Back

ⓘ Henley on Klip




Henley on Klip
                                     

ⓘ Henley on Klip

Henley on Klip is n nedersetting in Gauteng, Suid-Afrika. Die dorpie is net noordoos van Meyerton langs die Kliprivier gelee. Die "Bass Lake" in Henley-on-Klip is n gewilde bestemming vir skubaduikers.

                                     

1. Geskiedenis

Die dorp is in 1904 gestig, deur advokaat Horace Kent. Kent is in 1855 in Henley on Thames, Engeland, gebore en het in 1898 na Suid-Afrika gekom. Die gebied waar Henley-on-Klip gelee is, het Kent aan sy tuisdorp herinner. In samewerking met die Small Farms Company SFC het Kent die grond van 410 morg 346 ha in 1903 gekoop van ene mnr. C.J. van Der Westhuizen, vir n prys van 5000 pond.

In 1904 het die Small Farms Company besluit om die Kliprivier op te dam sodat regattas op die rivier gehou kan word. Die konstruksie van n keerwal op die rivier het in Januarie 1904 begin, en in Maart 1905 is die wal voltooi.

Die Henley on Klip Hotel is in 1904 gebou en op 24 Mei 1905 vir die publiek geopen. Die Henley-roeiklub en die Henley-gholfbaan is ook in hierdie tyd gebou. Die gholfbaan is aan beide kante van die rivier uitgelê, en spelers moes die rivier per boot oorsteek. Roeibote is beskikbaar gestel, en n opsigter is aangestel om die roeibote aan die publiek uit te verhuur.

                                     

2. 1970 Busramp

Op 28 Januarie 1970 het n skoolbus op die spoorlyn gaan staan en is deur n postrein in stukke geruk. Van die 42 kinders op die bus is 23 dood en 16 ernstig beseer. Twee het ongedeerd daarvan afgekom. Die busbestuurder, ene mnr. Koekemoer, is nie beseer nie. Johan le Roux, n matriek leerling by Hoerskool Dr Malan, het ten minste twee kinders deur n busvenster gestoot voordat die trein die staande bus getref het en het self in ongeluk gesterf.

                                     

3. Bronne

  • Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
  • Van Eck, Koos 2010 A River runs through: A history of Henley on Klip. Vanderbijlpark: Corals Publishers, ISBN 978-0-9814389-7-9