Back

ⓘ Bridgetown, Barbados




Bridgetown, Barbados
                                     

ⓘ Bridgetown, Barbados

Bridgetown is die hoofstad, grootste stad en vernaamste hawe van Barbados, n eilandnasie in die Karibiese See. Die stad het in 2006 n bevolking van 96 578 gehad en n bevolkingsdigtheid van 2 489/vk km. Die stad is op 5 Julie 1628 deur Britte onder Charles Wolverstone gestig. Die historiese middestad van Bridgetown is in 2011 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

                                     

1. Ekonomie

Bridgetown is n belangrike finansiele sentrum vir Wes-Indie. Talle belangrike banke is in dié hawestad gevestig. Dit is ook die ligging van die Barbados Stock Exchange, een van die belangrikste aandelebeurse in die Karibiese gebied. Verder speel toerisme n belangrike rol in die ekonomie en word rum, suiker en melasse geproduseer.

                                     

2. Geskiedenis

Bridgetown is in 1628 as n Britse kolonie met die naam Town of Saint Michael dorp van St Michael gestig. Voor dit was die gebied waarskynlik deur Arowak-indiane bewoon, maar hulle was teen daai tyd nie meer daar nie. Die Europeers het wel n primitiewe brug wat oor die rivier gebou is gevind. Die stad is in die omgewing van hierdie brug gebou, vanwaar die plek die bynaam Bridgetown gekry het. Ná verloop van tyd het hierdie bynaam die stad se amptelike naam geword.

Van 1800 tot 1885 was Bridgetown die hoofstad van die Britse Bowindse Eilande. In 1966 het Barbados onafhanklik geword.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2007 is Brigdetown se Kensington-ovaal vir sewe wedstryde, waaronder die eindstryd, ingespan.

                                     
  • April 1992, met Kepler Wessels as kaptein, gespeel. Die toets is in Bridgetown Barbados gehuisves en Suid - Afrika het met 52 lopies verloor. Nadat die Suid - Afrikaanse
  • 107 000 594 Oranjestad Bahamas 13 943 342 000 25 Nassau Barbados 430 256 000 595 Bridgetown Belize 22 966 307 000 13 Belmopan Bermuda Verenigde Koninkryk
  • 87 500 192, 7 38 Antigua en Barbuda St. John s 442 85 632 193, 7 39 Barbados Bridgetown 430 284 589 661, 8 40 Sint Vincent en die Grenadines Kingstown 389
  • 234 39.2 boulbeurte 14 2007 Oorsig Wes - Indië Kensington - ovaal, Bridgetown Barbados Australië 281 4 38 boulbeurte Australië wen met 53 lopies D L
  • Die vlagskip Freewinds saam met n loodsboot in die hawe van Bridgetown Barbados

Users also searched:

...