Back

ⓘ Burchell se rooivlerkie




Burchell se rooivlerkie
                                     

ⓘ Burchell se rooivlerkie

Burchell se rooivlerkie is n varswatervis wat hoofsaaklik voorkom in die Breederivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit staan ook bekend as die Breederivier-rooivlerkie en in Engels as Burchells redfin.

                                     

1. Voorkoms

Die onvolwasse en jong volwasse visse is olyfbruin met verskeie vlekke en kolle, wat n gebroke streep vorm, op die lyf. Die gebroke streep eindig in n driehoek op die basis van die stertvin. Volwasse visse wat paar se kleur verdonker na n donker olyfbruin met die onderkant wat lig bly. Daar is twee pare baarde om die mond en volwasse visse het tuberkels op die kop. Die vis word tot 135 mm lank.

                                     

2. Habitat

Die vis leef in poele en die dieper vloeiende gedeeltes van die groter sytakke en die hoofstroom. Hulle vreet detritus en klein organismes vanaf die bodem en paar in die somer. Die kleiner vissies leef in skole saam en die volwasse vissies in kleiner groepe.

                                     

3. Bewaringstatus

Die vis is n kritiek bedreigde spesie aangesien sy habitat verklein word as gevolg van die ontwikkeling van dorpe, landbou en industriee. Ingevoerde eksotiese visse teer op die vis as prooi.

                                     
  • rooivlerkie Pseudobarbus asper - Kleinskub - rooivlerkie Pseudobarbus burchelli - Burchell se rooivlerkie Pseudobarbus burgi - Bergrivier - rooivlerkie Pseudobarbus
  • rooivlerkie Pseudobarbus asper - Kleinskub - rooivlerkie Pseudobarbus burchelli - Burchell se rooivlerkie Pseudobarbus burgi - Bergrivier - rooivlerkie Pseudobarbus
  • R. Br., en n verskeidenheid benamings soos Burchell se sebra Equus burchelli Burchell se rooivlerkie die Engelse benaming vir die Gewone vleiloerie
  • Suidwes van Robertson is die Le Chasseur - besproeiingsgebied. Die Burchell se rooivlerkie Pseudobarbus burchelli kom hoofsaaklik hier voor. Van die ander
  • Bulrog Burchell se rooivlerkie Buzi - baber Chessa Chobe - sandbabertjie Clanwilliam - geelvis Clanwilliam - klipbaber Clanwilliam - rooivlerkie Clanwilliam - saagvin
  • rooivlerkie Pseudobarbus asper Kleinskub - rooivlerkie Pseudobarbus burchelli Burchell se rooivlerkie Pseudobarbus burgi Bergrivier - rooivlerkie Pseudobarbus

Users also searched:

...