Back

ⓘ Heuningkoekpylstert




Heuningkoekpylstert
                                     

ⓘ Heuningkoekpylstert

Die heuningkoekpylstert kom aan die ooskus van Suid-Afrika voor. Dit het sy naam gekry van die feit dat die patroon op sy bokant soos n heuningkoek lyk. Die vis word 2 m breed en 120 kg swaar. Die stert kan tot drie keer die lengte van die lyf word. Dit is n bodembewoner en word deur die IUBN geklassifiseer as n kwesbare spesie. In Engels staan die pylstert bekend as die Honeycomb stingray.

                                     

1. Bronne

  • Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.
  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.