnasie van Vishnu, sowel as dele van politieke Hindoeïsme. "Heroïsme" word ook virya-marga genoem. Volgens Michaels behoort die meeste Hindoes tot een van die "gestigte godsdienste", soos Vaishnavisme en Shaivisme wat op verlossing fokus en dikwels minder klem lê op Brahmaanse priesterlike gesag. Hy sê onder die "gestigte godsdienste" is Boeddhisme, Djainisme en Sikhisme wat nou aparte godsdienste is; sinkretiese bewegings; en verskeie "ghoeroeïsmes" en neogodsdienstige bewegings.



                                     

2.2. Definisies Hindoe-sienings

Hindoes se geloofsoortuigings is uitgebreid en uiteenlopend en daarom word dikwels na Hindoeïsme as ’n "familie godsdienste" verwys eerder as een godsdiens. In dié groep godsdienste is daar verskillende teologiee, praktyke en heilige geskrifte.

Die godsbegrip in Hindoeïsme is kompleks en teenstrydig. In een opsig word Brahma as n panteïstiese god beskou wat in alle dinge en mense teenwoordig is, en in n ander opsig as n transendente, persoonlike god.

Die Hindoeïste het n sterk leerstelling oor reïnkarnasie. Hulle glo dat die menslike siel dikwels in ander liggame op aarde gebore word. Die liggaam word oud en sterf, maar die siel word weer in n nuwe liggaam gebore om sodoende sy ontwikkeling na hoer vlakke van goddelikheid voort te sit. n Beter karma word deur goeie werke en geregtigheid dharma opgebou. Uiteindelik sal die siklus van nuwe geboortes verbreek word wanneer die siel met die universele god saamsmelt. Vroeer of later sal dit met elke mens gebeur – niemand gaan verlore nie. Vir die onkundiges en dwalendes sal dit net langer neem om dié toestand te bereik. n Persoon met n slegte karma, wat deur negatiewe en selfsugtige dade gekenmerk word, sal in sy volgende lewensiklus gestraf word deur n minderwaardiger en moeiliker lewe te lei. Iemand met n goeie karma sal voorspoed, aansien en seeninge ervaar.

                                     

2.3. Definisies Sanatana Dharma

Vir sy aanhangers is Hindoeïsme ’n tradisionele leefwyse. Baie beoefenaars verwys na die "ortodokse" vorm daarvan as Sanatana Dharma, die "ewige wet" of "ewige weg". Hindoes meen Hindoeïsme is duisende jare oud. Die tydlyn van gebeure in die antieke Indiese geskiedenis voorsien ’n chronologie van gebeure in verband met Hindoeïsme wat lank voor 3000 v.C. begin. Die Sanskrit-woord "dharma" het ’n veel breer betekenis as "godsdiens" en is nie gelyk daaraan nie. Alle aspekte van ’n Hindoe se lewe – die verkryging van rykdom artha, die vervulling van wense kama en die verkryging van bevryding moksha is deel van dharma.

Volgens die Encyclopædia Britannica het Sanatana Dharma histories verwys na die "ewige" pligte wat godsdienstig in Hindoeïsme verorden word, soos eerlikheid, die weerhouding daarvan om ander lewende wesens seer te maak, reinheid, selfbeheersing, deugsaamheid, deernis, ensovoorts. Dié pligte geld ongeag ’n Hindoe se klas, kaste of sekte en hulle staan in teenstelling met svadharma, ’n mens se "eie plig" in ooreenstemming met jou klas of kaste varna en lewenstadium purushartha. In onlangse jare is die term deur Hindoe-leiers, hervormers en nasionaliste gebruik om na Hindoeïsme te verwys. Sanatana dharma het ’n sinoniem geword vir die "ewige" waarheid en leringe van Hindoeïsme, wat bo geskiedenis verhewe en "onveranderlik, ondeelbaar en uiteindelik niesektaries is".

Volgens ander geleerdes soos Kim Knott en Brian Hatcher verwys Sanatana Dharma na ’n "tydlose, ewige stel waarhede", en is dit hoe Hindoes die oorsprong van hulle godsdiens beskou. Dit word gesien as dié ewige waarhede en tradisie met ’n oorsprong buite die menslike geskiedenis en wat goddelik onthul word in die Vedas – die antiekste geskrifte van die wêreld. Vir baie Hindoes is die Westerse term "godsdiens" in die mate waarin dit beteken "dogma en ’n instelling wat na ’n enkele stigter teruggespeur kan word", ongeskik vir hulle tradisie, sê Hatcher. Vir hulle is Hindoeïsme ’n tradisie wat na minstens die antieke Vediese era teruggespeur kan word.

                                     

2.4. Definisies Vaidika dharma

Sommige verwys na Hindoeïsme as die Vaidika dharma. Die woord Vaidika beteken "wat afgelei is van die Vedas" of "in verband met die Vedas". Geleerdes het die terme Vaidika en Avaidika tradisioneel gebruik vir onderskeidelik dié wat die Vedas as ’n gesaghebbende bron van kennis beskou en dié wat dit nie doen nie, om te onderskei tussen verskeie Indiese skole van Djainisme, Boeddhisme en Charvaka. Volgens Klaus Klostermaier is die term Vaidika dharma die vroegste selfbeskrywing van Hindoeïsme. Arvind Sharma meen daar is bewyse dat Hindoes dié term al teen die 4de eeu gebruik het.

