Back

ⓘ Britstown




Britstown
                                     

ⓘ Britstown

Britstown is n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is in die middel van die Karoo, ongeveer 700 km van beide Kaapstad en Johannesburg gelee. Dit word deur die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit bestuur, wat onder die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit ressorteer.

                                     

1. Geskiedenis

Die dorp is genoem na Hans Brits wat dr. David Livingstone op een van sy reise na die binneland vergesel het. Daarna het hy besluit hom te vestig waar die dorp vandag staan. Die dorp is in 1877 gestig nadat n groep boere n deel van Brits se plaas Gemsbokfontein gekoop het vir dié doel en toestemming by die Ring van Beaufort gekry het om ’n NG gemeente te stig, wat op 25 Januarie 1877 tot stand gekom het. n Dorpsraad het in 1890 die administrasie van die dorp by die Nederduitse Gereformeerde Kerk oorgeneem.

                                     

2. Ekonomie en kommunikasie

Die ekonomie van die dorp en distrik 7 000 km 2 is hoofsaaklik op merinowol gegrond. Die N12 nasionale pad loop deur Britstown en verbind die dorp met Victoria-Wes en Strydenburg. Die N10 tussen De Aar en Prieska loop noord van Britstown verby. Nog n buurdorp, Vosburg, is 63 km oos van Britstown gelee.

                                     

3. Toerisme

Die Britstown-museum is gelee in die gebou in Raathstraat wat voorheen die Holy Trinity-kerk gehuisves het. Die mees imposante gebou op die dorp is waarskynlik die NG kerk, opgerig as ’n plek van aanbidding in Julie 1894 en vandag nog as sodanig in gebruik. Die gebou is in 1927, toe die gemeente 60 jaar oud was, verbeter en in 1949 opgeknap. Besoekers kan die omliggende Karoolandskap ervaar op talle voetslaanroetes op plase in die omgewing. Interessante argeologiese terreine sluit dié op die plaas Brakwater, Keurfontein, Maritzdam en Omdraaivlei in. Uitstappies om die helder sterre in die Karoohemel te aanskou kan gereel word.

                                     

4. Boorlinge van Britstown

  • Alet Viljoen, ’n Afrikaanse skrywer van streekverhale oor bruin mense.
  • Louis Luyt – Suid-Afrikaanse sakeman en sportadministrateur.
  • Johannes van Wijk – leraar in die NG Kerk en samesteller van Uit die Beek, waarmee sy vader, ds. A.J. van Wijk, in 1906 op Britstown begin het.
                                     
  • Die NG gemeente Britstown is n meer as 130 jaar oue gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Noord - Kaapse dorp Britstown in die hart van
  • Die R398 is n streeksroete in Suid - Afrika wat Middelburg met Britstown verbind. Hierdie roete begin in Middelburg as Richmondweg en gaan weswaarts. Die
  • Die R384 is n streeksroete in Suid - Afrika wat Carnarvon met Britstown verbind via Vosburg. Die roete begin in Carnarvon in n noordoostelike rigting
  • Junie 1912 in die NG gemeente Britstown bevestig en het die Vrydag op die dorp aangekom, sy eerste kennismaking met Britstown Onder die sewe besoekende
  • van Robertson, die geliefde oudleraar van Britstown asook ds. P.J. du Toit van Vosburg, wat nog altyd Britstown se konsulent was en die bevestiging waargeneem
  • Seme - distriksmunisipaliteit in die Noord - Kaap, Suid - Afrika. Barcelona Britstown De Aar setel Hanover Happy Valley Kareenville Leeuwenhof Louisville
  • Merriman en was eers bekend as Richmondweg. Die dorpie is tussen Richmond en Britstown geleë en word verbind met die R398 streeksroete. Lys van dorpe in Suid - Afrika
  • die pad lank en reguit na Britstown waar die N12 nasionale pad in n verspringende kruising gekruis word. Vanaf Britstown hou die N10 noordwes en bly
  • n dorp in die Noord - Kaap, in Suid - Afrika. Die dorp is 61 km wes van Britstown Vosburg was eers n plaas genaamd Processfontein, maar die dorp is gestig
  • Vanaf Victoria - Wes is die pad lank en reguit vir 104 km voor Britstown bereik word. By Britstown gaan die N12 oor die spoorlyn wat De Aar met Namibië verbind

Users also searched:

...