Back

ⓘ Bulgare




Bulgare
                                     

ⓘ Bulgare

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Bulgaars.

Die Bulgare is n Suid-Slawiese volk wat die meerderheidsbevolking van Bulgarye vorm. Tans is 84.8 persent van dié land se bevolking etniese Bulgare. Sowat n kwart tot n derde van die huidige Bulgaarse bevolking van Bulgarye is nasate van Bulgaarse vlugtelinge uit Masedonie en Thracie.

                                     

1. Geskiedenis

Omstreeks of ná 612 n.C. het Slawiese groepe hulle uitbreiding op die Balkanskiereiland gerig en hulle in die Oos-Romeinse provinsies Moesia en Thracia gevestig. Die naam "Bulgaar" of "Bolgaar" is oorspronklik gebruik om na die sogenaamde Proto-Bulgare Bulgaars: прабългари te verwys wat in die 7de eeu uit hulle stamgebiede in die Swartseesteppe verdring is en onder Khan Asparuch en Khan Kuwer na die Balkan geemigreer het. Hier het hulle ná vyandelike botsings twee onafhanklike khanate met die toestemming van die Bisantyne gestig: Asparuch die sogenaamde Eerste Bulgaarse Ryk in die Dobroedja 679 en Kuwer n tweede ryk in die huidige Masedonie 680.

Navorsers neem tans aan dat die Proto-Bulgare net n klein bolaag van die samelewing gevorm het en geleidelik deur die Slawiessprekende meerderheid geassimileer is, terwyl die etnoniem Bulgare na alle onderdane van die Bulgaarse khans begin verwys het. Wetenskaplikes tref eers ná die kerstening van die Bulgare in 864 geen onderskeiding meer tussen Slawe en Proto-Bulgare nie. Die Eerste Bulgaarse Ryk is tot en met 997 deur Proto-Bulgare geregeer, toe die Komitopuli-dinastie aan bewind gekom het, waarvan die oorsprong nog nie met sekerheid vasgestel is nie. Gelyktydig het nog n Bulgaarse ryk met n Proto-Bulgaarse en ander Turkse bevolkings aan die bolope van die Wolgarivier bestaan. Hierdie Proto-Bulgare staan ​​bekend as "Wolga Proto-Bulgare".

Die derde element in die Bulgaarse etnogenese was volgens die Bulgaarse nasionale geskiedskrywing die Thrakiers, n volk wat sedert die 2de millennium v.C. die suide en vanaf die 8ste eeu v.C. ook die noordelike dele van die Balkanskiereiland bewoon het. Die beduidendste stedelike nedersettings en handelsplekke aan die Swartsee gaan terug na hierdie volk. Die moontlikheid bestaan dat daar in die 7de eeu nog n grotendeels geromaniseerde Thrakiese bevolking naas geïmmigreerde Slawiers in die Bulgaarse khanate was, tog bly hierdie bewering steeds omstrede. Kritici beskou dié hipotese as n poging om n etniese kontinuïteit te konstrueer wat na die antieke bevolking van die gebied teruggaan.

Volgens historiese dokumente het die Bisantyne voor die Slawiese immigrante geswig, terwyl die meeste stede en nedersettings hul Slawiese en Thrakiese name oor n lang tydperk behou het en botsings met die inheemse bevolking blykbaar nie voorgekom het nie. Die meeste geskiedkundiges neem egter aan dat die Thrakiers lankal geromaniseer of gehelleniseer was toe die Slawiers na die Balkan uitgebrei het.

                                     

2. Godsdiens

Christelike gemeentes van geromaniseerde Thrakiers het al voor die stigting van die Bulgaarse Ryk in 679 en ook onder die Proto-Bulgare Khan Kubrat bestaan, maar hulle was nie representatief vir die groot meerderheid van die bevolking nie wat hoofsaaklik uit Slawiers en Proto-Bulgare bestaan het – twee volksgroepe met hul eie heidense gode en godhede.

Die Proto-Bulgare het die hemelgod Tangra as hul oppergod vereer, terwyl die Slawiese godsdiens min of meer as natuurreligie beskryf kan word en die aanbidding van n aantal oppergode soos Peroen, Swarog of Svarožić ingesluit het. Dit is tans nie bekend of enkele Slawiers destyds al die Christelike geloof oorgeneem het nie.

Met die kerstening van Bulgarye tydens die tweede helfte van die 9de eeu het hierdie godsdienstige verskille tussen die etniese groepe verdwyn. Die Bulgaarse volk het die Christendom in 864 onder Khan Boris I deur Photios I, die patriarg van Konstantinopel, as staatsreligie aanvaar.