Die term Vaidika dharma dui op ’n kode of praktyk wat "op die Vedas gebaseer is", maar dit is onduidelik wat dit presies beteken, sê Julius Lipner. Dit beteken nie Hindoes heg ’n algemeen aanvaarde betekenis aan die term nie. Baie het nie afskrifte van die Vedas nie en het dit nie gelees, soos Christene met die Bybel doen en Moslems met die Koran, nie. Dit beteken egter nie hulle hele lewensorientasie kan nie na die Vedas teruggespoor word nie.

Om die Vedas se gesag te aanvaar beteken dikwels bloot dat iemand homself as ’n Hindoe beskou, en "die meeste Indiers bewys vandag lippediens aan die Vedas en het geen erg aan die inhoud van die geskrifte nie".



                                     

2.5. Definisies Hindoe-modernisme

Sedert die 19de eeu het Indiese moderniste Hindoeïsme hervestig as ’n belangrike bate van die Indiese beskawing; hulle het dit "gereinig" van sy tantriese elemente en die fokus op Vediese elemente vergroot. Westerse stereotipes is omgekeer, klem is op die universele aspekte gelê en moderne benaderings tot sosiale probleme is ingestel. Dié veranderings het groot byval gevind – nie net in Indie nie, maar ook in die Weste. Belangrike verteenwoordigers van "Hindoe-modernisme" is radja Ram Mohun Roy, Vivekananda, Sarvepalli Radhakrishnan en Mahatma Gandhi. Roy is bekend as die vader van die Hindoe-renaissance. Hy het ’n groot invloed uitgeoefen op Swami Vivekananda 1863-1902, wat volgens Flood ’n "baie belangrike figuur was in die ontwikkeling van ’n moderne Hindoe-selfbegrip en in die formulering van ’n Westerse siening van Hindoeïsme".

Sentraal tot Vivekananda se filosofie is die idee dat die goddelike in alle wesens bestaan, dat alle mense eenheid met dié "ingebore goddelikheid" kan bereik en dat liefde en sosiale harmonie bevorder sal word as mense dié goddelikheid as die kern van ander sien. Hy het gemeen daar is ’n wesentlike eenheid in Hindoeïsme wat ten grondslag aan die uiteenlopendheid van sy baie vorme lê. Volgens Flood word Vivekananda se visie van Hindoeïsme vandag "algemeen aanvaar deur die meeste Engelssprekende middelklas-Hindoes". Radhakrishnan het Westerse rasionalisme met Hindoeïsme probeer versoen en "Hindoeïsme voorgestel as ’n wesentlik rasionalistiese en humanistiese godsdienservaring".

Dié "globale Hindoeïsme" vind wêreldwyd aanklank en reik bo nasionale grense uit", en volgens Flood "word dit ’n wêreldgodsdiens naas die Christendom, Islam en Boeddhisme", vir beide die Hindoe-diaspora en Westerlinge wat by nie-Westerse kulture en godsdienste aanklank vind. Dit lê klem op universele spirituele waardes soos sosiale geregtigheid, vrede en "die spirituele transformasies van humaniteit". Dit is aangehelp deurdat elemente van die Hindoe-kultuur na die Weste uitgevoer is, daar gewild geraak en as ’n gevolg in Indie weer gewilder geraak het.

                                     

2.6. Definisies Regtelike definisie

Die definisie van Hindoeïsme kragtens die Indiese reg is: "Die aanvaarding van die Vedas met eerbied; die erkenning van die feit dat die maniere van of middele tot verlossing uiteenlopend is; en die besef van die waarheid dat die aantal gode wat aanbid kan word groot is".

                                     

3. Belangrikste tradisies

Hindoeïsme het geen sentrale gesag nie en baie praktiserende Hindoes behoort nie tot enige spesifieke denominasie of tradisie nie. Geleerdes gebruik egter vier belangrike denominasies in studies: Vaishnavisme, Shaivisme, Shaktisme en Smartisme. Die verskille tussen hulle behels hoofsaaklik die sentrale godheid wat aanbid word, die tradisies en die siening oor verlossing. Lipner meen Hindoes volg dikwels meer as een denominasie; hy stel die term "Hindoe-polisentrisme" voor.

In Vaishnavisme word Vishnu en sy avatars aanbid, veral Krishna en Rama. Die volgelinge van dié tradisie is gewoonlik nieasketies, monasties, en geneig tot gemeenskapsgeleenthede en aanbiddingspraktyke wat geïnspireer is deur die "intiem liefdevolle, vreugdevolle, spelerige" Krishna en ander Vishnu-avatars. Dit sluit in gemeenskapsdanse, die sing van kirtans en bhajans, met klank en musiek wat volgens sommige mense meditasie- en spirituele kragte het. Tempelaanbidding en feeste is gewoonlik opgesmuk. Die Bhagavad Gita en die Ramayana, asook Vishnu-geörienteerde Puranas verskaf die teïstiese fondament daarvan. Filosofies is die geloofsoortuigings gewortel in die dualistiese subskole van Vedantiese Hindoeïsme.

