Back

ⓘ Vroeë moderne mens



Vroeë moderne mens
                                     

ⓘ Vroeë moderne mens

Vroee moderne mens of anatomies moderne mens is terme wat gebruik word om Homo sapiens wat anatomies met huidige mense ooreenstem, te onderskei van argaïese mense. Dié onderskeid is veral nuttig vir tye en streke waar anatomies moderne en argaïese mense saam bestaan het, soos in die Paleolitikum van Europa. Van die oudste bekende oorblyfsels van Homo sapiens is dié wat ontdek is by Omo-Kibish I in Ethiopie van sowat 196 000 jaar gelede, Florisbad in Suid-Afrika van sowat 259 000 jaar gelede en Jebel Irhoud in Marokko van sowat 300 000 jaar gelede.

Uitgestorwe spesies van die genus Homo sluit in Homo erectus en ’n aantal ander spesies wat deur sommige taksonome as subspesies van óf H. sapiens óf H. erectus beskou word. Die vertakking van die lyn wat van H. erectus of ’n tussengangerspesie soos Homo antecessor tot H. sapiens gelei het, het na raming rofweg 500 000 jaar gelede in Afrika plaasgevind. Die vroegste fossielvondste van vroee moderne mense is van sowat 300 000 jaar gelede in Afrika, met die vroegste genetiese vertakking onder moderne mense min of meer dieselfde tyd, volgens sommige bewyse.

’n Kruisteling tussen argaïese en moderne mense het in beide Afrika en ná die uittog uit Afrika in Eurasie plaasgevind, tussen sowat 30 000 en 100 000 jaar gelede.

                                     

1. Naam en taksonomie

Die binomiale naam Homo sapiens is in 1758 deur Linnaeus begin gebruik in die 10de uitgawe van Systema Naturae. Die Latynse woord homō genitief: hominis beteken "mens" en sapiēns beteken "wys, verstandig".

Aanvanklik is geglo die spesie het sowat 300 000 tot 200 000 jaar gelede uit ’n voorouer binne die genus Homo ontstaan. Die probleem met die morfologiese klassifikasie "anatomies modern" was dat dit sekere bestaande bevolkings sou uitsluit. Om dié rede is ’n lyngebaseerde kladistiese definisie van H. sapiens voorgestel waarin H. sapiens by definisie sou verwys na die moderne menslike lyn ná die vertakking van die Neanderdaller-lyn. So ’n kladistiese definisie sou die ouderdom van H. sapiens verleng tot meer as 500 000 jaar.

Ramings vir die vertakking russen die H. sapiens -lyn en die gesamentlike Neanderdaller/Denisova-lyn wissel tussen 503 000 en 565 000 jaar gelede; tussen 550 000 en 765 000 jaar gelede; en gabaseer op tempos van tandevolusie moontlik meer as 800 000 jaar gelede.

Bestaande menslike bevolkings is histories verdeel in subspesies, maar sedert omstreeks die 1980s word almal in net een spesie, H. sapiens, saamgevat en word subspesies heeltemal vermy.

Sommige bronne noem die Neanderdallers H. neanderthalensis ’n subspesie H. sapiens neanderthalensis. Net so word H. rhodesiensis soms geklassifiseer as die subspesie H. sapiens rhodesiensis. Dié twee groepe word egter meer dikwels as aparte spesies binne die genus Homo hanteer.

Alle mense word beskou as deel van die subspesie H. sapiens sapiens, maar daar word oor die naam gedebatteer omdat ’n spesie gewoonlik nie ’n subspesiekategorie kry tensy daar bewyse van verskeie aparte subspesies is nie.

                                     

2.1. Ouderdom en spesievorming Afskeiding van H. erectus

Die afskeiding van die H. sapiens -lyn van die argaïese mense wat van H. erectus afgeskei het, word geraam op sowat 500 000 jaar gelede. Die oudste vertakking onder moderne menslike bevolkings soos die Khoisan se vertakking van ander bevolkings was meer onlangs – tussen 350 000 en 260 000 jaar gelede volgens ’n studie in 2017, en die vroegste bekende fossiele van H. sapiens dateer van min of meer dieselfde tyd; dit sluit die Jebel Irhoud-oorblyfsels van Marokko sowat 300 000 of 350 000 - 280 000 jaar gelede, die Florisbad-skedel van Suid-Afrika sowat 259 000 jaar gelede en die Omo-oorblyfsels van Ethiopie sowat 195 000 jaar gelede in.

