Back

ⓘ Hermafrodiet




Hermafrodiet
                                     

ⓘ Hermafrodiet

In biologie is n hermafrodiet is n dier of plant wat tweeslagtig is en oor beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik. Daar word onderskei tussen gelyktydige en afwisselende hermafrodiete. Gelyktydige hermafrodiete het op dieselfde tydstip beide geslagte, terwyl afwisselende hermafrodiete eenslagtig is, maar van geslag kan verander.

                                     

1. Plante

In die planteryk is hermafroditisme die reel eerder as n uitsondering: 94% van alle plantsoorte is hermafrodities en slegs 6% van n totaal van 250 000 plantsoorte het aparte vroulike en manlike individue. Blomme het byvoorbeeld meeldrade manlik sowel as n stamper vroulik.

                                     

2. Diere

In die diereryk geld presies die omgekeerde en aparte manlike en vroulike individue is die reel. Slegs 5% - 6% van die 1.2 miljoen diersoorte is hermafrodities. Dit kom neer op ongeveer 65 000 soorte. Voorbeelde hiervan is slakke en die reenwurm.