In Shaivisme word op Shiva gefokus. Shaivas word meer aangetrek deur asketiese individualisme, en dit het verskeie subskole. Hulle praktyke sluit in bhakti-styl gewydheid, en tog neig hulle geloofsoortuigings na niedualistiese, monistiese skole van Hindoeïsme soos Advaita en Raja Yoga. Sommmige Shaivas aanbid in tempels, terwyl ander klem lê op joga en daarna streef om binne-in een met Shiva te wees. Avatars is ongewoon en sommige Shaivas sien god as halfmanlik, halfvroulik; as ’n vermenging van die manlike en vroulike beginsels Ardhanarishvara. Shaivisme is verwant aan Shaktisme, deurdat Shakti beskou word as die gade van Shiva. Gemeenskapsvierings sluit in feeste en deelname aan pelgrimstogte soos die Kumbh Mela. Shaivisme word veral beoefen in die Himalaja-streek noord van Kasjmir tot by Nepal en in Suid-Indie.

Shaktisme fokus op die aanbidding van die godin Shakti of Devi as kosmiese moeder en word veral beoefen in noordoostelike en oostelike deelstate van Indie soos Assam en Bengale. Devi word uitgebeeld as ’n sagter vorm soos Parvati, die gade van Shiva; of as ’n kragtige vegtergodin soos Kali en Durga. Shakti word erken as die krag wat aan die manlike beginsel tot grondslag lê. Shaktism word ook met Tantra-praktyke verbind. Gemeenskapsvierings sluit in feeste, waarvan sommige optogte en die dompeling van idole in water behels.

Aanbidding in Smartisme sentreer om vyf Hindoe-godhede: Shiva, Vishnu, Ganesha, Surya en Parvati. Die Smarta-tradisie het tydens die vroee klassieke tydperk van Hindoeïsme, omstreeks die begin van die huidige era, ontstaan toe Hindoeïsme uit die wisselwerking tussen Brahmanisme en plaaslike tradisies te voorskyn gekom het. Dié tradisie word verbind met Advaita Vedanta en beskou Adi Shankara as die stigter en hervormer van Smartisme. Die term "Smartisme" is afgelei van die Smriti-geskrifte, wat beteken "dit wat onthou word". Dié vorm van Hindoeïsme beoefen ’n filosofiese Jnana yoga, die bestudering van geskrifte, nadenke en meditasie om die self se eenheid met God te verstaan.

Daar is geen sensusdata beskikbaar oor die demografiese geskiedenis of neigings van die tradisies in Hindoeïsme nie. Ramings verskil oor die aantal gelowiges van die verskillende tradisies. Volgens ’n raming in 2010 deur Johnson en Grim is die Vaishnavisme-tradisie die grootste, met sowat 641 miljoen of 67.6% van Hindoes; gevolg deur Shaivisme, met 252 miljoen of 26.6%; Shaktisme, met 30 miljoen of 3.2%; en ander tradisies, insluitende Neo-Hindoeïsme en Hervorming-Hindoeïsme, met 25 miljoen of 2.6%. Volgens Jones en Ryan is Shaivisme egter die grootste tradisie.

                                     

4. Geloofsoortuigings

Prominente temas in Hindoeïstiese geloofsoortuigings sluit in hoewel dit nie beperk is nie tot dharma etiek/pligte, samsara, karma optrede, bedoeling en gevolge, moksha bevryding van samsara en die verskillende yogas wee of praktyke.

                                     

4.1. Geloofsoortuigings Purusharthas doelwitte van die lewe

In klassieke Hindoeïsme word vier doelwitte van die menslike lewe Purusharthas aanvaar: dharma, artha, kama en moksha.

                                     

4.2. Geloofsoortuigings Dharma regverdigheid, etiek

Dharma Sanskrit: धर्म word beskou as die belangrikste doel van ’n mens se lewe. Die begrip omvat gedrag wat beskou word as in ooreenstemming met die orde wat die lewe en die heelal moontlik maak, en sluit in pligte, regte, wette, gedrag, deugde en "die regte lewenswyse". Dharma is volgens Van Buitenen dit wat alle lewende mense moet aanvaar en respekteer om harmonie en orde in die wêreld te handhaaf.

                                     

4.3. Geloofsoortuigings Artha lewensbestaan, rykdom

Artha Sanskrit: अर्थ is die nastrewing van rykdom vir ’n lewensbestaan, verpligtings en ekonomiese vooruitgang. Dit sluit in die politieke lewe, diplomasie en materiele welsyn. Artha sluit dus alle lewensmiddele, bedrywighede en hulpbronne in wat ’n mens in staat stel om in die toestand te wees waarin hy wil wees wat betref rykdom, beroep en finansiele sekuriteit. Die behoorlike nastrewing van artha word beskou as ’n belangrike doel van die menslike lewe.

                                     

4.4. Geloofsoortuigings Moksha bevryding, bevryding van samsara

Moksha Sanskrit: मोक्ष of mukti Sanskrit: मुक्ति is die uiteindelike, belangrikste doel in Hindoeïsme. In ’n sin is moksha ’n begrip wat verbind word met bevryding van hartseer, lyding en samsara die siklus van geboorte en hergeboorte. Vanwee ’n geloof in die onvernietigbaarheid van die siel word die dood as onbelangrik beskou met betrekking tot die kosmiese self.

