Back

ⓘ Hofmeyr




Hofmeyr
                                     

ⓘ Hofmeyr

Hierdie artikel handel oor die dorp in Oos-Kaap, Suid-Afrika. Vir die Afrikaanse van, sien Hofmeyr van.

Hofmeyr is n dorpie in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika.

                                     

1. Geskiedenis

Omstreeks 1870 het ene Daniel Marais op n plaas op die grense van die distrikte Cradock en Albert met sy middelpunt Burgersdorp gewoon. Dié twee dorpe is sowat 160 km uitmekaar. In die uitvoering van sy pligte as diaken van die NG gemeente Burgersdorp, het hy ontdek dat daar in sy omgewing jong mense was van 14 tot 16 jaar wat nog nooit die binnekant van n kerk of skool gesien het nie.

Hy het gevolglik besluit dat dié toestand nie langer kon voortduur nie en omdat die mense nie tot die ver verwyderde dorpe gebring kon word nie, het hy tot die oortuiging gekom dat die kerk en skool na die mense gebring moes word. Daarom is die plaas Boorfontein gekoop en die dorp Maraisburg in 1873 aangelê.

Die NG gemeente Maraisburg het in 1876 gevolg. Om verwarring met Maraisburg in Gauteng te voorkom, is die naam van die dorpie in 1913 na Hofmeyr verander ter ere van Jan Hendrik Hofmeyr ook bekend as Onze Jan. Die gemeente se naam is eers laat in die dekade ná 1970 na Hofmeyr verander, ter wille van eenvormigheid.

Daar was egter nooit verwarring oor die naam nie, aangesien die NG gemeente in Maraisburg, Gauteng, Kriel geheet het, maar jare gelede reeds by die gemeente Florida ingelyf is.