’n Studie met mitochondriale DNS in 2019 stel ’n oorsprong van moderne mense in Botswana en ’n Khoisan-vertakking omtrent 200 000 jaar gelede voor. Ander geleerdes het dié voorstel egter gekritiseer. Onlangse geneties, fossiele en argeologiese bewyse dui op ’n oorsprong van H. sapiens sowat 100 000 jaar vroeer en in ’n groter streek van Afrika as wat in die studie voorgestel is.

In September 2019 het wetenskaplikes voorgestel dat die vroegste H. sapiens en die laaste gemeenskaplike menslike voorsaat van die modern mens tussen sowat 350 000 en 260 000 jaar gelede ontwikkel het deur ’n vermenging van bevolkings in Oos-Afrika en Suid-Afrika.

’n Alternatiewe voorstel definieer H. sapiens kladisties as insluitende die lyn van moderne mense sedert die vertakking vanaf die Neanderdaller-lyn rofweg 500 000 tot 800 000 jaar gelede.

Die tyd van die vertakking tussen die argaïese H. sapiens en die voorouers van die Neanderdallers en Denisovas, wat deur ’n genetiese bottelnek van laasgenoemde veroorsaak is, word geraam op 744 000 jaar gelede. Dit was gekombineer met herhaalde vroee kruistelings en die Denisovas se vertakking van die Neanderdallers 300 generasies nadat hulle van H. sapiens vertak het, soos bepaal deur Rogers et al. 2017.

In die 1980s is gedebatteer oor die afskeiding van die enkele, redelik homogene spesie H. sapiens van meer uiteenlopende varieteite van argaïese mense wat almal afgestam het van die vroeere verspreiding van H. erectus sowat 1.8 miljoen jaar gelede in terme van twee mededingende modelle: die model "onlangse ontstaan in Afrika", waarvolgens H. sapiens uit ’n enkele bron in Afrika ontstaan het wat uitgebrei en tot die uitsterwing van alle ander menslike varieteite gelei het, en die model "multistreek-evolusie", waarvolgens streekvorme van argaïese mense oorleef het en geleidelik dwarsdeur die Pleistoseen in die moderne menslike varieteite saamgevloei het deur onder meer geenvloei en natuurlike seleksie.

Sedert die 2000s het die beskikbaarheid van data van argeo- en bevolkingsgenetika gelei tot ’n meer gedetailleerde prentjie, wat tussen bogenoemde twee modelle val: Die onlangse Uit Afrika-verspreiding gee rekenskap van die grootste deel van die menslike stamboom, terwyl daar ook aansienlike kruisteling met argaïese mense was.

Sedert die 1970s word die Omo-oorblyfsels van sowat 195 000 jaar gelede dikwels beskou as die konvensionele afsnypunt vir die opkoms van "anatomies moderne mense". Sedert die 2000s het die ontdekking van ouer oorblyfsels met ooreenstemmende eienskappe en die ontdekking van voortgesette verbastering tussen "moderne" en "argaïese" bevolkings ná die tyd van die Omo-oorblyfsels ’n nuwe debat in vaktydskrifte laat ontstaan oor die ouderdom van H. sapiens. H. s. idaltu van 160 000 jaar gelede is in 2003 ’n uitgestorwe subspesie van H. sapiens genoem. H. neanderthalensis, wat sowat 40 000 jaar gelede uitgesterf het, is ook in ’n stadium beskou as ’n subspesie, H. s. neanderthalensis.

H. heidelbergensis van sowat 600 000 tot 300 000 jaar gelede is lank beskou as ’n waarskynlike kandidaat vir die laaste gemeenskaplike voorsaat van die Neanderdallers en moderne mense. Dit lyk egter of genetiese bewyse van die Sima de los Huesos-fossiele wat in 2016 gepubliseer is, daarop dui dat H. heidelbergensis ingesluit behoort te word in die Neanderdaller-lyn, as óf "voor-Neanderdaller" óf "vroee Neanderdaller". Terselfdertyd is die tyd van die vertakking tussen die Neanderdallers en moderne lyne teruggeskuif na voor die opkoms van H. heidelbergensis, na byna 800 000 jaar gelede, min of meer die tyd toe H. antecessor verdwyn het.