Die betekenis van "moksha" verskil van een denkskool tot ’n ander. Advaita Vedanta bepaal byvoorbeeld dat nadat ’n mens moksha bereik het, hy sy "siel, self" ken en dit identifiseer as een met Brahman en almal in alle opsigte. Die volgelinge van Dvaita-skole dualistiese skole identifiseer individuele "siel, self" in ’n moksha-toestand as apart van Brahman, maar oneindig naby, en glo hulle sal die ewigheid in ’n loka hemel deurbring nadat hulle moksha bereik het. Vir teïstiese skole van Hindoeïsme is moksha die bevryding van samsara, terwyl moksha volgens ander skole soos die monistiese skool in die huidige lewe moontlik is en ’n sielkundige begrip is. Volgens Deutsch is moksha ’n perfekte bestaanstoestand – van selfbewuswording, van vryheid en van "bewuswording van die hele heelal as die Self". Klostermaier meen moksha in hierdie skole impliseer ’n bevryding van voorheen belemmerde vermoens, ’n verwydering van hindernisse vir ’n onbeperkte lewe wat ’n mens in staat stel om waarlik ’n persoon in die volle sin te wees; die begrip impliseer ’n ongebruikte menslike potensiaal van kreatiwiteit, meegevoel en begrip wat voorheen geblokkeer is. Moksha is meer as ’n bevryding van die lydingsiklus van geboorte en hergeboorte; die Vedantiese skool verdeel dit in twee: Jivanmukti bevryding in hierdie lewe en Videhamukti bevryding ná die dood.



                                     

4.5. Geloofsoortuigings Karma en samsara

"Karma" kan letterlik vertaal word as "aksie", "werk" of "daad", en verwys ook na die Vediese teorie van "morele wet van oorsaak en gevolg". Die teorie is ’n kombinasie van 1 veroorsaking kousaliteit wat eties kan wees of nie; 2 etisering, dat goeie of slegte dade gevolge het; en 3 hergeboorte. Karma verduidelik die huidige omstandighede van ’n individu aan die hand van sy of haar dade in die verlede. Dié dade en hulle gevolge kan in ’n persoon se huidige lewe wees of, volgens sommige skole, in vorige lewens. Dié siklus van geboorte, lewe, dood en hergeboorte waord samsara genoem. Bevryding van samsara deur moksha verseker langdurige geluk en vrede, word geglo.

                                     

5. Geskrifte

Die antieke geskrifte van Hindoeïsme is in Sanskrit. Hulle word in twee dele geklassifiseer: Shruti en Smriti. Shruti is "nie deur ’n mens gemaak nie", maar aan die rishis sieners geopenbaar en dit word beskou as van die hoogste gesag; die Smriti is mensgemaak en het sekondêre gesag. Hulle is die twee belangrikste bronne van dharma – die ander twee is Sista Achara/Sadachara "gedrag van edel mense" en Atma tusti "wat jouself behaag".

Hindoegeskrifte is saamgestel, gememoriseer en baie eeue lank en oor geslagte heen verbaal oorgedra voordat hulle neergeskryf is. Wysgeers het die leerstellings oor eeue heen verfyn en uitgebrei, en geskrifte ontwikkel met epistemologiese en metafisiese teoriee van ses klassieke skole van Hindoeïsme.

Shruti letterlik "dit wat gehoor word" verwys veral na die Vedas, wat die vroegste rekord van die Hindoegeskrifte uitmaak, en word beskou as ewige waarhede wat aan die antieke wysgeers geopenbaar is. Daar is vier Vedas – Rigveda, Samaveda, Yajurveda en Atharvaveda. Elk word onderverdeel in vier belangrike soorte geskrifte – die Samhitas mantras en seenbedes, die Aranyakas, die Brahmanas kommentaar op rituele, seremonies en offerandes en die Upanishads geskrifte wat meditasie, filosofie en spirituele kennis bespreek.

Die Upanishads is die fondament van Hindoefilosofie en het ’n groot invloed op uiteenlopendes tradisies gehad. Hulle is die invloedrykste van al die Hindoegeskrifte en word beskou as tekste par excellence van Hindoeïsme – hulle sentrale idees beïnvloed steeds gedagtes en tradisies. Daar is 108 Upanishads, waarvan tussen 10 en 13 deur geleerdes beskou word as die heel belangrikstes.

Die merkwaardigste van die Smritis "wat onthou word" is die epiese verhale en die Puranas. Die epiese verhale bestaan uit die Mahabharata en Ramayana. Die Bhagavad Gita "Lied van die Heer" is ’n integrale deel van die Mahabharata een van die gewildste heilige geskrifte in Hindoeïsme. Die Puranas, wat van omstreeks 300 n.C. saamgestel is, bevat uitgebreide mitologiee en is sentraal in die verspreiding van algemene temas van Hindoeïsme deur lewendige vertellings. Die Yoga Sutras is ’n klassieke geskrif vir die Hindoeïstiese Yoga-tradisie, wat in die 20ste eeu opnuut gewild geword het.

Sedert die 19de eeu het Indiese moderniste die "Ariese oorsprong" van Hindoeïsme weer beklemtoon; hulle het die geloof "gesuiwer" van sy tantriese elemente en die Vediese elemente weer uitgelig. Hindoemoderniste soos Vivekananda beskou die Vedas as die wette van die spirituele wêreld wat steeds sal bestaan al word hulle nie meer aan die wysgeers geopenbaar nie. In die tantriese tradisie verwys Agamas na gesaghebbende geskrifte oor die leringe van Shiva aan Shakti, terwyl Nigamas verwys na die Vedas en die leringe van Shakti aan Shiva. In Agamiese skole is die Vedas en Agamas ewe gesaghebbend.

                                     

6.1. Praktyke Rituele

Die meeste Hindoes hou tuis godsdiensrituele. Dié rituele wissel aansienlik van streek tot streek, dorp tot dorp en individu tot individu. Hulle is nie verpligtend nie.

