Back

ⓘ Hexanchidae




Hexanchidae
                                     

ⓘ Hexanchidae

Die Koeihaaie is n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Hexanchiformes. Daar is drie genera met vier spesies wat hoort tot dié familie en al vier die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

                                     

1. Kenmerke

Die familie se lyf is lank met slegs een dorsale vin wat op die agterkant van die lyf is en 6 tot 7 kieue splete kan teenwoordig wees. Die familie kan tot 5 m lank word en kom voor vanaf die kus tot op dieptes van 1 900 m.

                                     

2. Genera

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Heptranchias
  • Heptranchias perlo - Skerpneus-sewekiefhaai
  • Hexanchus
  • Hexanchus nakamurai - Grootoog-seskiefhaai
  • Hexanchus griseus - Seskiefhaai
  • Notorynchus
  • Notorynchus cepedianus - Platneus-sewekiefhaai