                                     

2.2. Ouderdom en spesievorming Vroee Homo sapiens

Die term middel-Paleolitikum is geskep om die tydperk te dek tussen die opkoms van H. sapiens rofweg 300 000 jaar gelede en die tyd wat volgens sommige dui op volle moderne gedragspatrone rofweg 50 000 jaar gelede, toe die laat Paleolitikum begin het.

Baie vondste van vroee mense, soos dié by Jebel Irhoud, Omo, Herto, Florisbad, Skhul, die Edelhertgrot en Peștera cu-oase, toon ’n mengsel van argaïese en moderne eienskappe. Skhul V het byvoorbeeld prominente oogkaste en ’n uitstaangesig. Die breinkas is egter taamlik rond en, anders as Neanderdallers se brein, soortgelyk aan dié van moderne mense. Dit is onseker of die rubuuste eienskappe van sommige van die vroee moderne mense, soos Skhul V, gemengde afkoms of die behoud van ouer eienskappe weerspieel. Die "skraal" skelet van anatomies moderne mense is al verbind aan ’n verandering in gedrag.

Daar is bewyse dat die kenmerkende ontwikkeling van die menslike brein, veral die prefrontale korteks, was as gevolg van "’n buitengewone versnelling van metaboloom-evolusie. wat saamgeloop het met ’n drastiese afname in spierkrag. Die waargenome vinnige metaboliese veranderings in die brein en spiere, tesame met die unieke menslike kognitiewe vermoens en lae spiergebruik, kan parallelle meganismes in menslike evolusie weerspieel." Spiese en ander artefakte wat tussen 1994 en 1998 in Duitsland opgegrawe is, bewys komplekse tegnologiese vermoens het reeds 300 000 jaar gelede bestaan; dit is die oudste duidelike bewyse van ’n aktiewe grootwildjagtog. H. heidelbergensis het reeds intellektuele en kognitiewe vermoens gehad, soos om vooruit te beplan en dink – iets wat gewoonlik net aan die moderne mens toegeskryf word.

Die voortgesette verbastering tussen moderne mense en ander bevolkings maak dit moeilik om die ouderdom van die mees onlangse moederlike en vaderlike gemeenskaplike voorsaat die sogenaamde mitochondriale Eva en Y-chromosomale Adam te raam. Ramings van die ouderdom van laasgenoemde is aansienlik teruggeskuif sedert die ontdekking van ’n antieke Y-chromosomale lyn in 2013, na moontlik verder as 300 000 jaar gelede. Daar is egter geen verslae oor Y-chromosomale of mitochondriale DNS wat van argaïese mense behoue gebly het en die ouderdom van die mees onlangse vaderlike en moederlike gemeenskaplike voorsaat verder sou terugskuif as 500 000 gelede nie.



                                     

3. Anatomie

Oor die algemeen is moderne mense ligter, of skraler, gebou as die "robuuster" argaïese mense. Moderne mense toon egter groot liggaamlike verskeidenheid en sommige is taamlik "robuus". Daar is wel ’n paar liggaamlike besonderhede wat ’n verskil aandui tussen die anatomie van Neanderdallers en dié van moderne mense.

                                     

3.1. Anatomie Anatomiese moderniteit

Die term "anatomies moderne mense" AMM word algemeen gebruik om te onderskei tussen die moderne Homo sapiens en argaïese mense soos Neanderdallers en hominiene uit die middel- en vroee Paleolitikum wat oorgangseienskappe gehad het van H. erectus. Hoewel Neanderdallers eers as H. s. neanderthalensis geklassifiseer is, word hulle nou algemeen as ’n aparte spesie, H. neanderthalensis, beskou. Die term H. sapiens verwys dus na die moderne mens, maar die saak is geensins finaal opgelos nie.

In hierdie nouer definisie van H. sapiens val die subspesie Homo sapiens idaltu, wat in 2003 ontdek is, ook onder die sambreel van "anatomies modern". Dit regverdig die term Homo sapiens vir die moderne mens. Die biologiese antropoloog Chris Stringer beskou idaltu egter nie as verskillend genoeg van die res van H. sapiens om sy eie subspesienaam te regverdig nie.

’n Verdere verdeling van AMM in die subtipes "vroeg" of "robuus" teenoor "naglasiaal" of "skraal" word sedertdien gerieflikheidshalwe gebruik. Die opkoms van die "skraal AMM" word beskou as ’n oorgangsproses na ’n kleiner en fyner beenstruktuur wat sowat 50 000 - 30 000 jaar gelede begin het.

