Back

ⓘ Herbert Castens




Herbert Castens
                                     

ⓘ Herbert Castens

Herbert Castens was Suid-Afrika se eerste rugby- en krieketkaptein. Hy was algemeen as H.H. Castens bekend en het n belangrike rol in die ontwikkeling van rugby en krieket in Suid-Afrika gespeel.

                                     

1. Lewensloop

Herbert Hayton Castens is op 23 November 1864 in Pearston in die Oos-Kaap gebore. Hy woon die Rugby School in Engeland by en studeer daarna regte aan die Oxford-universiteit. Ná sy studies keer hy na Suid-Afrika terug om die regte in Kaapstad te praktiseer.

Castens was n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se eerste Springbok-rugbykaptein. Hierdie toets het in 1891 teen die Britse Leeus plaasgevind. Hy was ook die skeidsregter in die derde toets van die reeks dieselfde jaar.

Daarnaas was hy ook Suid-Afrika se eerste nasionale krieketkaptein wat n toerspan in 1894 aangevoer het.

Hy is op 18 Oktober 1929 oorlede en in ’n ongemerkte graf in die Fulham-begraafplaas buite Londen begrawe.