Back

ⓘ Heuningmagriet




Heuningmagriet
                                     

ⓘ Heuningmagriet

Die heuningmagriet is n klein struik wat blom vanaf Julie tot September. Die plant is n digte, bosagtige struik met n fyn, donkergroen loof en baie klein, geel blommetjies. Dit benodig vol son en matige water en vorm n ronde bos van 1.5 tot 2 meter hoog.

                                     

1. Tuinbou

Hierdie vinnig-groeiende, immergroen struik vereis goedgedreineerde grond, met baie kompos en moet altyd in n sonnige area geplant word. Dit is geskik vir n nuwe tuin, aangesien dit so vinnig groei, maar moet elke 5 jaar vervang word. Snoei die Heuningmargriet nadat dit klaar geblom het, om te keer dat dit slordig begin lyk. Dit kan veral in die laatsomer hard gesnoei word.

Voortplanting geskied deur saad of steggies.

                                     

2. Bronne

  • Skeppende tuinmaak met inheemse plante. Pitta Joffe. 2003. Briza Publikasies. ISBN 1875093362
  • Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
  • Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? Kristo Pienaar. 2000 Struik Uitgewers. ISBN 1868724425
  • Keith Kirsten se volledige tuingids vir Suid-Afrika. Keith Kirsten. 1992. Human & Rousseau. ISBN 0798129247
  • Begin Inheems. Anneke Kearney. 2008. Metz Press. ISBN 9781919992938