                                     

3.2. Anatomie Breinkas

Die kopbeen van moderne mense het nie ’n rif in die nek soos wat by Neanderdallers voorkom nie; dié het aansienlike nekspiere geanker. Moderne mense, selfs die vroeeres, het gewoonlik ’n groter voorbrein as argaïese mense, sodat die brein bo in plaas van agter die oe sit. Dit lei gewoonlik, maar nie altyd nie, tot ’n groter voorkop en kleiner oogbanke. Selfs moderne mense met groot oogbanke verskil van argaïese mense deurdat hulle ’n supraorbitale keep het wat ’n gleuf deur elke oogbank vorm. Dit verdeel die oogbank in ’n sentrale en twee distale dele. In huidige mense is net die sentrale deel dikwels oor, indien wel. Dit verskil van die oogbanke van argaïese mense wat uitgestaan het en onafgebroke was.

Moderne mense het gewoonlik ’n regop, selfs vertikale voorkop, terwyl hulle voorsate se voorkoppe sterk agtertoe oorgehel het. Volgens Desmond Morris speel die vertikale voorkop by mense ’n belangrike rol in kommunikasie deur middel van bewegings van die wenkbroue en die verkreukeling van die vel aan die voorkop.

Breingrootte by beide Neanderdallers en AMM is gemiddeld aansienlik groter as dié van H. erectus. By eersgenoemde twee stem die grootte ooreen, maar daar is aansienlike verskille tussen die groote van individuele breinoppervlakke, en die sigstelsel by Neanderdalles was groter.



                                     

3.3. Anatomie Kake

Moderne mense se tande is kleiner en anders gevorm as dié van argaïese mense. Die gevolg is ’n kleiner tandstel meer agtertoe in die mond, wat die kakebeen meer laat uitstaan en lei tot ’n prominente ken. Die sentrale deel van die been wat die ken vorm, het ’n deel met ’n driehoekige vorm wat die punt van die ken vorm, iets wat nie by argaïese mense voorgekom het nie. Veral in huidige bevolkings vereis die gebruik van vuur en gereedskap minder spiere in die kakebene, en dit gee dit ’n skraler voorkoms. Moderne mense het ook kleiner, laer gesigte.

                                     

3.4. Anatomie Skelet

Die skelet van selfs die vroegste en robuusste moderne mense was minder robuus as dié van die Neanderdallers en volgens die min kennis wat ons van hulle het, ook van dié van die Denisovas. Veral wat die lang bene van die ledemate betref, is die distale bene die radius/ulna en tibia/fibula byna net so lank of effens korter as die proksimale bene die humerus en femur. By antieke mense, veral Neanderdallers, was die distale bene korter; daar word geglo dit was ’n aanpassing by koue klimaat. Dieselfde aanpassing word aangetref by moderne mense wat in die poolstreke woon.

Die lengtes van moderne mense en Neanderdallers oorvleuel, met gemiddelde lengtes vir Neanderdallers wat aangedui word as tussen 164 en 168 cm vir mans en tussen 152 en 156 cm vir vroue. Daarteenoor wissel huidige gemiddeldes tussen 158 en 184 cm vir mans en tussen 147 en 172 cm vir vroue.

                                     

4. Moderne gedragspatrone

Moderne gedragspatrone, wat die ontwikkeling van taal, kuns en vroee vorme van godsdiens insluit, het vermoedelik voor 40 000 jaar gelede ontstaan. Dit was die begin van die laat Paleolitikum in ’n Afrika-verband ook bekend as die laat Steentydperk.

Daar is aansienlike debatte oor of die vroegste anatomies moderne mense soos onlangse of bestaande mense opgetree het. Moderne gedragspatrone beteken volle taalgebruik wat die ontwikkeling van abstrakte gedagtes insluit, kunsuitdrukking, godsdienstige gedrag, toenemende samewerking en die vorming van vroee nedersettings, asook die vervaardiging van geartikuleerde gereedskap van klip, been of horings. Die term "laat Paleolitikum" dek die tydperk sedert die vinnige verspreiding van moderne mense deur Eurasie, wat saamval met die eerste verskyning van Paleolitiese kuns soos grottekeninge en die ontwikkeling van tegnologiese innovasies soos die spieswerper. Dit het tussen sowat 50 000 en 40 000 jaar gelede begin en stem ook ooreen met die tyd dat argaïese mense soos die Neanderdallers hulle verskyning gemaak het.

