Back

ⓘ Hexrivier-spoorwegpas




Hexrivier-spoorwegpas
                                     

ⓘ Hexrivier-spoorwegpas

Die Hexrivier-spoorwegpas is n bergpas vir treine in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die pas was een van die moeilikste konstruksieprojekte nog wat in die land voltooi is.

                                     

1. Geskiedenis

Na die ontdekking van diamante in 1869 te Kimberley was dit nodig om Kaapstad en Kimberley te verbind met n spoorlyn. Teen 1867 het die spoorlyn reeds Worcester bereik. Dit was n groot uitdaging om die spoorlyn deur die Hexriviervallei, die Hexrivierpoort en teen die eskarp van sentraal-Suid-Afrika se plato uit, te ontwerp en te bou. Die taak is aan Wells Hood opgedra. Sy spoorlyn het die bokant van die eskarp teen 1887 bereik na baie moeilike konstruksiewerk. Die Hexrivierpas het twee tonnels ingesluit en het n helling van 1:31 gehad met verskeie skerp draaie waarvan een n radius van slegs 100 m gehad het. Dit het tot gevolg gehad dat goederetreine van die noorde by Touwsrivier heropgestel moes word om die massa en lengte te verminder voordat die afdraande na Worcester aangepak kon word.

                                     

2. Herboude pas

Die pas is sedert 1948 herbou en na verskeie onderbrekings eers in 1989 voltooi. Die nuwe pas is 8 km korter, die helling is 1:66 en die skerpste draai se radius is nou 800 m. Die roete sluit vier tonnels in met n gesamentlike lengte van 16 km. Die hooftonnel is 13.5 km lank en is ook die langste spoorwegtonnel in Afrika. In die tonnel is ook n kruislyn wat die dravermoe van die lyn aansienlik verhoog.

                                     

3. Lokomotiewe gebruik

Die volgende lokomotiewe is gebruik vir die pas:

  • Klas GG Garratt-stoomlokomotief
  • Klas 14-stoomlokomotief
  • Klas MC Mallet-stoomlokomotief
  • Klas MC1 Mallet-stoomlokomotief