Back

ⓘ HMS Upholder




HMS Upholder
                                     

ⓘ HMS Upholder

Die HMS Upholder was n duikboot van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het in die Middellandse See diens gedoen en het binne die bestek van agtien maande skepe met n totale tonnemaat van 93 031 ton gekelder en verder 31 894 ton beskadig. Dit sluit twee Italiaanse duikbote en torpedojaers in.

Hy en sy susterduikbote het die Duits-Italiaanse voorsieningslyne tussen Italie en Noord-Afrika erg beskadig. Hy is self in 1942 gekelder, vermoedelik deur n dieptebom van n Italiaanse vaartuig.

                                     

1. Tegniese besonderhede

Hy het 540 ton water op die oppervlakte verplaas en was toegerus met een 3-duim kanon en vier 21-duim torpedobuise. n Diesel/elektriese aandrywingstelsel van 615/825 perdekrag kon snelhede van 11.75/9 knope bo en onder die water verseker.