Die aard en plek van die rituele is die individu se keuse. Sommige diep godsdienstige Hindoes doen daagliks rituele soos aanbidding teen dagbreek gewoonlik by ’n gesinsaltaar nadat hulle gebad het. Dit sluit gewoonlik die aansteek van ’n lamp en ’n offerande van kos voor die beelde van gode in, asook die opsê van godsdienstekste, die sing van bhajans gewyde liedere, joga, meditasie, die sing-praat van mantras, ensovoorts.

Vediese rituele voor ’n heilige vuur yajna en die sing van Vediese liedere word ook op spesiale geleenthede uitgevoer, soos op ’n bruilof. Rituele by ander groot gebeure in die lewenstadium, soos ná die dood, sluit die yajna en die praat-sing van Vediese mantras in.

Die woorde van die mantras is "self heilig" en "omvat nie linguistiese uitings nie". Soos Klostermaier opmerk, word hulle eerder in hulle toepassing in Vediese rituele magiese klanke, "’n middel tot ’n doel". In die Brahmaniese perspektief het die klanke hulle eie betekenis; mantras word beskou as "oerritmes van die skepping" wat dit waarna hulle verwys, voorafgegaan het. Deur hulle op te sê word die kosmos geregenereer. "Solank as wat die suiwerheid van die klanke behou word, sal die opsê van die mantras doeltreffend wees, of hulle deur mense verstaan word of nie."

                                     

6.2. Praktyke Deurgangsrites

Groot mylpale in die lewe word in Hindoeïsme as sanskaras deurgangsrites gevier. Die deurgangsrites is nie verpligtend nie en verskil grootliks van een gender, gemeenskap of streek tot die ander. Die Gautama Dharmasutra is in die middel van die eerste millennium v.C. saamgestel en lys 48 sanskaras, terwyl die Gryhasutra en ander geskrifte wat eeue later saamgestel is, tussen 12 en 16 sanskaras noem. Die lys sanskaras omvat beide uiterlike rituele, soos die viering van ’n baba se geboorte en ’n baba se naamgeeseremonie, en innerlike rites van resolusies en etiek, soos barmhartigheid en ’n positiewe houding.

Die belangrikste deurgangsrites sluit in swangerskap, die rite voor die fetus begin beweeg en skop, die ooievaarstee, viering van die geboorte, naamgeeseremonie, baba se eerste uitstappie, eerste vaste kos, eerste haarsny, begin van sy skoolloopbaan, ensovoorts. Ander is die eerste skeer vir seuns en maandstonde vir meisies, ’n gradeplegtigheid, bruilof, vas, en verassing vir ’n volwassene en begrafnis vir ’n kind.

                                     

6.3. Praktyke Bhakti

Bhakti verwys na aanbidding, deelneming in en liefde vir ’n god. Bhakti-marga word beskou as een van baie moontlike paaie van spiritualiteit en ’n alternatiewe weg na moksha. Die ander paaie, wat die keuse van die aanbidder is, is Jnana-marga pad van kennis, Karma-marga pad van werke en Raja-marga pad van oordenking en meditasie.

Bhakti word op verskeie maniere beoefen, van die opsê van mantras en japas towerspreuke tot individuele, privaat gebede by die tuisaltaar of in ’n tempel voor ’n beeld van ’n god. Hindoetempels en tuisaltaars is belangrike elemente van aanbidding in hedendaagse teïstiese Hindoeïsme. Terwyl baie mense op spesiale geleenthede ’n tempel besoek, vind die meeste daaglikse gebede plaas by ’n tuisaltaar, gewoonlik ’n deel van die huis wat heilige beelde van gode of ghoeroes bevat.

’n Vorm van daaglikse aanbidding is aarti smeekbede, ’n ritueel waartydens ’n vlam geoffer en ’n pryslied gesing word. Voorbeelde is Om Jai Jagdish Hare, ’n gebed tot Vishnu, en Sukhakarta Dukhaharta, ’n gebed tot Ganesha. Ander gemeenskaps- en persoonlike praktyke sluit in puja, kirtan of bhajan, waar ’n groep aanbidders gewyde liedere en verse lees of gedigte sing. Terwyl die keuse van die god van die aanbidder afhang, is die gewildste tradisies Vaishnavisme, Shaivisme en Shaktisme. ’n Hindoe kan verskeie gode aanbid, almal as henoteïstiese manifestasies van dieselfde hoer god, kosmiese gees en absolute spirituele begrip wat Brahman genoem word.

Hoewel bhakti-praktyke gewild en maklik uitvoerbaar is, beoefen nie alle Hindoes dit nie.

                                     

6.4. Praktyke Feeste

Hindoefeeste Sanskrit: Utsava ; letterlik "om hoer te lig" is seremonies wat die individuele en sosiale lewe met dharma verweef. Hindoes vier baie feeste deur die jaar. Die datums word bepaal volgens die Hindoekalender, ’n maansonkalender; baie vind plaas met óf volmaan Holi óf donkermaan Divali, dikwels met seisoenswisselings. Sommige feeste word net in ’n sekere streek gevier en behels plaaslike tradisies, terwyl ’n paar soos Holi en Divali wêreldwyd plaasvind.

Op die feeste word gewoonlik gebeure in Hindoeïsme gevier, insluitende spirituele temas en die viering van aspekte van menslike verhoudings, soos die band tussen broers en susters tydens Raksha Bandhan. ’n Fees gedenk soms verskillende stories, na gelang van die Hindoedenominasie, en behels streektemas, tradisionele landbou, plaaslike kuns, familiebyeenkomste en puja-rituele.

