Back

ⓘ Breekhout




Breekhout
                                     

ⓘ Breekhout

Die Breekhout is n struik of klein boom wat floreer aan die kus maar glad nie groei in die binneland of droe toestande nie. Die breekhout is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die ekostreek AT1012 voor. Dit is die immergroen woude en bosryke klowe in KwaZulu-Natal en suidwaarts tot by Oos-Londen. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig gelys. Dit is veral omdat in die graslande wat die rivierklowe onring te dikwels in die brand gesteek word. Daar word ook deur sangomas boombas geoes, maar dit is minder belangrik. In gebiede waar daar minder veldbrande veroorsaak word, is hierdie boom een van die eerste wat die graslande koloniseer. Op die IUBN-rooilys word dit steeds as veilig gelys.

Die blomme is rooi tot karmosynkleurig en buisvormig wat tot 3 cm lank word. Hulle word in digte hofies gedra. Die vrugte het twee vlerkies van tot 2 cm lank. Die vrugte word ook rooi tot skarlakenrooi van kleur. Die boom se nasionale nommer is 701.

                                     
  • sugarbush 88.3 Breëblaarwasbessie Morella pilulifera Broad - leaved waxberry 37 Breekhout Alberta magna Magnificent flame bush 701 Breëpeulvalsdoring Albizia forbesii

Users also searched:

...