Sommige geleerdes gebruik die term "moderne gedragspatrone" al vir die H. sapiens van omstreeks 200 000 jaar gelede, terwyl ander dit gebruik vir die vinnige ontwikkelings wat sowat 50 000 jaar gelede begin het. Daar is al voorgestel dat die ontwikkeling van moderne gedragspatrone ’n geleidelike proses was.

                                     

4.1. Moderne gedragspatrone Voorbeelde van moderne gedrag

Terwyl die meeste duidelike bewyse van moderne gedragspatrone wat sedert die laat 19de eeu ontdek is uit Europa kom, soos Venusbeeldjies, toon onlangser argeologiese navorsing dat alle noodsaaklike elemente van die materiele kultuur van die San-jagter-versamelaars van Suider-Afrika reeds minstens 40 000 jaar gelede teenwoordig was, insluitende stokke om mee te grawe soortgelyk aan dié wat vandag gebruik word, krale van volstruiseierdoppe, spiespunte van been en die gebruik van gif. Daar is ook al voorgestel dat drukafskilfering vir die maak van klipgereedskap die beste verduideliking is vir die morfologie van litiese klip-artefakte wat ontdek is op vlakke van Blombosgrot in Suid-Afrika uit die middel-Steentydperk van sowat 75 000 jaar gelede. Die tegniek is gebruik in die laaste fase van die vervaardiging van tweekantige punte uit hittebehandelde silkreet. Daar is voorheen geglo beide drukafskilfering en die hittebehandeling van materiale het eers later in die voorgeskiedenis voorgekom, en albei toon ’n sofistikasie in die gebruik van natuurlike materiale. Nog navorsingsverslae oor grotte aan die Suider-Afrikaanse kus dui daarop dat "die debat oor wanneer kulturele en kognitiewe eienskappe kenmerkend van moderne mense hulle verskyning gemaak het", binnekort kan eindig, want "gevorderde tegnologiee met uitgebreide vervaardigingskettings" wat "dikwels hoetroutransmissie en dus taal vereis", is ontdek op die Suid-Afrikaanse Pinnacle Point-terrein 5-6 naby Mosselbaai. Dit dateer van sowat 71 000 jaar gelede. Die navorsers stel voor dat hulle navorsing wys:

Dié resultate dui daarop dat jagter-versamelaars uit die laat Steentydperk in Afrika suid van die Sahara minstens 50 000 jaar gelede moderne kognisie en gedrag ontwikkel het. Daar word gespekuleer dat die verandering in gedrag die gevolg is van ’n vroeere klimaatsverandering na veel droer toestande tussen 135 000 en 75 000 jaar gelede. Dit kon daartoe gelei het dat menslike groepe wat van binnelandse droogtes probeer wegkom het, versprei het na die kusmoerasgebiede ryk aan skulpvis en ander hulpbronne. Seevlakke was laag omdat baie water in gletsers vasgevang was, en sulke moeraslande sou al langs die suidkus van Eurasie voorgekom het. Met behulp van vlotte en bote is eilande aan die kus verken en is met die kus langs gereis, wat eindelik verspreiding na Nieu-Guinee en daarna na Australie tot gevolg gehad het.

Daar is ook ’n verskeidenheid ander bewyse van abstrakte gedagtes en ander "moderne" gedrag in Afrika ontdek, veral in Suid-, Noord- en Oos-Afrika. Dit dateer van meer as 50 000 jaar gelede en sommige van voor 100 000 jaar gelede. Blombosgrot in Suid-Afrika is byvoorbeeld beroemd vir reghoekige stukke oker met geometriese ontwerpe daarop gegraveer. Die ouderdom van die terrein is met verskillende metodes bepaal as sowat 77 000 en tussen 100 000 en 75 000 jaar oud. Houers van volstruiseierdoppe met geometriese ontwerpe daarop gegraveer wat van 60 000 jaar gelede dateer, is by Diepkloof, Suid-Afrika, ontdek.