’n Paar groot streek- en wêreldwye feeste is:

                                     

6.5. Praktyke Pelgrimstogte

Baie Hindoes onderneem pelgrimstogte, wat histories ’n belangrike deel van Hindoeïsme was en vandag steeds is. Pelgrimsterreine word tirtha, kshetra, gopitha of mahalaya genoem. Die reisproses na ’n tirtha is ’n Tirtha-yatra. Volgens die Hindoegeskrif Skanda Purana is daar drie soorte tirtha: Jangam Tirtha is na ’n beweegbare plek van ’n sadhu, rishi of ghoeroe; Sthawar Tirtha is na ’n onbeweegbare plek, soos Benaras, Haridwar, berg Kailash of heilige riviere; Manas Tirtha is na ’n geestesplek van waarheid, welsyn, geduld, meelewing, sagte spraak en die siel.

Pelgrimstogterreine word genoem in die epiese Mahabharata en die Puranas. Kumbh Mela is ’n groot pelgrimstog op die vooraand van die sonfees Makar Sankranti. Dit word vier keer in 12 jaar op een van vier terreine gehou: Prayag Raj, by die samevloei van die riviere Ganges en Yamuna; Haridwar, naby die oorsprong van die Ganges; Ujjain, aan die rivier Shipra; en Nasik, aan die oewer van die rivier Godavari. Dit is een van die grootste massapelgrimstogte ter wêreld, met ’n geraamde 40 miljoen tot 100 miljoen mense wat deelneem. Op dié geleentheid word tot die son gebid en in die rivier gebad, ’n tradisie wat aan die Indiese filosoof en teoloog Adi Shankara toegeskryf word.

Sommige pelgrimstogte is deel van ’n vrata gelofte, wat ’n Hindoe om verskeie redes kan aflê. Dit gedenk dalk ’n spesiale geleentheid, soos die geboorte van ’n kind, ’n deurgangsrite soos ’n kind se eerste haarsny, of die herstel van ’n siekte. Dit kan ook wees uit dankbaarheid vir gebede wat verhoor is. Ander redes vir ’n tirtha kan wees om geestelike waarde daaruit te kry om na beroemde tempels te reis of in riviere soos die Ganges te bad. Dit kan ook wees om boete te doen en berou te betoon, vir onbedoelde foute en bedoelde sondes, in die Hindoetradisie.

Die regte prosedure van ’n pelgrimstog word algemeen in Hindoegeskrifte beskryf. ’n Gewilde siening is dat die reis of ’n deel daarvan te voet afgelê moet word en dat net van ’n vervoermiddel gebruik gemaak word as die pelgrimstog andersins onmoontlik sou wees.

                                     

7.1. Persoon en gemeenskap Varnas

Die Hindoegemeenskap word in vier klasse, of varnas, gekategoriseer: die Brahmins, Vediese onderwysers en priesters; Kshatriyas, stryders en konings; Vaishyas, boere en handelaars; en Shudras, diensknegte en werkers.

Die Bhagavad Gita verbind die varna met ’n individu se plig svadharma, ingebore natuur svabhava en natuurlike neigings guna. Die Manusmriti kategoriseer die verskillende kastes. Sommige sosioloe meen beweegbaarheid en buigsaamheid binne die varnas weerspreek bewerings van sosiale diskriminasie in die kastestelsel, maar ander verskil. Geleerdes debatteer oor of die sogenaamde kastestelsel deel is van Hindoeïsme weens die geskrifte of weens sosiale gebruike. Sommige hedendaagse kenners voel die kastestelsel is deur die Britse koloniale regering geskep.

Geleerdes wat afstand van die wêreld gedoen het, word in Vedantiese werke beskou as "bo alle varnas verhewe". Monnike word aanbeveel om hulle nie te bekommer oor die kaste van die gesin by wie hulle kos bedel nie. Geleerdes soos Adi Sankara bevestig dat Brahman nie net bo alle varnas verhewe is nie; die man wat met hom geïdentifiseer word, styg ook uit bo die onderskeid en beperkings van kaste.

                                     

7.2. Persoon en gemeenskap Joga

Hoe ’n Hindoe ook al die doel van die lewe definieer, daar is verskeie metodes jogas wat deur wyse manne geleer word om dié doel te bereik. Joga is ’n Hindoedissipline wat die liggaam, gees en bewussyn oefen vir gesondheid, kalmte en spirituele insig. Geskrifte wat aan joga gewy word, sluit in die Yoga Sutras, Hatha Yoga Pradipika, Bhagavad Gita en, as hulle filosofiese en historiese basis, die Upanishads. Daar is vier vorme van joga, of marga paaie: Bhakti Yoga die pad van liefde en toegewydheid, Karma Yoga die pad van regte optrede, Raja Yoga die pad van meditasie en Jnana Yoga die pad van wysheid. ’n Individu kan een of meer jogas bo die ander verkies, volgens sy geneigdheid of begrip. Die gebruik van een joga sluit nie ander uit nie. Die moderne praktyk van joga as oefening tradisioneel "Hatha Yoga", word deesdae bloot "joga" genoem en die verband daarvan met Hindoeïsme word soms betwis.

