Back

ⓘ Barry Heatlie




Barry Heatlie
                                     

ⓘ Barry Heatlie

Barry" Fairy” Heatlie was ’n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein. Hy het ook vir Argentinie se nasionale rugbyspan uitgedraf.

In 2009 is hy in die Wêreldrugby Heldesaal vereer vir sy bydrae tot die vroee ontwikkeling van rugby in Suid-Afrika. Die Springbokke se beroemde groen trui word onder andere aan hom toegeskryf. Gedurende sy tyd in Argentinie het Heatlie as kaptein vir sy klubspan Gimnasia Y Esgrima teen die Gaselle gespeel in ’n wedstryd wat die Gaselle met 11-5 gewen het.