Back

ⓘ HMS Royal Oak




HMS Royal Oak
                                     

ⓘ HMS Royal Oak

Sy het bekendheid verwerf tydens die Tweede Wêreldoorlog omrede sy die eerste groot verlies was wat die Britse Vloot gely het, en veral omrede sy in die beskutte Scapa Flow met n torpedo gekelder is deur die Duitse duikboot U-47 op 14 Oktober 1939. Sy het ook deelgeneem aan die Slag van Jutland tydens die Eerste Wêreldoorlog.

                                     

1. Tegniese besonderhede

Sy was een van die Revengeklas slagskepe, het 29.150 ton water verplaas en was toegerus met agt 15-duim kanonne, twaalf 6-duim kanonne, agt 4-duim lugafweerkanonne en vier torpedobuise. Vier turbines wat gesamentlik 40.000 dryfasperdekrag gelewer het, kon n topspoed van 22 knope verseker.