                                     

7.3. Persoon en gemeenskap Simboliek

Hindoeïsme het ’n stelsel van simboliek en ikonografie ontwikkel om dit wat heilig is in kuns, argitektuur, letterkunde en aanbidding uit te beeld. Dié simbole se betekenis kom uit geskrifte of kulturele tradisies. Die lettergreep "Om" wat die Brahman en atman verteenwoordig het ontwikkel om Hindoeïsme self te verteenwoordig, terwyl ander tekens soos die swastika goeie vooruitsig verteenwoordig en tilaka letterlik "saad" op die voorkop – wat beskou word as die ligging van die spirituele derde oog – die teken is van ’n seremoniele verwelkoming, seen of ’n mens se deelname aan ’n ritueel of deurgangsrite.

Blomme, voels, diere, instrumente, simmetriese mandalatekeninge, idole en ander voorwerpe is alles deel van die Hindoeïstiese ikonografie.

                                     

7.4. Persoon en gemeenskap Ahimsa, vegetarisme en ander kosgebruike

Hindoes is ten gunste van ahimsa niegeweld en respek teenoor alle lewende dinge omdat geglo word goddelikheid kom voor in alle wesens, insluitende plante en diere. Die term "ahimsa" kom voor in die Upanishads en die epiese Mahabharata, en is die eerste van die vyf yamas geloftes van selfbeheersing in Patanjali se Yoga Sutras.

In ooreenstemming met ahimsa volg baie Hindoes ’n vegetariese dieet uit respek vir ander lewensvorme. Ramings in Indie van streng laktovegetariers, wat nooit enige vleis, vis of eiers eet nie, wissel tussen 20% en 42%, terwyl ander minder streng vegetaries of nievegetaries is.

Dié wat wel vleis eet, verkies ’n vinnige manier om diere dood te maak omdat dit die dier se lyding verminder. Sommige Hindoes vermy vleis op spesifieke feesdae en geleenthede. Koeie in die Hindoegemeenskap word tradisioneel beskou as versorgers en moederlike figure, en word vereer as ’n simbool van onselfsugtige gawe.

Hindoes glo kos beïnvloed die liggaam, brein en gees. Sommige Hindoegeskrifte beveel mitahara om met matigheid te eet aan as een van die yamas.

Sommige Hindoes, soos dié in die Shaktisme-tradisie en in streke soos Bali en Nepal, offer diere. Die geofferde dier word as rituele voedsel geeet. Daarteenoor staan Vaishnava-Hindoes dit ten sterkte teen. Die praktyk van niegeweld teenoor diere word so algemeen aanvaar in Hindoeïsme dat diere-offerandes oor die algemeen baie min voorkom.

                                     

8.1. Instellings Tempels

Hindoetempels is vol simboliek en bevat alle elemente van die Hindoekosmologie. Die spits van die toring of koepel verteenwoordig berg Meru en is ’n herinnering aan die woonplek van Brahma en die middel van die spirituele heelal; die kunswerke en ikonografie simboliseer dharma, kama, artha, moksha en karma. Die uitleg, motiewe, plan en bouproses weerspieel antieke rituele, geometriese simbole en die geloofsooruigings en waardes van verskeie Hindoeïstiese skole. Die tempels is spirituele bestemmings vir baie Hindoes nie almal nie, sowel as landmerke vir kuns, jaarlikse feeste, deurgangsrites en gemeenskapsvierings.

Hindoetempels het baie verskillende style, is op uiteenlopende plekke gebou en is die produk van verskillende boumetodes. Hulle word aangepas by verskillende gode en streekgebonde geloofsoortuigings. Twee belangrike style is die Gopuram-styl, wat in Suid-Indie aangetref word, en die Nagara-styl van Noord-Indie. Ander sluit in grot-, woud en bergtempels. Ondanks dié verskille deel hulle feitlik almal sekere argitektoniese beginsels, kernidees, simboliek en temas. Baie tempels bevat een of meer idole. Die idool en heilige area in die middel van die tempel dien as fokuspunt. In groter tempels word die sentrale area gewoonlik omring deur ’n loopgang vir die aanbidders.

                                     

8.2. Instellings Ashrama

Die lewe van ’n Hindoe word tradisioneel in vier ashramas lewensfases ingedeel: brahmacharya student, grihastha hoof van die huis, vanaprastha afgetredene en sannyasa wêreldversaking. Brahmacharya is ’n mens se lewe as jong mens, grihastha die getroude lewe met die pligte om ’n huis te onderhou, om ’n gesin groot te maak en op te voed en om ’n gesinslewe en godsdienstige sosiale lewe te lei. Dit begin by die bruilof en word beskou as die belangrikste fase in sosiologiese verband, want Hindoes probeer nie net ’n vroom lewe lei in hierdie fase nie, maar voorsien ook kos en geld aan mense in ander lewenstadiums en hulle nageslag. Vanaprastha is die aftredestadium waarin iemand die verantwoordelikhede van die huishouding aan die volgende geslag oordra, ’n raadgewende rol vervul en geleidelik aan die wêreld begin onttrek. Sannyasa is ’n finale onttrekking aan die wêreld en ’n toestand van onbelangstelling, ’n losmaak van die materiele lewe en eiendom, en ’n fokus op moksha, vrede en ’n eenvoudige spirituele lewe.

Hoewel dié fases gewoonlik op mekaar volg, kan enigiemand die sannyasa -fase binnegaan en enige tyd ná die brahmacharya -fase ’n askeet word. Sannyasa is nie verpligtend nie en ouer mense mag saam met hulle gesinne woon.