Krale en ander persoonlike versierings is in Marokko ontdek en kan tot 130 000 jaar oud wees; by die Cave of Hearths in Suid-Afrika is ook krale ontdek wat aansienlik ouer as 50 000 jaar is en skulpkrale van sowat 75 000 jaar oud is in Blombosgrot gevind. Gespesialiseerde projektielwapens uit die middel-Steentydperk is ook op verskeie terreine in Afrika ontdek, insluitende pylpunte van been en klip op Suid-Afrikaanse terreine soos Sibudugrot in KwaZulu-Natal en op laasgenoemde terrein ’n vroee beennaald. Dit dateer van sowat 72 000 - 60 000 jaar gelede, en sommige kon in gif gedoop gewees het. Ook harpoene van been wat sowat 90 000 jaar oud is, is in Sentraal-Afrika ontdek. Daar is bewyse van die stelselmatige hittebehandeling van silkreetklip om dit makliker te laat versplinter om gereedskap te maak; dit het sowat 164 000 jaar gelede by Pinnacle Point in Suid-Afrika begin en teen sowat 72 000 jaar gelede daar algemeen geraak vir die maak van mikrolitiese gereedskap.

In 2008 is ’n werkwinkel vir okerprosessering in Blombosgrot ontdek, waarskynlik vir die vervaardiging van verf. Dit dateer van sowat 100 000 jaar gelede. Ontledings het getoon ’n vloeibare, pigmentryke mengsel is vervaardig en in twee perlemoenskulpe gebêre. Oker, been, houtskool, maalklippe en kliphamers het ook deel van die gereedskap uitgemaak. Bewyse wat aandui hoe ingewikkeld die taak was, sluit in van die verkryging en meng van rou materiale uit verskeie bronne wat daarop dui hulle het ’n patroon gehad en onthou vir die proses wat hulle sou volg, die moontlike gebruik van pirotegnologie om vet uit bene te onttrek, ’n moontlike resep om die mengsel te maak en die gebruik van skulphouers om dit te meng en vir latere gebruik te bêre.

Moderne gedrag, soos die maak van skulpkrale, beengereedskap en pyle, asook die gebruik van okerpigment, is van die bewyse wat ontdek is op ’n Keniaanse terrein uit 78 000 tot 67 000 jaar gelede. Getuienis van vroee projektielwapens met klippunte ’n soort gereedskap wat met Homo sapiens verbind word, is in 2013 in Ethiopie ontdek en is sowat 279 000 jaar oud.

Strategiee vir oorlewing wat verder as grootwildjagtogte en ’n verskeidenheid gereedskap strek, word ook beskou as tekens van moderne gedragspatrone. ’n Paar Suid-Afrikaanse terreine toon ’n vroee afhanklikheid van waterbronne, van vis tot skulpvis. Pinnacle Point bewys veral seebronne is al sowat 120 000 jaar gelede hier gebruik, dalk in reaksie op die droer toestande in die binneland. By Blombosgrot en Terrein 440 in Soedan is ook bewyse van hengel ontdek, en by eersgenoemde visskelette wat dui op die vang van lewende visse, ’n duidelik moderne menslike eienskap.

In 2018 is bewyse in Kenia ontdek van die vroee teenwoordigheid van moderne menslike gedrag wat sowat 320 000 jaar oud is, soos: die handel in en langafstandvervoer van hulpbronne soos lawaglas, die gebruik van pigment en die moontlike vervaardiging van projektielpunte. Die skrywers van drie studies in 2018 op die terrein sê die bewyse van dié gedrag stem rofweg ooreen met die fossieloorblyfsels van die vroegste bekende Homo sapiens uit Afrika soos by Jebel Irhoud en Florisbad. Hulle stel voor komplekse en moderne gedrag het in Afrika begin omstreeks die tyd dat die eerste lede van Homo sapiens hulle verskyning gemaak het.

In 2019 is nog bewyse van komplekse projektielwapens uit die Afrika van die middel-Steentydperk by Aduma in Ethiopie ontdek. Dit bestaan uit punte van sowat 100 000 tot 80 000 jaar gelede wat moontlik deel was van pyle wat met spieswerpers geskiet is.



                                     

5. Tempo van vooruitgang

Dit lyk of Homo sapiens se tegnologiese en kulturele vooruitgang baie vinniger in onlangse millenniums is as in die spesie se vroegste dae. Die tempo van vooruitgang kon wel toegeneem het danksy veel groter bevolkings soveel meer mense wat aan innovasies kan dink, beter kommunikasie, die deel van idees en die verbetering van dinkmetodes. Dit kan egter ook wees dat die tempo van vooruitgang altyd vinniger lyk vir mense in die tyd waarin hulle lewe, omdat bewyse van vorige vooruitgang min is.

                                     

6. Skakels

  • Human Timeline Interactive – Smithsonian, National Museum of Natural History Augustus 2016.
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Homo sapiens.
  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →