Back

ⓘ HMS Sussex




HMS Sussex
                                     

ⓘ HMS Sussex

Die HMS Sussex was n County -klas swaarkruiser van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy is gebou onderhewig aan die Washingtonooreenkoms; dit het waterverplasing en slaankrag beperk. Hierdie klas kruiser was ontwerp om die handelsroetes te beskerm en het n groot brandstofvoorraad gedra.

                                     

1. Tegniese besonderhede

Hy het 9 730 ton water verplaas en sy stoomturbines van gesamentlik 80 000 dryfasperdekrag het n topspoed van 32.5 knope verseker. Hy was toegerus met agt 8-duim kanonne, agt 4-duim lugafweerkanonne en agt 21-duim torpedobuise.