                                     

8.3. Instellings Monastisisme

Sommige Hindoes kies om ’n kloosterlewe sannyasa te lei, op soek na bevryding moksha of ’n ander vorm van spirituele perfeksie. Monnike verbind hulle aan ’n eenvoudige en selibaat lewe, sonder die najaging van materiele dinge, of met meditasie en spirituele oordenking. ’n Hindoemonnik word ’n sanyasi, sadhu of swami genoem. ’n Vrou is ’n sanyasini. Mense wat hulle aan die wêreld onttrek, word hooggeag vanwee hulle eenvoudige ahimsa-gedrewe leefstyl en toewyding daaraan om moksha te bereik – laasgenoemde word as die hoogste doel in Hindoeïsme beskou.

Sommige monnike woon in kloosters, terwyl ander van plek tot plek swerf, na gelang van waar hulle kos en liefdegawes kry.

                                     

9. Geskiedenis

Hindoeïsme se uiteenlopende geskiedenis oorvleuel of val saam met die ontwikkeling van godsdiens op die Indiese subkontinent sedert die Ystertydperk, en sommige van die tradisies kan teruggespeur word na die prehistoriese godsdienste soos dié van die Indusvalleibeskawing in die Bronstydperk. Dit is dus al die "oudste godsdiens" ter wêreld genoem. Geleerdes beskou Hindoeïsme as ’n samestelling van verskeie Indiese kulture en tradisies, met uiteenlopende wortels en geen enkele stigter nie.

Die geskiedenis van Hindoeïsme word dikwels verdeel in ontwikkelingstydperke. Die eerste tydperk is die voor-Vediese tyd, wat die Indusvalleibeskawing en plaaslike prehistoriese godsdienste insluit; dit het omstreeks 1750 v.C. geeindig. Dit is in Noord-Indie gevolg deur die Vediese tydperk, met die bekendstelling van die historiese Vediese religie met die Indo-Ariese migrasies, wat tussen omstreeks 1900 en 1400 v.C. begin het. Die daaropvolgende tydperk, tussen 800 en 200 v.C., is "’n keerpunt tussen die Vediese religie en Hindoegodsdienste", en ’n vormingstydperk vir Hindoeïsme, Djainisme en Boeddhisme.

Die Epiese en Vroee Puranatydperk, van omstreeks 200 v.C. tot 500 n.C., was die klassieke "goue eeu" van Hindoeïsme en het saamgeval met die Guptaryk. In dié tyd het die ses takke van Hindoefilosofie ontstaan, naamlik Samkhya, Yoga, Nyaya, Vaisheshika, Mimamsa en Vedanta. Monoteïstiese sektes soos Shaivisme en Vaishnavisme het in dieselfde tyd ontwikkel deur die Bhakti-beweging. Die tydperk rofweg tussen 650 en 1100 n.C. vorm die laat klassieke tydperk of vroee Middeleeue, waarin klassieke Puraniese Hindoeïsme gevestig is, en Adi Shankara se invloedryke konsolidasie van Advaita Vedanta plaasgevind het.

Onder beide Hindoe- en Islamitiese heersers van omstreeks 1200 tot 1750 het die Bhakti-beweging belangriker geword en dit is vandag steeds invloedryk. In die koloniale tydperk het verskeie Hindoeïstiese hervormingsbewegings die lig gesien wat deels deur Westerse bewegings soos Unitarisme en Teosofie beïnvloed is. Die verdeling van Indie in 1947 was met godsdienstige grense langs, met die Republiek Indie wat uit die Hindoemeerderheid ontstaan het. Gedurende die 20ste eeu het Hindoeminderhede vanwee die Hindoeïstiese diaspora op alle kontinente gevorm, met die grootste gemeenskappe wat getalle betref in die VSA en Brittanje.

                                     

10. Demografie

Hindoeïsme is ’n belangrike godsdiens in Indie. Volgens die land se 2011-sensus het 79.8% van die bevolking van 1.21 miljard Hindoeïsme aangehang dit is 960 miljoen Indiers. Ander aansienlike bevolkings kom voor in Nepal 23 miljoen, Bangladesj 15 miljoen en die Indonesiese eiland Bali 3.9 miljoen. Die meeste van Vietnam se Cham-volk is ook volgelinge, met die grootste konsentrasie in die provinsie Ninh Thuan.

Lande met die grootste persentasie Hindoes is:

Demografies is Hindoeïsme die grootste godsdiens in die wêreld naas die Christendom en Islam.

                                     

11. Skakels

  • "International Journal of Dharma Studies". International Journal of Dharma Studies in Engels. Besoek op 2021-03-17.
  • Vediese Hindoeïsme S.W. Jamison en M. Witzel, Harvard University
  • Heart of Hinduism: An overview of Hindu traditions, ISKCON Hare Krishna-beweging
  • Advaita Vedanta deur Sangeetha Menon, IEP
  • Die Hindoegodsdiens, Swami Vivekananda 1894, Wikisource
  • What is Hinduism?, redakteurs van Hinduism Today
  • "Oxford Centre for Hindu Studies". University of Oxford in Engels.
  • Whats in a Name? Agama Hindu Bali in the Making – Hinduism in Bali, Indonesia Michel Picard, Le CNRS Parys, Frankryk
  • "Hindoeïsme". Encyclopædia Britannica aanlyn.
  • Hinduism outside India, n bibliografie, Harvard University The Pluralism Project
  • Hindoefilosofie en Hindoeïsme, IEP, Shyam Ranganathan, York University
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hindoeïsme.
  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.