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk is in 927 deur die Bisantynse keiser Romanos I Lakapenos en die Bisantynse senaat as outokefale gekanoniseerde Ortodokse patriargaat-kerk erken en is sodoende een van die oudste Christelike kerke ter wêreld. Die vroee kerstening onder Cyrillus en Methodius – ander Slawiese volke het die nuwe geloof eers later oorgeneem – was een van die belangrikste gebeurtenisse in die Bulgaarse geskiedenis en het die nasionale identiteit van Bulgare versterk. Die meerderheid Bulgare is vandag steeds Ortodokse Christene.

                                     

3. Taal

Die oorgrote meerderheid Bulgare praat Bulgaars, n Suid-Slawiese taal, as hul moedertaal. Dit is nie verwant aan die uitgestorwe tale van die Wolga- en Proto-Bulgare nie wat deel uitmaak van die Oghuriese of Bolgaarse tak van die Turkse taalfamilie.

Vanwee die uitbreiding van die Oud-Bulgaarse taal en kultuur waaronder die ontwikkeling van die Cyrilliese alfabet aan die hof van die Bulgaarse tsare gedurende die 9de eeu na ander Slawiese volke word daar in die historiese en taalkundige wetenskappe na die "Suid-Slawiese invloed" en "Ou Kerkslawies" gepraat.

Ou Kerkslawies het sy oorsprong in die huidige Bulgarye, en die meeste Oud-Slawiese tekste, wat oorgelewer is, toon Bulgaarse trekke. So beskou sommige wetenskaplikes en talle Bulgare Oud-Kerkslawies as n historiese vorm van die Bulgaarse taal waarna ook as "Oud-Bulgaars" старобългарски /starobəlgarski/ verwys word.

                                     

4. Etniese groepe

Die Bulgaarse volk kan volgens geografiese geweste in n aantal etniese groepe onderverdeel word:

  • in Makedonie – Makedoniese Bulgare of Macedoniers wat nie met die antieke Makedoniers verwar moet word nie
  • in die Sofia-vlakte – Sjope of Sjopi
  • in der Dobroedja – Dobroedjaners of Dobroedjanzi
  • in die Balkangebergte – Balkaners of Balkandjii
  • in die gewes Silistra-Tutrakan – Charzeoers of Charzoi.
  • in die Rhodope-bergreeks – Rupe of Rupzi
  • in Thrasie – Thrakiese Bulgare of Thrakiers wat nie met die antieke Thrakiers verwar moet word nie

Kleiner etniese groepe sluit die Tronke in die Strandja-bergreeks, die Poljaners of die Kapanzers in Ludogorie in. Bulgaarssprekende Islamitiese Pomake vorm n eie etniese groep.

                                     
  • stem saam dat die Wolga - Bulgare tot in die middel van die 10de eeu onderwerp is deur die Chasariese Ryk, en daarna het die Bulgare nie meer belasting aan
  • gedwing het om te abdikeer. Leo V het die dekade lange oorlog met die Bulgare beëindig. Hy is deur ondersteuners van Michael die Amoriaan, een van sy
  • Nikephoros I Logothetes. Hy het Nikephoros se rampspoedige veldtog teen die Bulgare in 811 oorleef waarin sy skoonpa dood is en is beskou as n meer geskikte
  • teen die Wolga - Bulgare gevoer en het hy die fort Nizjni Nowgorod aan die Wolga gebou om die land te beskerm teen aanvalle deur die Bulgare Hy het sy jonger
  • die aanstelling van n nuwe patriarg. Theodorus se opvolging is deur die Bulgare uitgebuit en hulle het Thracië in 1255 onder die leierskap van die jong
  • het sy pa, Nikephoros I Logothetes, opgevolg wat in n oorlog teen die Bulgare by die Slag van Pliska dood is. Staurakios se bewind is kortgeknip deur
  • C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Konstantyn V, keiser van Bisantium 775 Terwel, Khan van die Bulgare
  • 5 Etniese verdeling 2001 - sensus Oekraïners 70, 8 Russe 24, 7 Bulgare 1, 4 Deelgebiede van Oekraïne www.kyivpost.com en Hierdie artikel
  • van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Bisantium word verslaan deur Simeon I van die Bulgare
  • 8 Etniese verdeling 2001 - sensus Oekraïners 62, 8 Russe 20, 7 Bulgare 6, 1 Moldowiërs 5, 0 Deelgebiede van Oekraïne www.kyivpost.com en

Users also searched:

...