Back

ⓘ Hemiramphidae




Hemiramphidae
                                     

ⓘ Hemiramphidae

Die Halfbekke is n vis-familie wat tot die orde Beloniformes behoort. Daar is twaalf genera met minstens een en tagtig spesies in hierdie familie. Ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

                                     

1. Kenmerke

Die familie se lywe is lank en silindries en die dorsale- en anal vinne is agter naby die stertvin. Die sterte is gevurk met die onderste lob wat langer as die boonste lob is. Die onderste kaak is verleng en dit lyk soos n naald. Die grootte wissel van 5 – 43 cm. Party spesies leef in varswater. Die familie eet pelagiese skaaldiere, vis, soöplankton en drywende seegras. Hulle is eetbaar maar word gebruik aas en hulle spring ook uit die water uit soos springers.

                                     

2. Genera

Die volgende genera kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Hemiramphus
  • Hemiramphus far - Gevlekte halfbek
  • Hyporhamphus
  • Hyporhamphus affinis - Tropiese halfbek
  • Hyporhamphus capensis - Kaapse halfbek